Konflik is ‘n belangrike en onvermydelike deel van elke langtermynverhouding. Dit is nie lekker om te baklei nie, maar ‘n goeie rusie kan julle nader aan mekaar bring en onderliggende probleme uitstryk. Só doen jy dit met ons maandgids.
VRYDAG NOMMER 2:
JUL JIPPEE-VRYDAG wenk:
Wanneer julle argumenteer, verdeel jul tyd. Elkeen behoort een-derde van die tyd te praat, sonder verdediging, en terwyl die ander persoon met aandag luister (dit verg aanraking, soos om hande vas te hou) en die laaste derde tyd word uitgehou vir wedersydse dialoog – ‘n gesprek waarin probleme opgelos word en ‘n kompromie bereik word.
JUL FIRELIGHTER vir ‘n goeie gesprek:
“Wat is sekere dinge wat jy graag alleen wil doen?”
Dit is belangrik dat paartjies dinge saam doen en deur gedeelde belangstellings hul verhouding laat groei, maar ‘n paartjie bestaan uit twee individue, met hul eie belangstellings. En kom ons wees eerlik: Soms het jy net spasie nodig. Vra jou maat wat hy/sy graag wil hê jy saam met hom/haar moet doen en wat hy/sy graag alleen wil doen.
JUL WITWARM WENK:
Beproef die CAT posisie. Dit staan vir Coital Alignment Technique en behels dat julle in die sendelingposisie begin, met sy lyf plat teen joune. Tilt nou jou heupe boontoe en laat hom heen en weer wieg. Só skuur julle teen mekaar en jou klitoris kry al die aandag waarna sy smag!
JUL BUCKETLIST PLAN:
Jy wil soveel van jou maat leer ken en weet wie hy/sy was vóór hul deel van jou lewe geword het. ‘n Goeie plan is om saam jul stambome na te vors. Gaan doen bietjie navorsing en speurwerk op ancestry.com en leer oor mekaar se geskiedenis. Julle kan selfs ‘n wegbreeknaweek bespreek na die dorp/stad waar jul grootouers vandaan kom.
JUL INSPIRASIE-FLITS:
“10% van Konflik is as gevolg van verskille in opinie en 90% is as gevolg van oordrag en stemtoon.” – Anoniem
JUL DAAGLIKSE GEWOONTE:
Balanseer ‘ek’- tyd en ‘ons’- tyd. Paartjies wat mekaar individuele onafhanklikheid gun, se huwelike hou! Hulle kan dit geniet om naby aan mekaar te wees, maar is ook vervuld in hul onderskeie lewens.