Jy weet jy moet vertrou, maar jy kan nie help om ongemaklik voel oor sy telefoon wat heeltyd ‘beep’ nie. Hoe handhaaf jy ‘n huwelik waarin vertroue heers? En hoe herstel jy ‘n huwelik waarin die vertroue reeds gebreek is? Volg ons maandgids.

Promosie

VRYDAG NOMMER 2:

JUL JIPPEE-VRYDAG wenk:

Jy voel verraai, maar wil jou huwelik herstel. Hoe doen jy dit? Kommunikeer! Dit is waarskynlik die heel laaste ding wat jy wil doen, maar om die situasie te ignoreer, gaan dinge beslis nie beter maak nie. Vertel jou maat hoe jy oor die verraad voel, hoekom dit jou seermaak en wat jy nodig het om weer in hom/haar te vertrou.

Promosie

JUL FIRELIGHTER vir ‘n goeie gesprek:

“Voel jy veilig by my?”

Vertroue heers in ‘n atmosfeer van veiligheid en sekuriteit. As jy jou maat seermaak (fisiek of verbaal) kan daar nooit ‘n vertrouensverhouding heers nie, want jou maat sal altyd op sy/haar hoede wees en jou gedrag sal vrees ontlok. Waar vrees heers, kan vertroue nie heers nie.  Vra jou maat of hy/sy veilig voel en of jou besitlikheid hom/haar bedreig laat voel.

JUL WITWARM WENK:

Maak drie dagboek-aantekeninge vir die week wat kom vir … ja, seks! In swart op wit. Skryf ook in detail wat julle beplan om te doen – rolspel? ‘n Nuwe hoekie in die huis? Om dit in te teken, maak dit konkreet en gee julle iets om na uit te sien.

JUL BUCKETLIST PLAN:

Kry ‘n flits van mekaar se grootwordtyd deur jul tuisdorpe te besoek. As jul dorpe na aan mekaar het, kan julle albei in een dag besoek, so nie, moet dit twee Saterdae beslaan. Pak ‘n mandjie, maak daarvan ‘n road trip en gaan saam met jou maat na die parkie waar hy gespeel het as kind, die rugbyveld waar hy op skool gespeel het en die dam waarin hy geswem het …

JUL INSPIRASIE-FLITS:

“’n Langdurige huwelik word gebou deur twee mense wat glo in – en leef volgens die heilige belofte wat hulle gemaak het.”- Darlene Schacht.

JUL  DAAGLIKSE GEWOONTE:

Gaan slaap op dieselfde tyd. Kenners meen dit is ‘n baie belangrike sleutel tot ‘n suksesvolle huwelik! “In my ervaring as ‘n verhoudingsterapeut het paartjies wat saam bed toe gaan ‘n beter vertrouensband as dié wat dit nie doen nie,” meen Kristie Overstreet, ‘n gelisensieerde, professionele kliniese berader, gesertifiseerde seksterapeut en outeur op Readers Digest se webtuiste.

Artikel deur Annelize Steyn

Kliek hier as jy deel 1 gemis het.