Bestanddele:

Promosie

250 ml suiker
250 ml olie
3 eiers
375 ml meel
10ml bakpoeier
20ml kaneel
8ml koeksoda aangemaak met bietjie melk
250 ml piesangs (dit is so 3 piesangs) fyngedruk
250ml grof gerasperde wortels
125 gram gekapte neute

Versiersel:

Verroom 110 ml ml botter en 375 ml versiersuiker
Roer by 100ml room maaskaas en 8 ml vanielje

Promosie

Koek:

Verroom suiker, olie en eiers
Voeg by meel, bakpoeier, kaneel en koeksoda
Meng piesangs, wortels en neute by
Bak vir 25-30 min by 180 °C

Laat heeltemal afkoel en smeer versiersuiker bo-oor.

Resep deur Kreatiewe Kos Idees