Jy weet jy moet vertrou, maar jy kan nie help om ongemaklik voel oor sy telefoon wat heeltyd ‘beep’ nie. Hoe handhaaf jy ‘n huwelik waarin vertroue heers? En hoe herstel jy ‘n huwelik waarin die vertroue reeds gebreek is? Volg ons maandgids.
VRYDAG NOMMER 1:
JUL JIPPEE-VRYDAG wenk:
Werk julle daartoe om gebroke vertroue te herstel? Oorweeg die rede agter die leuen of die verraad. Soms jok mense omdat hulle nie weet wat anders om te doen nie. Dit verskoon nie die gedrag nie, maar as dit is hoekom jou maat ‘n leuen vertel het, kan dit jou help om meer empatie met sy situasie te he.
JUL FIRELIGHTER vir ‘n goeie gesprek:
“Waar lê my swakheid?”
Elke huwelik het vier tipes vertroue nodig, waarvan een van die tipes seksuele getrouheid is. Fokus hierdie week op dié tema. ‘n Seksuele affair rig baie skade aan ‘n huwelik. Wees paraat. Gesels dié week oor waar jul swakhede lê? Swig jy voor vleitaal van die ander geslag? Maak ‘n vrou in ‘n rooi rok jou knieë lam? Lê jul swakhede aan mekaar bloot sodat julle mekaar kan ondersteun in die stryd teen verleiding.
JUL WITWARM WENK:
Slaap dié week kaalbas. Jou vel teen die lakens is ‘n sensoriese ervaring wat jou meer in voeling met jou lyf – en met jou maat sal plaas.
JUL BUCKETLIST PLAN:
Rek ‘n R100 noot! Ja, kyk hoe ver julle met slegs R100 kan kom op date night! Onmoontlik? Dink byvoorbeeld aan ‘n fles met koffie, tuisgemaakte springmielies en ‘n blok sjokolade agterop sy bakkie onder die sterre! Dis moontlik. Gebruik Daddy’s Deals, gebruik afslag-koepons. Deel van die pret is om te kyk hoe kreatief julle kan raak met ‘n R100!
JUL INSPIRASIE-FLITS:
“Vertroue word gebou deur konsekwentheid.”- Lincoln Chafee
JUL DAAGLIKSE GEWOONTE:
Gelukkige paartjies vra vir wat hulle nodig het en luister na mekaar se versoeke. In gesonde verhoudings kan maats hulself waarlik uitdruk sonder om te hoef te wonder of die ander persoon weet wat hulle dink.
Artikel deur Annelize Steyn
*Wees op die uitkyk vir deel 2 – 4 wat in die loop van die maand op ons webtuiste geplaas gaan word!