#13 Jy laat toe dat persoonlike onsekerhede met goeie seks inmeng.
As jy sexy voel, sal Manlief jou sexy vind, ten spyte van dít wat jy dalk as liggaamsfoute sien. Daar is niks so onsexy soos ’n vrou wat haar eie foute in die middel van seks uitwys nie. As jy voortdurend wonder hoe jou arms, boude en maag in ’n sekere posisie lyk, gaan jy nooit seks kan geniet nie, en as jy dit nie geniet nie, is dit beslis nie vir jou man lekker nie.