Is jy altyd die een wat in die rug gepoke moet word vir ’n potjie seks? Die een wat “inval” by watter seksposisie manlief ook al in gedagte het? Neem ’n bietjie die voortou!

Promosie

Ons weet almal dat die manne dink hulle is die hoof van die huis, hoewel die hoof deur die nek gedraai word – dis nou óns Evas. In die sestigs was vroue se “besturende rol” baie subtiel en het hulle taktieke soos manipulasie gebruik om hul sin te kry. Vandag lyk die rolle anders. Ons staan lankal ons man in die raadsaal. Hoekom voel ons vroue dan steeds dat dit onbetaamlik is om die voortou te neem in die slaapkamer?

Dis belangrik om soms seks te inisieer, meen Sheri Meyers, ’n huweliksterapeut en skrywer. As ’n man voel sy vrou begeer hom, laat dit hom gekoester, manlik en geliefd voel. “Mans se ego’s is ’n bietjie broos in dié arena. Hulle het bevestiging en positiewe terugvoer nodig. Dikwels is selfvertroue en begeerte die sexyste dinge wat ’n vrou bed toe kan dra.”

DOEN DIT SÓ:

Promosie
  1. Beplan ’n bietjie ontydige aksie!

Is jy oorlaai met werk? Moenie seks uitstel tot die kinders slaap, al jou e-posse beantwoord is en al die ander take van die dag afgehandel is nie. Skuif alle take opsy en wys só vir hom dat niks vir jou belangriker is as gehaltetyd tussen julle twee nie.

  1. Stuur vir hom ’n SMS terwyl jy in die slaapkamer en hy in ’n ander vertrek is. Vertel hom jy is alleen in die slaapkamer en jy is só gereed vir hom . . .
  2. Vertel hom wat jy begeer.

Dit is vir manlief (én vir jou!) ’n groot turn-on en jy sal nie glo watter verskil dit kan maak wanneer jy jou gedagtes in woorde omskakel nie!

  1. Spring saam met hom in die stort!
  2. Wys hom deur jou eie aanraking.

Jip, terwyl julle seks het, wys hom waar hy jou moet aanraak, deur sy hande te lei óf jou eie hande te gebruik! Daar is soveel raad daar buite vir mans – veral as dit by borste kom! Waar lê jou grens tussen plesier en pyn? Wys hom!

  1. Verras hom.

Maak hom wakker deur aan die voetenent van die bed in te klim en met jou mond al meer opwaarts te beweeg tot dáár waar jy weet jy is in beheer van sy plesiersone . . .

  1. Eksperimenteer deur hoeke.

’n Seksposisie kan van “bleh” na “whaaaaa” toe gaan deurdat jy net jou hoek effens hoef te verander. As jy bo-op hom sit, leun effens terug of plaas ’n kussing onder jou agterstewe en kyk wat gebeur!

  1. Verander posisies – wanneer jý wil.

Moenie vra of hy iets anders wil probeer nie – doen dit uit jou eie! Mans vind ’n bietjie aggressiwiteit in die bed onweerstaanbaar!

“BAASSPELERIGE” POSISIES:

  • Cowgirl”: Dis ’n klassieke posisie wat jou toelaat om beheer te neem oor die diepte van penetrasie. Terwyl jy in dié posisie is, kan jy hom “beveel” om jou klitoris met sy hand te stimuleer.
  • Reverse cowgirl”: Dis dieselfde as die vorige posisie, met die verskil dat jy met jou rugkant na sy gesig sit. Hy sal die uitsig geniet! Jy kan boonop hier ook die hoek van penetrasie beheer.
  • “Gesig na gesig”: Hy sit op die bed of op ’n stoel en jy sit op sy skoot met jou arms om sy rug en jou bene om sy heupe. Gebruik jou knieë en bene om hierdie beweging te beheer.
  • “Paalposisie”: Dié een is dieselfde as “reverse cowgirl”, met die verskil dat jy met jou een been tussen syne sit. Jou bene is dus weerskante van sy been (wat hy moet buig sodat jou klitoris daarteen skuur).

 

Deur Annelize Steyn
Addisionele bronne: www.redlipstickproject.com, www.idiva.com