Hoop nie INTIEM word gedagvaar vir dié outjie nie. Maar solank julle jul “spore” goed bedek, sal niemand weet hoeveel nuwe lede daar aan dié seksotiese klub behoort nie!

Promosie

Nee, dit het niks met Voyager Miles te doen nie. Nee, jy moenie ’n sekere lengte wees om deel van dié klub te wees nie. En nee, dit het niks met Caltex of die kilo’s op jou kar te doen nie. Kom ons vertel jou gou ’n geheim (vir ingeval jy dit nog nie weet nie): Die mile-high klub is ’n eksklusiewe (denkbeeldige) klub vir diegene wat dapper genoeg is om te sê: “Ons het al seks op ’n vliegtuig gehad!” Jy hoef nie saam met ’n vlieënier te slaap om jou lidmaatskap te kry nie. Dis eintlik doodeenvoudig, mits jy ’n bietjie guts het – ons vertel jou hóé!

Hoekom wil jy deel wees van dié klub?

Richard Branson vertel hy het by hierdie klub aangesluit op die ouderdom van 19 jaar in die vliegtuig se badkamer. Hy het eers ná die tyd uitgevind sy seksmaat is getroud en die verhouding is nie op vaste grond verder gevoer nie. In November 2007 het BBC ’n storie uitgesaai met die hooftrek: “Airline bans A380 mile-high club” nadat Singapoer Lugrederye ernstige stappe geneem het deur eersteklas passasiers te vra om ander passasiers op hul nuwe Airbus A380 te respekteer aangesien die twaalf eersteklas kajuite dubbelbeddens het, maar nie klankdig is nie!

Promosie

Hoekom is die mile-high klub só gesog? Lede beweer dat die vibrasies van ’n vliegtuig bydra tot vinnige seksuele opwekking. En dan is daar natuurlik dié wat fantasieë koester oor vlieëniers en lugwaardinne. Maar as jou lewensmaat nie in een van dié beroepe is nie, sal jou rede waarskynlik iets te doen hê met verbode vrugte . . . die plesier om iets te doen wat taboe is met die risiko om uitgevang te word!

Só kry jy jou lidmaatskap:

1. Drink vooraf ’n glasie wyn. Daar is niks wat jou vrese en inhibisies laat afneem soos een glasie wyn vooraf nie. Jy het immers baie waagmoed nodig vir iets wat jou waarskynlik rooi in die gesig gaan laat – selfs al word jy nie uitgevang nie!

2. Trek klere aan wat jou maklike toegang bied, soos ’n romp of rompie – sonder ’n broekie daaronder. Manlief moet sy gordel by die huis los en verkieslik ’n jean aantrek met ’n ritssluiter. Sorg dat julle inskakel en nie te veel uitstaan nie.

3. Begin flankeer vanaf die eerste oomblik wat julle jul voete aan boord sit. Hier is die realiteit: Jou tyd vir volskaalse seks is baie beperk, so al wat waarskynlik gaan werk, is ’n vinnige quickie.

4. Probeer om alleen in ’n ry te sit. Kies die sitplekke teen die venster en in die middel (dit is meer privaat). As julle ’n derde passasier langs julle het, kies die sitplekke teen die paadjie en in die middel vir beter toegang tot die badkamer.

5. Kies julle tyd reg. Maak jul move vroeg in die vlug as die badkamer nog skoon is. Die beste tyd om deel te word van die mile-high klub is in die winter en met ’n oornagvlug wanneer niemand gaan dink julle is gek as julle ’n kombersie oor die skoot gooi nie. En in die nag, as die meeste passasiers slaap.

6. Dis handig om ’n paar hulpmiddels soos ’n koerant en boek byderhand te hê, maar onthou jou een hand moet los wees. Nou kan jul vingers die praatwerk doen, maar onthou om ’n poker face te behou. Al is jy op die randjie van ’n orgasme, moet jy maak asof jy dodelik verveeld is of druk besig is om jou boek te lees.

7. Wag vir die verversingstrollie. Gewoonlik kom hierdie trollie nie lank ná die “maak die sitplekgordels vas” bevel nie. Die oomblik wat die trollie verby jul sitplekke beweeg, moet julle mik vir die badkamer – die agterste badkamer om so min as moontlik oë op julle te laat rus!

8. Om te verhoed dat die ander passasiers lont ruik, sal julle ’n paar minute tussen mekaar moet toelaat. Die persoon teen die paadjie kan eerste gaan, met ’n sekondetelling van ongeveeer 20 voor die ander maat soontoe beweeg. Die geheim is om lank genoeg ná mekaar soontoe te beweeg dat niemand iets agterkom nie, maar ook vinnig genoeg ná mekaar sodat niemand tussen julle in die ry kan gaan staan nie. Die voordeel is dat die vlugkelners/lugwaardinne te besig is om enigiets agter te kom.

9. Die eerste persoon gaan nou in die badkamer in, sluit die deur en wag vir ’n minuut. Die persoon buite wag vir die deur om oopgesluit te word en effens oopgemaak te word. Dit is die sein dat jy nou moet ingaan! Vir ingeval iets verkeerd gaan, moet persoon nommer een nog nie uittrek voor albei binne is nie (net ingeval iets verkeerd loop en ’n vreemdeling instap!).

10. Kreatiwiteit is nou die wagwoord. Julle sal baie slim moet werk met die beperkte spasie sonder om te veroorsaak dat die toilet voordurend getrek word deur jul manewales. Gaan mal daarbinne! Een van die beste posisies is jy sittend op die wasbak (met ’n paar papierhanddoekies onder jou) en met jou bene rondom manlief se heupe.

11. Onthou om jul volumeknoppies af te draai. Jy is miskien ’n screamer, maar dié is nie die plek nie!

12. Nou moet julle jul uitgang haarfyn beplan. Dit is hier waar die meeste paartjies uitgevang word omdat hulle nie kan sien wat buite aangaan nie. Een persoon moet heel natuurlik uitstap. As daar iemand anders in sig is, gryp daardie persoon sy/haar maag vas en gaan terug. Dit koop vir julle ’n paar ekstra minute. As dit weer gebeur, sal julle maar jul trots moet sluk en die kyk van passasiers wat nie gister gebore is nie, moet verduur!

Addisionele bronne: wikipedia.org; articles.businessinsider.com;