Welkom by # 3 in ons reeks van ULTIMATE Date Nights!
Met trots aan jou gebring deur Climux VitaleFemme en Climux VitaleMen! Skryf ook in vir hul kompetisie aan die einde van hierdie artikel!
Het jy dalk verlede week se date night gemis? Moenie bekommerd wees nie, hier is die skakel: https://intiem.co.za/ultimate-date-night-nr2/
Op hierdie bladsy:
- Ultimate Date Night # 3 OPSIE 1
- Ultimate Date Night # 3 OPSIE 2
- Nagereg
- WitWarmWenk en Climux Hulpmiddel
- Wen R1000 vir jou volgende Date Night!
BELANGRIK: Date nights verg beplanning. Tyd. Commitment. Onthou jy die dae toe jy en jou maat nog “geflirt” het? (ons hoop julle doen dit steeds!). Jy het tog sekerlik nie direk van die werk af op jou date gegaan nie? Nee! Daar het baie beplanning ingegaan… en jy het ook seker gemaak dat jy self ook ekstra lekker ruik, lyk en voel!
Meer info oor die twee opsies
- Hierdie week se keuses is lekker uiteenlopend – die eerste opsie is ‘n “kwaliteit-tyd” date en die tweede is ‘n “kom ons doen iets vir iemand anders” date! Jy kan natuurlik ook beide doen, daar is immers 7 dae in ‘n week!
Die voorbereiding:
- Kies ‘n spesifieke aand uit en skryf dit in jul dagboeke. Dit kan ook “date day” wees, veral as julle Opsie 2 kies die week.
- Reel dat die kinders uitslaap indien moontlik, of ten minste by maatjies gaan speel vir ‘n (lang) rukkie!
1. Ultimate Date Night # 3 OPSIE 1
Hou ‘n speletjies aand!
Al wat jy nodig het is ietsie om aan te smul, ‘n lafenis vir die keel en ‘n bordspel (Monopoly, Scrabble, Uno, Slangetjie en leertjies… enige iets sal werk!). Kan jy nog onthou hoe jy en jou maat tot in die middernagtelike ure gesit en speletjies speel het aan die begin van jul verhouding? Tussendeur is daar natuurlik tyd vir lekker rustig gesels en net mekaar se teenwoordigheid geniet. Onthou ons “date night” reel: Date Nights verg voorbereiding – en ons doen moeite vir mekaar! Trek mooi aan vir jul afspraak – moenie in jou werksklere op die bank gaan neerval nie!
2. Ultimate Date Night # 3 OPSIE 2
Doen iets vir ‘n welsynsorganisasie (“charity/rescue”)
Terwyl julle saam pret het, kan julle net sowel iets goed vir die gemeenskap doen. Daar is sóveel hulpbehoewende organisasies daar buite – julle kan ‘n groot verskil maak! Dink aan een-dag gebeure wat nie spesiale vaardighede verg nie. As julle kans sien daarvoor, kan julle ouer mense of kinders op ’n gereelde basis gaan help, maar as julle eers die liefdadigheids-date wil toets, doen iets meer lighartigs soos om te help om staproetes, reservate of strande skoon te maak. As julle diereliefhebbers is, kan julle ook ‘n dag met ’n organisasie soos “Wet Nose” se diere gaan stap, help om hokke skoon te maak of die diere help bad. Julle kan selfs net saam winkels toe gaan en speelgoed, komberse en dierekos gaan uitsoek om later saam na die skuiling toe te neem. Of gaan skenk bloed en gaan eet roomys daarna!
3. Nagereg…
Die week se “nagereg” is baie eenvoudig…
Skuimbad vir twee… Kerse… Vonkelwyn… Dis al wat ons gaan sê…(En as jul dit gereeld doen is dit WONDERLIK! Geniet dit nogsteeds)
4.WitWarmWenk en Climux Hulpmiddel
#WitWarmWenk – Goeie seks begin met “goeiemore”. Voorspel moenie begin 5 minute voor julle in die bed spring nie. “Flirt” heeldag met mekaar, stuur vir mekaar mooi boodskappies… Teen die tyd wat julle by die huis kom, is daardie “lus” al heelwat warmer…
#ClimuxKanHelp – Voel vroulief nie regtig “lus” nie…?
Kom ons wees vir ‘n oomblik eerlik met mekaar: Tussen “lockdown & home schooling”, ‘n voltydse huishouding, jou baas wat jou onder druk sit en manlief wat ook smag na ‘n stukkie van jou liefde, voel jy dalk op hierdie stadium so moeg dat jy nie eers jou tande wil borsel nie… Om nie eens van so bietjie bedpret te praat nie! Moenie bekommerd wees nie suster, jy staan nie alleen nie! Een uit elke vier vroue (van alle ouderdomme!) sukkel met ‘n gebrek aan ‘n gesonde seksdrang. En ironies genoeg, met ‘n probleem wat so groot is, is daar bitter min hulpmiddels wat kan help om die “wil-nie” in “wil-nou” te verander!
CLIMUX VitaleFemme staan gereed om ‘n verskil in jou intieme lewe te maak! Hierdie middel kan jou help om daardie gesonde seksdrange weer terug te kry! Die geheime bestanddeel is ‘n gestandardiseerde fenugreek-ekstrak genaamd Libifem, ‘n kruie-oplossing wat die vroulike hormoon estradiol ondersteun. Te min estradiol is gelyk aan ‘n lae seksdrang. Fenugreek verhoog die estradiol… en siedaar! Skielik neem die lus so treetjie of twee vorentoe!
Estradiol se rol is ook om die vaginale smeermiddel te stimuleer en bloedvloei te bevorder – beide hierdie aksies het ‘n positiewe invloed op vroue se seksuele opwekking en orgasme. En raai wat? Die produk is boonop suikervry, so die voordele raak net al beter!
Besoek www.climux.co.za vir die volle produkreeks!
5. Wen R1000 vir jou volgende Date Night!
Climux VitaleFemme en Climux VitaleMen gee maandeliks R1000 kontant weg vir ‘n gelukkige paartjie! Gebruik die geld om jou date night ekstra spesiaal te maak! Sodra jy ingeskryf het, neem die webwerf jou outomaties na Climux se webwerf toe – loer gerus na al hul produkte!
Skryf hier in: