– Deur Liezel van der Merwe
Dis nie dat julle mekaar nie meer liefhet nie. Glad nie. Maar die lewe gebeur. Werk. Kinders. Verantwoordelikhede. Die huis. Geld. Familie. Fone. Admin. Moegheid.
En sonder dat ’n mens ooit besluit het dit gaan gebeur, begin iets stadig skuif.
Julle praat nog elke dag. Maar baie van die gesprekke gaan oor wat gedoen moet word. Wie koop melk? Wie gaan haal die kinders? Wat doen ons die naweek? Het jy daardie rekening betaal?
Teen die aand val julle om van moegheid.
En selfs wanneer julle wél tyd kry… wat doen mens anders?
Hoe kom julle weer régtig by mekaar uit?
Hoe kom julle terug by daardie plek waar julle lekker gesels, mekaar geniet, in die kombuis wil dans en met ’n draairoomys in die hand vir mekaar lag?
Want julle is lief vir mekaar. Maar dalk het julle twee net ’n bietjie minder aandag begin kry.
En dan is daar dalk ’n paar dinge wat krap. Daardie goedjies wat julle al ’n ruk saam met julle dra. Daardie gesprek wat julle nog moet hê. Daardie argument wat elke keer op dieselfde plek eindig. Daardie ding van hom wat jou irriteer. Daardie behoefte van haar wat hy net nie heeltemal verstaan nie.
Dalk het die passie stiller geword.
Dalk sê julle:
“Wanneer dinge rustiger raak, sal ons weer meer tyd maak.”
“Wanneer hierdie besige tyd verby is, gaan ons weer lekker gesels.”
“Ons moet eintlik weer ’n date night doen.”
“Dit sal seker vanself beter word.”
Maar die probleem is… die lewe raak nie sommer vanself rustiger nie.
En ’n huwelik verloor nie altyd liefde nie.
Soms verloor dit net aandag.
Wat as julle weer vir júlle twee aandag gee?
Nie omdat julle huwelik stukkend is nie. Nie omdat iets dramaties verkeerd is nie. Maar omdat hierdie verhouding kosbaar is. Wat as julle mekaar weer ’n bietjie beter verstaan? Weer daardie lekker gesprekke het wat nêrens heen hoef te gaan nie.
Meer lag.
Meer aanraak.
Meer pret.
Meer “kom ons gaan gou ’n draairoomys eet.”
Meer daardie gevoel:
Jy ken my.
Jy hoor my.
Jy is my mens.
Dit is tog waarna ons almal verlang.
En as iemand vir jou kon sê:
Doen dít.
Begin hier.
Praat só hieroor.
Verstaan hierdie van jou maat.
Probeer hierdie.
Sou jy?
Ons sou.
Liezel (INTIEM Redakteur) en Nico vd Merwe
Nico en ek is 31 jaar getroud.
Ons ken die wonderlike seisoene van die huwelik. Die avonture. Die lag. Die tye wanneer dit sommer net heerlik is om saam te wees.
Maar ons ken ook die valleie. En ons ken daardie ongelooflik besige seisoene waarin die lewe so vol raak dat ’n mens amper ongemerk langs mekaar begin verby leef.
Ons het oor 31 jaar ongelooflik baie oor die huwelik geleer.
Party daarvan op die maklike manier.
Party beslis nie. 😉
En deur ons eie huwelik, asook jare se werk saam met INTIEM en Marriage Capsule, het ons onskatbare inligting, waarhede en praktiese hulpmiddels versamel oor hoe ’n mens ’n huwelik bou, geniet en sterk maak.
Hoe julle mekaar beter verstaan.
Hoe julle beter kommunikeer.
Hoe julle konflik hanteer.
Hoe julle mekaar liefhet op ’n manier wat die ánder een werklik ervaar.
Hoe julle passie beskerm.
Hoe julle saam groei.
En hoe julle as man en vrou diep gewortel kan wees in die Here.
Dit is kosbaarhede wat ons vandag ook aan ons eie kinders oordra.
En ons het dit alles vasgevang in:
MARRIAGE CAPSULE
Dink aan ’n kapsule wat alles bevat wat jy nodig het.
Dít is Marriage Capsule.
Nie nog ’n klomp mooi aanhalings oor die huwelik nie.
Nie net:
“Maak tyd vir mekaar.”
“Kommunikeer beter.”
“Gaan op date nights.”
Want ons weet dit reeds.
Marriage Capsule antwoord eerder die vraag:
HOE?
Hoe verstaan ek my maat beter?
Hoe praat ons oor moeilike goed?
Hoe kom ons uit dieselfde argument?
Hoe bou ek my man op?
Hoe laat ek my vrou geliefd voel?
Hoe kry ons weer die lekker terug?
Hoe hou mens passie lewendig?
Hoe bou ons doelbewus aan die huwelik wat ons oor tien of twintig jaar nog wil hê?
Marriage Capsule gee julle ’n praktiese pad om dit te doen.
EN HIERDIE SEPTEMBER WIL ONS DIT VIR MEER PAARTJIES MOONTLIK MAAK.
September voel altyd ’n bietjie soos ’n nuwe begin. ’n Nuwe seisoen. Alles begin weer groei. Nuwe groen. Nuwe bloeisels. Nuwe lewe. En ook die maand van SA Huweliksweek.
Dalk is dit ’n goeie tyd om ook weer ’n bietjie aandag te gee aan dit wat in julle eie huis moet bly groei.
Julle huwelik.
Daarom maak ons Marriage Capsule vir ’n beperkte tyd beskikbaar teen ’n prys wat ons hoop dit vir byna enige paartjie maklik maak om ja te sê.
SEPTEMBER-SPESIALE AANBOD
MARRIAGE CAPSULE
Gewone prys: Was R 1 250
NOU SLEGS R249
JULLE SPAAR MEER AS R1 000.
- Een betaling.
- Die volledige Marriage Capsule.
- Al sewe vlakke.
- Onmiddellike toegang.
- Werk op julle eie tyd en teen julle eie pas.
- En julle toegang verval nie.
Marriage Capsule bly julle s’n. Julle kan volgende week begin. Of volgende maand. Julle kan stadig daardeur werk. Later weer teruggaan. ’n Vlak herhaal. Weer luister. Weer onthou. Weer iets nuuts ontdek wanneer julle in ’n ander seisoen van julle huwelik is.
WAT KRY JULLE IN MARRIAGE CAPSULE?
VLAK 1 — Alles wat hulle jou lankal oor die huwelik moes vertel het
- Ons begin by die fondasie.
- Ons kyk na verwagtinge — dié dinge wat ons soms stil-stil van ons huweliksmaat verwag sonder dat hulle eers weet daarvan.
- Ons ontbloot ’n paar huweliksmites wat baie van ons glo en wat ’n huwelik onnodig moeilik kan maak.
- Ons kyk na God se formule vir die huwelik, en julle kry ’n praktiese metode om ’n visie vir julle eie huwelik te bepaal.
- Wat wil julle hê moet waar wees van júlle twee? Waarheen is julle op pad?
- Hierdie vlak is propvol van die beste praktiese huwelikswenke wat ons oor die jare versamel het.
VLAK 2 — LOFS: Is jy ’n Ocean, Fountain, Lake of Snow?
- Hierdie vlak is altyd ’n hoogtepunt! Julle ontdek julle LOFS-temperamente.
- Is jy ’n Ocean, Fountain, Lake of Snow?
- En wat is jou tweede temperament?
- Wanneer julle dit ontdek, gaan daar waarskynlik ’n hele paar oomblikke wees waar julle na mekaar kyk en sê:
- “Aaaaah! Nou maak dit sin!” 😂
- Hoekom is hy stil wanneer hy ná werk by die huis kom?
- Hoekom het sy soveel detail nodig?
- Hoekom neem hy so maklik ’n besluit terwyl jy nog alles wil deurpraat?
- Hoekom is sy so goed met mense?
- Hoekom hanteer julle konflik, geld, besluite, mense en selfs vakansie-hou verskillend?
- Wanneer jy verstaan waarom jou maat anders as jy dink en optree, raak dit baie makliker om mekaar nie verkeerd te lees nie.
- En soms verander daardie een stukkie begrip sommer die hele atmosfeer tussen julle.
VLAK 3 — Vir die dames: Die geheim na jou man se hart
- Dames, hierdie een is vir jou.
- Wat het jou man werklik van jou nodig?
- En nee… ons praat nie net van kos en intimiteit nie. 😉
- Daar is iets diep in ’n man se hart wat ’n vrou maklik kan miskyk — juis omdat óns behoeftes anders werk.
- Wanneer jy dit verstaan, begin jy jou man met ander oë sien.
- En jy ontdek hoe ongelooflik groot jou invloed in sy lewe kan wees.
VLAK 4 — Vir die manne: Die pad na jou vrou se hart
- Manne, as jy die ridder op die wit perd wil wees, is hierdie jou padkaart.
- Wat het sy werklik nodig?
- Wat laat haar veilig voel?
- Wat laat haar geliefd voel?
- Wat laat haar blom?
- Jy het veel meer invloed as wat jy dalk besef.
- Ons wys jou prakties hoe jy jou vrou kan liefhê en ondersteun sodat sy kan floreer en al hoe meer kan word wie God haar geskep het om te wees.
VLAK 5 — Kommunikasie: Praat sodat julle mekaar weer hoor
- Hier begin ons met die goed waaroor julle soms eerder nié wil praat nie. 😄
- Ons gee vir julle praktiese gereedskap om deur probleme te praat sonder dat elke gesprek in dieselfde argument eindig.
- Hoe luister mens regtig?
- Hoe sê jy wat jy nodig het sonder om aan te val?
- Hoe hanteer julle konflik?
- Hoe kom julle by die eintlike probleem uit?
- Ons wil hê julle moet weer lekker kan gesels.
- Nie net oor die kinders, werk, huis en wie môre melk moet koop nie.
- Daardie laatnag-gesels.
- Daardie:
- “Weet jy wat dink ek?”
- Daardie gesprek waar julle skielik agterkom dit is middernag.
- Daardie gevoel: Jy ken my. Jy hoor my. Jy is my mens.
VLAK 6 — Lank leef die passie 🔥
- Ja… Ons gaan tussen die lakens. Want intimiteit is nie ’n ekstra in ’n huwelik nie.
- Ons praat oor passie, begeerte, intimiteit en wat oor die jare met die vlam gebeur.
- En dan kyk ons hoe julle dit weer kan vind. Hoe julle die vlamme weer kan aanblaas. Hoe julle mekaar weer kan ontdek. En hoe julle nuwe hoogtepunte kan bereik… letterlik én figuurlik. 😉
VLAK 7 — Maak dit julle leefstyl
- Nou trek ons alles bymekaar.
- Want ons wil nie hê julle moet aan die einde sê: “Dit was ’n lekker kursus.”
- En dan gaan alles maar net weer terug na normaal nie.
- Ons wil hê dit wat julle geleer en ontdek het, moet deel word van hoe julle getroud is. Julle vestig nuwe gewoontes en nuwe ritmes sodat julle kan aanhou bou.
- Nie net wanneer dinge moeilik gaan nie. Maar ook wanneer dit góéd gaan.
EN DIT IS NIE NET ONS WAT GLO DIT KAN ’N VERSKIL MAAK NIE.
Duisende paartjies het reeds Marriage Capsule gedoen.
Hier is wat van hulle sê:
“Marriage Capsule changed my marriage.”
“More love and respect for each other.”
“Het baie geleer, gelag en alles wat bietjie afgeskeep was, ná 21 jaar se getroude lewe, weer laat vlam vat. Dankie vir ’n ongelooflike kursus.”
“We are grateful for this course. We have learnt an amazing amount about each other. We feel that we have been given extremely rare tools to use in the evolution of our marriage. We cannot wait for the journey ahead.”
En dan is daar hierdie paartjie se verhaal.
Hulle storie herinner my weer hoekom ’n mens nie moet wag tot ’n huwelik by breekpunt kom voordat jy daaraan aandag gee nie.
“After 25 years of marriage, we went through a very dark time in our marriage… we separated and ultimately got divorced. Through God’s grace we found our way back to each other. After we decided to get back together to work on our relationship and put each other first, we knew we would never be able to do this alone… this is where Marriage Capsule came in. We signed up and, without a doubt, this was the BEST decision we could have ever made!”
MAAR ONS IS EINTLIK GELUKKIG…
Wonderlik.
Regtig.
Moenie wag totdat julle níé is nie.
Ons glo nie ’n mens moet eers aan jou huwelik begin werk wanneer iets fout is nie.
Dis juis wanneer dinge goed gaan dat ’n mens kan bou. Meer verstaan. Meer toewyding. Meer pret. Meer intimiteit. Die fondasie nog sterker maak.
Marriage Capsule is vir die paartjie wat swaar trek.
Maar dit is nét so veel vir die paartjie wat sê: “Ons is lief vir mekaar. Ons wil net nie eendag wakker skrik en besef ons het mekaar iewers in die besigheid van die lewe verloor nie.”
Om in jou huwelik te belê beteken nie daar is iets verkeerd nie. Belê beteken: Hierdie verhouding is vir my kosbaar.
ONS HET NIE TYD VIR ’N HUWELIKSKURSUS NIE…
Ons hoor jou. 😄
Dis eintlik presies hoekom ons Marriage Capsule geskep het soos ons het.
Daar is nie ’n klas waarby julle op ’n sekere tyd moet wees nie. Geen afspraak nie. Geen sperdatum om die kursus klaar te maak nie. Julle werk wanneer dit julle pas. Een vlak op ’n slag.
En julle toegang verval nooit.
Dit hoef nie nóg iets op julle besige lys te word nie.
Dit kan eenvoudig ’n manier wees om weer doelbewus tyd vir julle twee terug te sit op daardie lys.
EN DALK IS DIT DIE BELANGRIKSTE:
’n Huwelik raak selde op een dag sterk. En mense dryf ook selde in een dag uitmekaar. Dit gebeur in die klein goed.
- ’n Gesprek.
- ’n Reaksie.
- ’n Gewoonte.
- ’n Aanraking.
- ’n Irritasie wat ophoop.
- ’n Date wat uitgestel word.
- ’n Week waarin julle mekaar skaars sien.
Maar die mooi ding is:
Julle kan ook in die klein goed weer na mekaar toe begin draai.
Een goeie gesprek.
Een nuwe insig.
Een:
“Nou verstaan ek jou beter.”
Een aand waar julle weer behoorlik lag.
Een bietjie meer genade.
Een meer doelbewuste aanraking.
Een besluit:
ONS KIES WEER ONS TWEE.
- Sewe volledige vlakke.
- Praktiese hulpmiddels.
- Werk teen julle eie pas.
- Onmiddellike toegang.
- Toegang wat nie verval nie.
Teen R249 hoef hierdie nie ’n groot besluit te wees nie.
Maar dit kan ’n baie groot belegging in julle twee wees.
Dalk koop julle vanaand ’n wegneemete vir meer. Dalk kos een date night meer.
Hier kry julle iets waarna julle oor en oor kan teruggaan.
Iets wat julle kan help om beter te verstaan. Beter te praat. Meer lief te hê. Meer te lag. Meer intiem te wees.
En sommer net weer lekkerder julle te wees.
September is ’n nuwe seisoen. Miskien is dit ’n mooi tyd om nie net die tuin, huis en lewe nuwe aandag te gee nie.
Gee ook weer aandag aan julle twee.
Want hierdie ding wat julle het, is kosbaar. Moenie wag vir ’n krisis nie. Moenie wag vir ’n rustiger seisoen nie. Moenie wag totdat julle “eendag” meer tyd het nie.
Kies weer julle twee. ❤️
Kry Marriage Capsule nou vir R249.
Gewone Prys: R1 250
Julle spaar meer as R1 000.
JA — ONS KIES WEER ONS TWEE | KRY MARRIAGE CAPSULE VIR R249
14 Dae Geld Terug Waarborg – Geen risiko – Jy kan net wen!
September-spesiale aanbod. Aanbod eindig 30 September 2026.

