Welkom by # 2 in ons reeks van ULTIMATE Date Nights!

Met trots aan jou gebring deur Climux VitaleFemme en Climux VitaleMen! Skryf ook in vir hul kompetisie aan die einde van hierdie artikel!

Het jy dalk verlede week se date night gemis? Moenie bekommerd wees nie, hier is die skakel: https://intiem.co.za/ultimate-date-night-nr1/

Op hierdie bladsy:

  1. Ultimate Date Night # 2 OPSIE 1
  2. Ultimate Date Night # 2 OPSIE 2
  3. Nagereg
  4. WitWarmWenk en Climux Hulpmiddel
  5. Wen R1000 vir jou volgende Date Night!

BELANGRIK: Date nights verg beplanning. Tyd. Commitment. Onthou jy die dae toe jy en jou maat nog “geflirt” het? (ons hoop julle doen dit steeds!). Jy het tog sekerlik nie direk van die werk af op jou date gegaan nie? Nee! Daar het baie beplanning ingegaan… en jy het ook seker gemaak dat jy self ook ekstra lekker ruik, lyk en voel!

Meer info oor die twee opsies

  • Hierdie week se keuses is lekker uiteenlopend – die een is in die snoesigheid van jul eie huis, die ander meer avontuurlustig…Jy kan natuurlik ook beide doen, daar is immers 7 dae in ‘n week!

Die voorbereiding:

  1. Kies ‘n spesifieke aand uit en skryf dit in jul dagboeke. Dit kan ook “date day” wees, veral as julle Opsie 2 kies die week.
  2. Reel dat die kinders uitslaap indien moontlik, of ten minste by maatjies gaan speel vir ‘n (lang) rukkie!
  3. Afhangende van watter opsie julle kies, gaan julle dalk bietjie op die internet moet soek na oulike plekke (vir opsie 2) of lekker vingerhappies (opsie 1)
  4. 200gram melk sjokolade ‘slab’ en ½ koppie room (vir “nagereg”)

1. Ultimate Date Night # 2 OPSIE 1

Date Night In Die Donker

Ons is so geneig om vies te raak as daar “load shedding” is, maar het jy al ooit gedink hoe romanties so tydjie in die donker kan wees? Wag tot dit donker genoeg is en skakel dan AL die ligte af (selfone en rekenaars ook!). Berei dan vir julle heerlike vingerhappies voor en voer mekaar by kerslig! Om seker te maak jul geselsies droog nie op na 10 minute nie, moet elkeen vooraf ‘n lysie van 20 of 30 vrae op klein papiertjies skryf en dit in twee aparte houers gooi. Manlief trek en beantwoord dan ‘n vraag uit vroulief se houer, en vroulief trek en beantwoord ‘n vraag uit manlief se houer. Dink bv aan vrae soos: Wanneer het jy die eerste keer besef jy is verlief op my? As jy drie wense kon wens, wat sou jy wens? Watter deel van my lyf hou jy meeste van en hoekom? Hierdie is ‘n “date night” – hou die vrae lekker vars, romanties en lekker! (ons bespreek dus nie vanaand werk of kinders nie – ons fokus op mekaar). Onthou ons “date night” reel: Date Nights verg voorbereiding – en ons doen moeite vir mekaar! Trek mooi aan vir jul afspraak – moenie in jou werksklere op die bank gaan neerval nie!

2. Ultimate Date Night # 2 OPSIE 2

Die “Don’t Act Your Age” Date

Kies ‘n ouderdom (nie die ouderdom wat jul is nie!) en tree dan dienooreenkomstig op! Bv, ‘n afspraak vir “senior burgers” kan ‘n potjie rolbal of bingo insluit (Onthou om ook aan te trek vir die okkasie – manne, sit ‘n kam in jou kous en stof daardie kruisbande af!), terwyl ‘n “date vir tieners” dalk ‘n uitstappie na ‘n ysskaatsbaan of ‘n fliek en springmielies kan insluit… en vir daardie “eerste laerskool-kys” kan ‘n melkskommel in die parkie dalk goed werk (Dames, sien jy kans vir twee boksterte? Toe nou, klim bietjie uit jou boksie uit…)! Moenie vergeet om “selfies”te neem om hierdie lekker afspraak te onthou nie!

3. Nagereg…

Die week is ons nagereg tweeledig… Gebruik gerus jou verbeelding….

Hou ‘n “sjokolade fondue”! Toemaar, jy het nie ‘n fondue-pot nodig het nie – gebruik sommer ‘n gewone kastrol op die stoof, of maak ‘n lekker vuurtjie buite…

Jy benodig: 200gram melk sjokolade ‘slab’ en ½ koppie room
Plaas ‘n klein ysterpotjie op die warm kole (of ‘n gewone kastrol op die stoof).
Gooi die room in die potjie/kastrol.
Laat die room amper kook – klein borreltjies sal verskyn om die kante.
Voeg nou die sjokolade, blokkie vir blokkie, by die room. Roer die sjokolade en room met ‘n houtlepel om als mooi te meng.
Wanneer elke blokkie heeltemal gesmelt is, voeg dan die volgende een by die room.
Hou aan roer totdat al die sjokolade gesmelt is en die mengsel glad en blink is.
Bedien met eetgoed wat ge-‘dip’ kan word. (dis hier waar die verbeelding inkom… maak asb net seker dat dit goed genoeg afgekoel is, voor jy ‘n kwassie gryp en jou maat begin… erm…dip….)

4.WitWarmWenk en Climux Hulpmiddel

#WitWarmWenk – Alhoewel spontaniteit in ‘n huwelik belangrik is, moet jy nooit ooit jou persoonlike higiëne opsy skuif nie. Hou altyd ‘n peppermentjie of kougom naby vir die asem, maak seker jou onderarm middels werk langdurend, en belê in ‘n intieme-sorg-reeks wat jou altyd vars en voorbereid sal laat!

#ClimuxKanHelp – Op soek na ‘n produk wat veilig genoeg is om selfs jou mees intieme areas vars te hou?

Besoek https://www.climuxfemme.co.za/intimate-series om na die ClimuxFemme IntimateSeries te kyk – jy kan sommer aanlyn aankoop. Veilig. Gerieflik. Gemaklik. Of besoek jou naaste Dischem indien jy nie van aanlyn inkopies hou nie.  Probeer gerus hul Feminine Intimate Moisturiser  – ‘n produk wat jou intieme area beskerm, en ook optree as ‘n anti-irritant en help om inflammasie van jou vel te kalmeer.

Besoek www.climux.co.za vir die volle produkreeks!

5. Wen R1000 vir jou volgende Date Night!

Climux VitaleFemme en Climux VitaleMen gee maandeliks R1000 kontant weg vir ‘n gelukkige paartjie! Gebruik die geld om jou date night ekstra spesiaal te maak! Sodra jy ingeskryf het, neem die webwerf jou outomaties na Climux se webwerf toe – loer gerus na al hul produkte!

Skryf hier in:

Wen R1000 met Climux