Tyd vir mekaar, romanse en om saam te lag is belangrike ‘bestanddele’ vir ’n suksesvolle verhouding. En dit help altyd as mens hulpmiddels het wat inspirasie bied. Romanza publiseer liefdesverhale vir lesers wat graag die vonk en opwinding in hulle verhouding wil koester en aanvuur. Boonop is daar ook ’n erotika reeks, Romanza Stoom, vir dié wat iets meer gewaagd soek. Sluit aan by RomanzaKlub vir spesiale korting en sodat jy nie uitmis op vier tot vyf Romanzas wat maandeliks verskyn nie.
’n Voorsmakie van wat op jou wag met die nuutste Romanzas
In Rimpelinge deur Madelie Human glo Elani mans raak nie sommer aangetrokke tot ’n syferkop en boekwurm soos sy nie. Wanneer sy vir Rick op Bietjiebaai ontmoet, is dit egter ’n ander saak. Rick word bekoor deur haar kinderlike onskuld oor die liefde. Rick is op soek na sy biologiese pa, wat hulle bykans 30 jaar gelede in die steek gelaat het. Elani stoei met die onregverdigheid van die lewe. Haar ouers is op ’n jong ouderdom van haar weggeneem. Rick moet leer vergewe, en Elani moet leer aanvaar. Bowenal moet albei besef dat God ’n groter plan het vir hulle lewens.
Sal Annie haar hart volg of eerder plig kies wanneer sy voor die grootste besluit van haar lewe te staan kom? In Melktert vir die hart deur Lizelle von Wielligh het vele kêrels al by Annie probeer vlerksleep, maar vir haar is daar net een man: Sybrand van Dyk, haar swaer. Sy glo steeds sy gaan eendag met hom trou. Michael Ford, ’n romantiese luitenant, maak geen geheim van sy geneentheid vir haar nie. Hy word gewond in die oorlog en sy moet hom verpleeg. Sy vertellinge van die Kaap laat haar dagdroom oor pieknieks, musieklesse en ’n bal in die kasteel.
Spesiale korting met RomanzaKlub
Romanza gee maandeliks vier romanses uit en een erotiese liefdesverhaal per kwartaal in die Romanza Stoom afdeling. Sluit aan by RomanzaKlub vir:
- 2 boeke teen R140 of
- 4 boeke teen R260.
Om van die korting gebruik te maak, klik hier en sluit aan by die klub.
Koop slegs die titel van jou keuse
As klubs nie in jou smaak val nie, kan jy ook slegs een titel op ’n slag aankoop. Klik hier om die Romanza van jou keuse te koop. Jy kan ook Romanzas by jou naaste boekwinkel koop, maar hierdie opsies is sonder die korting wat RomanzaKlub bied.
Al die Romanza skakels op een plek:
- RomanzaKlub: http://bit.ly/3IcF7Ow
- Romanza webtuiste en aankope: https://bit.ly/3XoPgvP
- Rimpelinge (sagteband): https://bit.ly/3WWJinu
- Rimpelinge (e-boek): https://bit.ly/3C7c0bj
- Melktert vir die hart (sagteband): https://bit.ly/3N2baDh
- Melktert vir die hart (e-boek): https://bit.ly/3qjhQUm
- Facebook: https://www.facebook.com/Romanza.klub/
- Instagram: https://www.instagram.com/romanza_lapa/
- TikTok: https://www.tiktok.com/@lapapublishers
- Registreer vir die Romanza Nuusbrief: https://bit.ly/3DmhFun