Jy weet jy moet vertrou, maar jy kan nie help om ongemaklik voel oor sy telefoon wat heeltyd ‘beep’ nie. Hoe handhaaf jy ‘n huwelik waarin vertroue heers? En hoe herstel jy ‘n huwelik waarin die vertroue reeds gebreek is? Volg ons maandgids.

VRYDAG NOMMER 3:

JUL JIPPEE-VRYDAG wenk:

Vergifnis is bevrydend! Nie net teenoor jou maat nie, maar ook teenoor jouself. Blameer jy jouself vir wat gebeur het? Dit kan die herstel van jou huwelik belemmer. Om jou maat te vergewe, beteken nie dat jy die gedrag verskoon nie, maar dat jouself bemagtig om die verlede agter jou te plaas.

Promosie

JUL FIRELIGHTER vir ‘n goeie gesprek:

“Hoekom is jy lief vir my?”

In ‘n huwelik waar vertroue heers weet jou maat dat jy hom/haar liefhet vir die regte redes. Nie vir die feit dat hy ryk geërf het nie. Nie vir haar blonde hare en groot borsmaat nie. Nie omdat hy/sy gevoel het hulle wil nie alleen wees nie. Jy moet kan vertrou dat jou maat jou liefhet sonder enige bymotiewe.

JUL WITWARM WENK:

Dra sy klere bed toe wanneer hy nie by die huis is nie. Was jouself met sy seep. Dra sy spuitgoed … dis ‘n lekker manier om nader aan jou maat te voel wanneer hy weg is op ‘n sakereis of selfs wanneer hy by die huis is!

JUL BUCKETLIST PLAN:

Gaan op ‘n double date saam met jul beste vriende! Wanneer laas het julle dit gedoen? Dit gee ‘n mens so ‘n warm gevoel om die liefde saam met iemand anders te vier. Boonop is die kans goed dat julle ekstra mooi gaan aantrek en ekstra moeite met die afspraak gaan doen. Die paartjie saam met wie julle uitgaan, kan ook gesprekke inisieer wat nie noodwendig sou plaasvind as julle op jul eie was nie.

JUL INSPIRASIE-FLITS:

JUL  DAAGLIKSE GEWOONTE:

Installeer Romeo to Go, ‘n toep wat jou daagliks inspirasie vir jou huwelik kan gee. Dis soos ‘n persoonlike assistent en ideaal vir die manne wat tekort skiet in die romanse-departement. Romeo to Go het eenvoudige idees vir wanneer jy sukkel om die regte woorde te kry. Wanneer jy moeg is na ‘n lang dag, loer op Romeo to Go vir inspirasie en idees! (link na dit toe)

“Die beste bewys van liefde is vertroue.”- Joyce Brother.

Artikel deur Annelize Steyn

Kliek hier as jy deel 2 gemis het.