Wat is Lifebook?
Ek het ‘n paar keer Mindvalley se Lifebook Masterclass gesien en was baie nuuskierig. Lifebook word beskryf as ‘n ‘one-of-a-kind lifestyle design system’ wat jou help met visie, beplanning en om persoonlike sukses te behaal in 12 dimensies van jou lewe. Deur die program help hulle jou om jou eie Lifebook te skryf – jou eie ‘game plan’ wat vir jou gaan wys wie jy is, wat jy regtig wil hê, presies hoe om dit reg te kry en jou beste lewe te leef.
Ek het dadelik gewonder wat die 12 dimensies kan wees en hoe so ‘n boek sal lyk. Ek weet dat die Masterclass van so program jou wonderlike inligting sal gee en dan hier aan die einde probeer hulle jou verkoop om die program te doen. Ek is altyd skepties daaroor. Boonop was die program duur vir my wanneer ek dit van Dollar na Rande omskakel. Maar ek het die Masterclass gekyk, in die hoop dat ek soveel as moontlik gratis inligting kan kry.
Ek het geleer wat die 12 afdelings was en die vier pilare in elk van hierdie afdelings. Dit was so perfek uiteengesit dat ek deur die ‘sales pitch’ geluister het.
En toe besluit ek om dit te doen. Ek het die bedrag betaal en ten volle commit om die progam in tyd af te handel want dis ‘n groot belegging. Ek het besef dat ek maklik studiegeld of lesse van watter aard ookal vir my kinders betaal, maar nie bereid is om vir my eie ontwikkeling en leerproses te betaal nie. Asof ek klaar geleer het en nie lewenslank wil groei en verbeter nie.
Ek het die kursus aangepak en klaar gemaak. Kom ek vertel jou wat ek ontdek het en wat ek anders sou doen.
- Die grootste voordeel wat Lifebook vir my gegee het
My Lifebook!
Ek het nou my eie Lifebook en weet presies hoe ek dink oor die 12 afdelings van my lewe. Ek weet waar ek tans is en hoekom, ek weet waarheen ek wil gaan en ek weet watter planne ek in plek gaan plaas om dit gedoen te kry. My 12 afdelings is –
- My Health and Fitness Life
- My Intellectual Life
- My Emotional Life
- My Character
- My Spiritual Life (My geloof)
- My Love Relationship (My Huwelik)
- Parenting
- My Social Life
- My Financial Life
- My Career
- Quality of Life
- Life Vision
Die Life Assesment aan die begin en einde van die kursus het my geweldig gehelp in hierdie proses van ontdekking en planne maak.
Ek besef elke dag meer en meer dat tyd kosbaar is. Ons het nodig om te ontdek hoekom God ons op hierdie aarde geplaas het. Wat is die doel van ons lewens? Hoe leef ek hierdie een lewe hier nie net normaal of gewoon nie maar buitengewoon! Want ek wil ‘n buitengewone lewe he!
Ek het geleer dat ek in elke afdeling soms ongesonde perspektiewe het en dat hierdie negatiewe gedagtes ‘n groot invloed het op my denke.
Hierdie proses het my ‘n ‘grand vision’ gegee van my lewe – wie ek is, wat ek wil doen en hoe ek dit kan bereik.
- Die ander belangrike goed wat ek geleer het
Abstrakte konsepte het makliker geword om te verwoord. Ek kon nou sê wat my gelukkig maak. Waarvan ek meer in my lewe wil hê en waarvan minder. Ek het gehou daarvan om te weet dat oor die wêreld daar mense soos ek is met wie ek kan gesels en wat ook hulle beste lewens wil leef.
My Lifebook het my gehelp om die stappe te neem wat nodig is om te groei in al 12 afdelings van my lewe. Ek weet nou wat my liggaam nodig het vir gesondheid en hoekom ek dit wil hê. Ek weet dat my geloof bo alles uitstaan en hoe ek my geloof wil leef. Ek het ontdek dat ek ‘n wonderlike ma is en hier kan groei! My karakter, my emosionele kant, my sosiale lewe is alles deel van my hart en ek weet hoe belangrik gesonde besluit hier is. Ek dink positief oor geld en begrotings maak my nie meer angstig nie. Ek gesonde doelwitte vir my loopbaan en intellektuele groei. My huwelik is aan’t blom en ek weet hoe my lewe moet lyk in kwaliteit.
Dis ‘n mondvol. Maar dis moontlik en die duidelikheid daaroor help so baie.
- Hoe werk dit (Struktuur)
Die program strek oor 12 weke. Elke week doen jy ‘n afdeling. Daar is ‘n video van Jon (stigter en aanbieder) en ‘n werkboek vir elke week asook ‘n gesprek met vrae vir Jon en Missy (sy vrou) . Ek het so baie geleer uit die gesprekke. Die werkboek elke week is die volgende afdeling van jou Lifebook! Jy skryf dus elke week nog ‘n hoofstuk in jou eie Lifebook.
Jy is ook deel van ‘n groep mense oor die wêreld wat aan Lifebook deelneem. Dit is lekker om ander te ontmoet wat soos jy dink en ook hul beste lewens wil leef!
Ek is nou ‘n lid van Mindvalley as Affiliate program vir INTIEM en het die volgende program ‘WILDFIT’ begin wat ongelooflik lyk. Ek sal die program binnekort kan ‘review’. Wil net eers ‘n ent vorder.
- Belangrik om te weet
Elke dag van ons lewens is ‘Day one of one day’. Ons kan kies of ons wil leer en groei en of ons dink dis nou te laat. Ek het ook geleer dat ek baie goed self kan leer op YouTube of die internet maar die programme waarin ek belê het, het letterlik my lewe verander. Dit is sisteme en iemand se werk wat baie navorsing insluit. Hulle het al die werk reeds gedoen. Ek kan net die program leer, volg en dieselfde resultate kry wat hulle jare gevat het.
- Is dit vir jou? Wie sal baat vind hierby?
As jy, soos ek, jou beste lewe wil leef is Lifebook vir jou.
As jy die 12 afdelings van jou lewe beter wil verstaan en duidelike doelwitte in elk wil hê, is Lifebook vir jou.
As jy iemand is wat hou van leer en groei om die beste jy te kan wees, is Lifebook beslis vir jou.
- Wat ek voorstel as jy skepties is
Kyk die ‘masterclass’ en bid daaroor. Is hierdie vir my of nie? En al kyk jy net die Masterclass sal jy steeds iets geleer het.
Hulle bied ook ‘n geld terug waarborg aan. Kyk na die termes en voorwaardes daarvan. Dan kan jy sonder risiko begin.
- Hoe leef ek met ‘n Lifebook?
Die vier pilare in elke afdeling het my baie gehelp in my lewe:
- Om te verstaan wat ek regtig van iets glo – my perspektiewe. Is dit ‘empowering’ of trek dit my af?
- Om te weet wat ek in die verskillende afdelings in my lewe graag wil hê– hoe dit lyk om daardie buitengewone lewe te leef en die moed te he om dit na te jaag.
- Om te weet hoekom ek dit wil hê. Wat my ware motivering is?
- Om te weet wat ek moet doen om dit te kry. Watter gewoontes ek moet aanleer. Hoe ek my dae moet verander om groot deurbrake te kry.
Vandag blaai ek terug na enige afdeling in my Lifebook. Ek kyk of daar enige aanpassings is wat ek wil maak – dalk ‘n nuwe doelwit bysit of ‘n vorige een los. Ek weet waar ek is en waar ek wil wees.
- Wil jy meer weet?
Kyk die gratis Masterclass van Jon en Missy Boucher: Gratis Masterclass!!!
Kliek hier en Probeer Lifebook gratis vir 15 dae! Ja, Ek Wil 15 Dae Gratis Probeer
Kliek hier en gee vandag die eerste tree na ‘n VOL LEWE! Moenie nou besluit nie – Probeer Lifebook gratis vir 15 dae!
Groete
Liezel van der Merwe (Redakteur)
INTIEM is ‘n goedgekeurde ‘Affiliate’ van Mindvalley.