Ja, deur te oefen, kan julle op 70 nog allerlei adrenalien-gedrewe bucket list-items saam doen. Oefening het verskeie gesondheidsvoordele, maar het jy geweet dit hou meer voordele vir jul slaapkamer in as ’n libido-boost?
Ons almal weet oefening kan jou help om die kilo’s te laat wegsmelt, hoë bloeddruk beveg en jou kanse om tipe 2 diabetes en hartsiektes te kry, verlaag. Ons almal weet jy het meer energie en jy slaap beter. Maar wat beteken saam oefen vir die volhoubaarheid van jou program? En watter voordele hou dit vir jou sekslewe in?
“Navorsing toon dat 94% van paartjies by hul fiksheidsprogramme bly wanneer hulle saam oefen,” sê Jari Love, ’n gesertifiseerde persoonlike afrigter en fiksheid-DVD-ster op fitnessmagazine.com. Daar is net iets wat saam sweet aan ’n mens doen. Dis daardie sweetdruppeltjies op jou maat se lyf – noem dit oerinstink (dis nie grappies om ’n Tyrannosaurus Rex uit te draf nie, vra die Croods!). Dit is daardie tevredenheid om te weet die geswoeg is nou verby en julle het dit reggekry! En dis jul harte wat vinniger pomp en die bloedvloei na verskeie plekke (en organe) verbeter…
Dis egter nie net jou libido wat voordeel trek uit ’n paar squats nie. Sekere oefeninge kan jou fisieke krag, soepelheid en stamina in die bed verbeter! Hier is ’n paar moontlikhede wat julle gerus by jul roetine kan inwerk…
- Kegels in ’n kits: Hopelik weet jy presies wat kegels is. Vir ingeval jy nié weet nie – jou kegelspiere dien as ’n “hangmat” wat die blaas, voortplantingsorgane en rektum ondersteun. Maar omdat dit ook die spiere is wat gedurende orgasme saamtrek, kan dit jou sekslewe van so-so na O!-O! neem. Vroue wat hul kegel-oefeninge getrou doen, het meer gereelde en beter orgasmes, maar mans kan ook hieruit voordeel trek en kegels kan sterker, langer ereksies teweeg bring! Trek jou bekkenvloerspiere saam (asof jy urienvloei keer), hou dit vir vyf sekondes en ontspan. Doen drie stelle van tien herhalings (sommer in jou lessenaarstoel) en jy behoort binne ’n paar maande resultate te sien!
Doen dit saam: Hoekom oefen julle nie sommer jul kegels gedurende seks nie? As die aksie al volstoom aan die gang is en hoogtepunt se kant toe staan, trek jou bekkenvloerspiere saam. Dit kan hom selfs oor die kruin van ekstase stuur as jou tydsberekening reg is.
- Krag vir die kernspiere:Die groep spiere wat in die middel van jou lyf gesetel is (jou middel enlae rug, maag en bekken), is jou kernspiere. Daar is verskeie voordele wat ’n sterk core inhou, maar in die slaapkamer trek thrusting voordeel hieruit – die beweging wat gedurende seks gemaak word, vir ingeval jy wonder. Die goeie ou getroue crunch (nié die soort wat crrr in jou mond maak en in goue papier verpak word nie) is ideaal om jou kernspiere mee te versterk.
Doen dit saam: Vir dié een het julle ’n BOSU-bal en ’n Medicine-bal nodig, so dis ’n lekker oefening vir die gimnasium. Begin deur op die BOSU-bal te sit met jou hakke wat aan die vloer raak en jou rug effens terug geleun. Jou maat moet in dieselfde posisie oorkant jou sit (maar op soliede grond). Gooi nou die bal heen en weer. As jy egter ’n voet of hand aan die grond laat raak, kry jou maat ’n punt! Doen dit vir 90 sekondes en ruil kante.
- Tierspiere soos Tarzan:Bolyf-oefeningis goed vir Adams en Evas, maar in die slaapkamer gaan manlief meer voordeel hieruit trek – veral wanneer dit kom by die sendeling-posisie, waar hy homself op sy arms moet ondersteun, of staande posisies, waar hy jou liggaamsgewig moet dra. Die klassieke opstoot (push-ups) bly ’n wenner en het verskeie variasies, soos om jou knieë teen die grond te hou en jou bors te laat sak met gebuigde arms en jou hande sowat skouerbreedte uit mekaar.
Doen dit saam: Kombineer ’n gesamentlike stokperdjie met ’n goeie “workout” deur saam te begin roei. As julle hou van ’n luilekker pas, kry kano’s en gaan roei oor naweke. As julle meer kompeterend is, pak dit aan as ’n nuwe sportsoort!
- Getroue oukardio: Natuurlik is geen oefenroetine volledig sonder ’n behoorlike kardiovaskulêre aktiwiteit teen ’n matige pas van minstens 20 minute per sessie nie. Dit verhoog jou harttempo vir ’n sekere periode en versterk jou hele liggaam (ook jou hart en longe). Hoe meer oefening dié organe kry, hoe meer uithouvermoë sal jy in die slaapkamer hê. Jy kan selfs ’n bietjie kardio in die slaapkamer inwerk met behulp van ’n rowwe quickie teen ’n vinnige pas!
Doen dit saam: Gaan trotseer die buitelug saam met jou maat (dis immers nou somer!) deur te draf of fiets te ry. Stel vir julle ’n mylpaal of uitdaging soos om aan die Argus deel te neem – en werk sommer ’n romantiese wegbreekvakansie hierby in!
- ’nGewigtige saak: Albei geslagte kan groot voordeel trek uit oefeninge met gewigte. Dit versterk jou beendere en oefen elke spiergroep in die lyf. Sommige studies wys selfs dat gewig-oefeninge testosteroonvlakke kan verhoog – wat natuurlik wondere kan verrig vir jul sekslewe. Begin met waterbottels of blikkieskos, en skaf later vir julle ’n stel behoorlike gewigte aan vir allerlei oefeninge met gewigte waaruit al jou spiergroepe kan voordeel trek.
Doen dit saam: Staan ’n armbreedte uit mekaar met jul gesigte na mekaar en voete effens wyer as heupbreedte uit mekaar. Hou mekaar se voorarms vas met ’n stewige greep en “squat” tegelykertyd afwaarts tot jul dye bykans parallel met die vloer is. Hou dit daar en beweeg stadig terug na die aanvanklike posisie. Herhaal tien tot twaalf keer.
Addisionele bronne: www.greatest.com, www.health.howstuffworks.com.