#5 Jy neem ’n blaaskans … op die verkeerde tyd.

As jy besig is om Vroulief op allerlei maniere te stimuleer en sy besig is om vinnig die piek te klim, maar jou hande raak moeg … moenie ophou nie! Sy gaan jou nié ’n Kit Kat aanbied nie! Onthou, as jou vrou dáár is, en jy stop vir ’n oomblik, kan jy haar weer tot by die wegspringblok laat aftuimel. Vroue is nie soos mans, wat kan optel waar daar laas opgehou is nie, so as jy moeg raak … ruk jou reg en gedra jou soos ’n mán!