Maak vir manlief ’n fotoboekie wat hy in sy beursie kan dra en oopvou!
Koop ’n groot vel swart karton en sny ’n strook van 7x20cm uit. Vou nou die strook konsertina-styl in vyf dele sodat die eindproduk ’n blokkie van 7x4cm is. Verklein vyf van jul gunsteling foto’s saam op die rekenaar sodat elk 7x4cm is en druk dit uit in swart en wit. Plak nou die foto’s onder mekaar op die swart karton, vou dit op en gee dit vir manlief as ’n verrassing.
Só kan hy vyf mooi herinneringe by hom in sy beursie dra, en dit gaan slegs die spasie van ’n kredietkaart opneem.
Deur Annelize Steyn