“We’re worth it!” Ken ons nie almal al daardie gesegde van een of ander bekende skoonheidsreeks nie? En dis so waar!
Wanneer mense na jou kyk, wat sien hulle eerste? Jou mooi hart? Jou skewe kleintoontjie? Nee, hulle kyk heel eerste in jou gesig en vel vas! Maar het jy geweet dat ‘n vel soveel meer is as net ietsie is wat mense sien as hulle na jou kyk? Jou vel dien as ‘n beskermende skild teen infeksies, dit help jou liggaam om temperatuur te reguleer en beskerm jou selfs teen dehidrasie! Aitsa! Daarom is dit belangrik om goed in jou vel te voel…
Gelukkig is daar iets wat wat op ‘n natuurlike manier kan help om daardie vel weer eksie-perfeksie te kry… Ons stel bekend: COMFREY COMPLEX van Allura Pharmaceuticals!
Ontdek die Voordele van COMFREY COMPLEX vir jou Hele Gesin!
Wat is Comfrey?
Comfrey, ‘n kruieplantjie bekend as Symphytum officinale (as jy van groot woorde hou!), word al vir eeue gebruik vir verskeie medisinale aanwendings. Die genesende eienskappe kom van kragtige bestanddele soos allantoïen, rosmariniese suur en tanniene, wat bekend is vir hul anti-inflammatoriese, pynstillende, en wondgeneesende eienskappe.
COMFREY COMPLEX is gerieflik beskikbaar in twee vorme:
COMFREY COMPLEX CREAM – ‘n Roompie wat lekker ruik – vir klein tot medium areas.
COMFREY COMPLEX OINTMENT – ‘n Reuklose salf vir groter areas.
Hoe kan COMFREY COMPLEX help?
Jy gaan verbaas wees om te sien hoeveel voordele in een produk te vinde is… Jou badkamerkassie gaan nie meer soos die plaaslike apteek hoef te lyk nie… Hierdie is sommer ‘n 11-in-1 produk! (As ons mooi tel is daar eintlik 14 gebruike, maar ons gaan net fokus op die top 11!)
- Aknee
Aknee is ‘n algemene veltoestand wat enigiemand kan affekteer, en is gewoonlik sigbaar as puisies of swartkoppies op die gesig. Die allantoïen in Comfrey help om selregenerasie en velgenesing te bevorder, wat rooiheid en swelling help verminder. Die kalmerende eienskappe van Comfrey kan ook verligting bring vir ‘n geïrriteerde vel, wat vir enige iemand wat met aknee sukkel alreeds soos musiek in die ore sal klink!
- Vel-ekseem
Ekseem kan die vel rooi en jeukerig laat voel en kom veral onder kinders voor. Comfrey se anti-inflammatoriese eienskappe verlig geïrriteerde areas, terwyl dit ook sommer die vel bevog en help om droogheid en jeuk te verlig. Boeta en Sussa sal baie dankbaar wees as jy vir hulle hiervan kry… wie wil nou sukkel met ‘n jeukerige vel by die skool?
- Psoriasus
Hierdie chroniese outo-immuun toestand lei tot ‘n vinnige opbou van vel selle, wat skaalagtige (dikwels droog of gebars) plekke op die vel veroorsaak. Die allantoïen in Comfrey help om hierdie harde areas sag te maak en anti-inflammatoriese eienskappe verminder rooiheid en swelling. Sommer vinnig verander die krokkodilvelletjie weer in ‘n sagte velletjie!
- Rosasea
Rosasea veroorsaak rooiheid en sigbare bloedvate op die gesig – dit kan ook klein knoppies op die vel vorm. Comfrey se kalmerende en anti-inflammatoriese effekte kan help om die rooiheid en ongemak te verminder en help om ‘n strelende gevoel agter te laat.
- Dermatitis
Dermatitis omskryf verskillende inflammatoriese veltoestande, wat dikwels rooiheid en irritasie tot gevolg het. Comfrey se genesende eienskappe kan geïrriteerde veltoestande verlig en help ook om genesing te bevorder – weereens nog ‘n rede om dit deel van jou velsorgroetine te maak!
- Gebarste en Geskeurde Lippe
Gebarste lippe is ongemaklik en geskeurde lippe kan selfs bloei. Ag nee wat! Kry vir jou Comfrey Cream, dis baie makliker! Comfrey bevat allantoïen en rosmariniese suur, wat die beskadigde vel vogtig hou en help genees, wat irritasie verminder en genesing bevorder. Wie soek dan nou nie soenbare lippe nie, hmmmm?
- Sonbrand
In Suid Afrika is ons mos almal soos akkedissies en sonneblommetjies. Ons kry mos nooit genoeg nie en lê soos dassies in die son rond! Comfrey se anti-inflammatoriese en sel-regenererende eienskappe help om sonbrand pyn te verlig en sal daardie ou rooi velletjie help om vinniger te genees.
- Snye en Wonde
Comfrey help om vinnige selregenerasie en wondgenesing te bevorder. As Boeta dalk ‘n klein krappie of skrapie het omdat hy al weer van die glyplank af probeer vlieg het sal ‘n klein bietjie COMFREY COMPLEX (en natuurlik ‘n roomys!) dit in ‘n japtrap uitsorteer, en Boeta kan maar verder gaan Superman Batman Ironman speel!
- Brandwonde
Vir minder ernstige brandwonde kan Comfrey se kalmerende eienskappe pyn verlig en genesing bevorder, wat dit ‘n noodsaaklike middel in jou noodhulpkassie maak. Los eerder die boererate en gryp net jou houertjie Comfrey!
- Veluitslag
Veluitslae kan baie oorsake hê – dit sluit allergiese reaksies en infeksies in. Comfrey kan ‘n geïrriteerde vel kalmeer en help om die simptome van die uitslag ook te verlig!
- Vlekke en Ander Lastige Plekke
Of dit weens sonblootstelling of veroudering is – ‘n ongelyke veltoon/velkleur is op niemand se ek-soek-dit-lysie nie! Comfrey help om jou vel te herstel en regenerasie te bevorder, wat jou vel meer egalig (en pragtig!) sal laat!
Gesonde vel is noodsaaklik vir algehele welstand, en COMFREY COMPLEX bied ‘n natuurlike, effektiewe oplossing vir die behandeling van algemene veltoestande. Met sy anti-inflammatoriese en wondgeneesende eienskappe kan hierdie kragtige krui ‘n sagte maar effektiewe middel vir jou gesin se uiteenlopende behoeftes wees.
Vir meer inligting oor COMFREY COMPLEX gaan kuier by https://www.alurapharma.co.za/general-clean
Ook beskikbaar by Clicks en onafhanklike apteke! Indien jou Clicks of apteek dit nie het nie, VRA ASB DAT HULLE BESTEL!