Welkom by # 4 in ons reeks van ULTIMATE Date Nights!
Met trots aan jou gebring deur Climux VitaleFemme en Climux VitaleMen! Skryf ook in vir hul kompetisie aan die einde van hierdie artikel!
Het jy dalk verlede week se date night gemis? Moenie bekommerd wees nie, hier is die skakel: https://intiem.co.za/ultimate-date-night-nr3/
Op hierdie bladsy:
- Ultimate Date Night # 4 OPSIE 1
- Ultimate Date Night # 4 OPSIE 2
- Nagereg
- WitWarmWenk en Climux Hulpmiddel
- Wen R1000 vir jou volgende Date Night!
BELANGRIK: Date nights verg beplanning. Tyd. Commitment. Onthou jy die dae toe jy en jou maat nog “geflirt” het? (ons hoop julle doen dit steeds!). Jy het tog sekerlik nie direk van die werk af op jou date gegaan nie? Nee! Daar het baie beplanning ingegaan… en jy het ook seker gemaak dat jy self ook ekstra lekker ruik, lyk en voel!
Die voorbereiding:
- Kies ‘n spesifieke aand uit en skryf dit in jul dagboeke. Dit kan ook “date day” wees, veral as julle Opsie 2 kies die week.
- Reel dat die kinders uitslaap indien moontlik, of ten minste by maatjies gaan speel vir ‘n (lang) rukkie!
1. Ultimate Date Night # 4 OPSIE 1
Ontdek jou “love language”.
Het jy dalk al agtergekom dat jou en jou maat se idees van ‘n perfekte aand nie altyd ooreenstem nie? Het jy geweet dat dit iets met jul “Liefdestale” te doen kan hê? Terwyl jy dalk mal daaroor is om geskenkies uit te deel, hou jou maat dalk nie van geskenke ontvang nie. En terwyl jou liefdestaal dalk “kwaliteit tyd” is, kan jou maat dalk nie eers “kwaliteit tyd” spel nie! Dis baie belangrik om mekaar se liefdestale te verstaan, en jou maat dan in hul liefdestaal te bedien! Op die week se date night gaan jy uitvind wat jou liefdestaal is!. Onthou ons “date night” reel: Date Nights verg voorbereiding – en ons doen moeite vir mekaar! Trek mooi aan vir jul afspraak – moenie in jou werksklere op die bank gaan neerval nie! Berei lekker vingerhappies voor, gooi ietsie lekker in ‘n glas of maak ‘n lekker warm koppie koffie, en gaan kuier dan by hierdie skakel: https://www.5lovelanguages.com/quizzes/couples-quiz/ Spandeer ook tyd saam om na mekaar se liefdestale te kyk, en daaroor te gesels.
2. Ultimate Date Night # 4 OPSIE 2
Rock, Paper, Scissors, Breakfast….
“Rock, Paper, Scissors, Breakfast!” Die week vir “date night” doen ons “date morning”… Dis reg, koffie en ontbyt in die bed!! So eenvoudig, maar tog so spesiaal! En voor jul begin wonder wie die kosmaak werk gaan doen (manlief of vroulief?)… Speel “rock, paper, scissors” en die verloorder (van beste uit 3) maak die kos en die koffie!
3. Nagereg…
Hierdie week gaan ons ‘n fliek kyk vir nagereg. Dit gaan so bietjie beplanning vat – indien julle Opsie A kies, en julle gesels net te lekker oor die liefdestale, bêre die nagereg vir die volgende aand. Indien julle opsie B kies, kan julle sommer die hele oggend in die bed bly… of julle kan weereens die nagereg bêre vir die aand…
Die week kyk ons bietjie fliek! Maar ons doen dit INTIEM-styl! Besluit vroegtydig op ‘n “aksie-woord” – elke keer wat die woord in die fliek gebruik word, moet jy en jou maat mekaar ‘n soen gee. Dit kan ENIGE woord wees… speel byvoorbeeld veilig en kies die aksiewoord “love” of wees bietjie meer avontuurlustig en besluit op ‘n algemende woord soos “the” of “yes”!!
4.WitWarmWenk en Climux Hulpmiddel
#WitWarmWenk – Moet nooit ophou om jou maat se hart te probeer wen nie! Onthou jy die tye toe julle nog net uitgegaan het? Doen nogsteeds soveel moeite – met jouself en vir jou maat! Trek mooi aan, kyk mooi na jouself, stuur mooi boodskappies… moet nooit ophou “flirt” met jou maat nie!
#ClimuxKanHelp – Fluit fluit my storie is uit… Dis ‘n baie oulike term as deel van ‘n kinderstorie, maar wanneer dit jou realiteit in die slaapkamer is, is dit minder aangenaam!
Tensy jy in een of ander Hollywood fliek speel waar die held meer uithouvermoë, stamina en dryfkrag as Tarzan en die Incredible Hulk saamgevoeg het, is die kanse groot dat jy ‘n doodnormale, doodgemiddelde man tussen die ouderdom van 18 en 65 is, wat nie sal “nee dankie” sê vir so bietjie ekstra energie en uithouvermoë in die slaapkamer nie!
Die goeie nuus is dat daar fantastiese bestanddele is wat jou kan help!
Testofen ™ is ‘n gestandaardiseerde, hoë aktiwiteit, gepatenteerde fenegriek saadekstrak. Fenegriek bevat steroïed saponiene, sapogeniene en furostanol saponiene… In gewone Afrikaans is dit ‘n ekstrak wat nodig is vir die vervaardiging van ‘n hele paar hormone, veral testosteroon! ‘n Onlangse kliniese studie het ‘n toename van 98,81% in serum testosteroonvlakke getoon na 8 weke aaneenlopende gebruik van Testofen ™. SJOE!
ViNitrox ™ is ‘n uittreksel ryk aan aktiewe polifenole uit druiwe en appel. Hierdie unieke bestanddeel help om bloedvate (naby die veloppervlakte) te vergroot, wat lei tot verhoogte bloedvloei en ‘n heerlike warm gevoel… ViNitrox ™ is ook ‘n baie kragtige antioksidant wat beskerm teen oksidatiewe spanning.
Beide Testofen en ViNitrox kom voor in ProLong Kapsules – ‘n produk van CLIMUX! En die kersie op die koek is dat daar ook ‘n ProLong gel beskikbaar is wat help om premature ejakulasie te keer!
Die produk word veral aanbeveel vir:
- enige manspersoon tussen 18 en 65,
- enige persoon wat sukkel met premature ejakulasie,
- rokers,
- enige man wat op soek is na ‘n verhoogde seksuele opwekking!
Besoek www.climux.co.za vir die volle produkreeks!
5. Wen R1000 vir jou volgende Date Night!
Climux VitaleFemme en Climux VitaleMen gee maandeliks R1000 kontant weg vir ‘n gelukkige paartjie! Gebruik die geld om jou date night ekstra spesiaal te maak! Sodra jy ingeskryf het, neem die webwerf jou outomaties na Climux se webwerf toe – loer gerus na al hul produkte!
Skryf hier in: