Jy weet jy moet vertrou, maar jy kan nie help om ongemaklik voel oor sy telefoon wat heeltyd ‘beep’ nie. Hoe handhaaf jy ‘n huwelik waarin vertroue heers? En hoe herstel jy ‘n huwelik waarin die vertroue reeds gebreek is? Volg ons maandgids.

VRYDAG NOMMER 4:

JUL JIPPEE-VRYDAG wenk:

Het jy jul vertrouensband beskadig? Wees spesifiek wanneer jy om verskoning vra. Gebruik “ek” stellings en moenie jou maat blameer nie. In plaas daarvan om te sê: “Jammer ek het jou seergemaak,” sê eerder: “Ek is jammer dat ek gejok het oor waarheen ek gaan. Ek weet ek moes die waarheid gepraat het en ek wil he jy moet weet ek sal dit nooit weer doen nie.”

Promosie

JUL FIRELIGHTER vir ‘n goeie gesprek:

“Hoe sal jy voel as ek in ‘n rolstoel moet beland?”

In elke huwelik moet daar die vertroue heers dat jou maat by jou sal staan – for better or for worse. Jy moet kan weet dat sou jy iets oorkom, jou maat jou nie sal versaak nie. Maar jy moet ook die gerustheid kan hê om te weet jy kan jouself wees sonder dat jou maat jou gaan dreig met egskeiding en sê wat in jou hart aangaan (dit gee jou nie toestemming om jou maat verbaal te mishandel nie), sonder die vrees dat jou maat die hasepad gaan kies.

JUL WITWARM WENK:

Wat van ‘n bietjie PDA hierdie week? Speel voetjie-voetjie onder die tafel of gee hom ‘n warm soen in die winkelsentrum!

JUL BUCKETLIST PLAN:

Gaan koop twee groot stukke papier – as jy ‘n rol papier by ‘n groothandelaar kan koop – nog beter! Vandag gaan julle mekaar body map. Lê plat op die papier en laat jou maat die buitelyne van jou lyf teken (soos julle in die kleuterskool gemaak het). Julle kan pret hê en die figure versier of inkleur! Maak dit sommer ‘n kreatiewe pret-speletjie! Gaan sit nou eenkant met jou papierpop en merk die areas op jou maat se lyf waar jy dink hy/sy graag aangeraak wil word met ‘n rooi kruis. As julle klaar is, wys die eindresultaat vir mekaar en kyk of julle in die kol was met jul raaiskote …

JUL INSPIRASIE-FLITS:

“Eerlikheid in ‘n huwelik is so belangrik. Jy kan nie ‘n sterk verhouding bou op halwe waarhede en halwe leuens nie.” – Anoniem

JUL  DAAGLIKSE GEWOONTE:

Gelukkig paartjies weet hoe om ‘n eerlike kompliment in die hitte van die oomblik te gee. Moenie dit oordink nie: As jou maat lekker ruik of mooi lyk, sê dit!

Artikel deur Annelize Steyn

Kliek hier as jy deel 1 gemis het.

Kliek hier as jy deel 2 gemis het.

Kliek hier as jy deel 3 gemis het.

Addisionele bronne: www.yourtango.com; www.redbookmag.com