Ons hoor dit dikwels in liefdesliedjies en flieks – die man wat in ʼn fluweelstem vir sy vrou fluister: “Let’s make love all night long.” Is ʼn seks maraton in ʼn enkele aand ooit moontlik? You bet! Só kan julle gaan vir goud.

Promosie

Kies ʼn nuwe plek

Teen dié tyd het julle seker al seks in verskillende kamers in die huis gehad. Vergeet van die huis met sy “ou” seksuele herinneringe en neem julle all nighters elders – soos ʼn hotelkamer of vakansie-oord. Julle liggame ken die bed in die slaapkamer, en sodra julle klaar is met die eerste sessie, gaan julle lywe sê: “Dis nou genoeg, tyd om te gaan slaap!” Dit is makliker om nuwe energie in julle seks te blaas indien julle in ʼn nuwe (en ook neutrale) omgewing is.

Smeermiddel is belangrik!

Promosie

Al daardie wrywing gaan verseker sy tol op julle geslagsdele eis. Niemand kan seks geniet as dit ongemaklik of seer raak nie, dus is dit noodsaaklik dat julle sommer met die wegspring slag al van smeermiddels gebruik maak. Die lubrikasie wat kondome bied, kan ook behulpsaam wees in dié opsig. Vir ʼn bietjie ekstra pret, gebruik smeermiddels wat eetbaar is, of wissel gegeurde smeermiddels af sodat julle nie elke keer presies dieselfde ervaring het nie.

Refuel jul liggame

Dit verg baie energie om heelaand tussen die lakens te woel en julle gaan heelwat vloeistof in die proses verloor. Die geheim is om nie ʼn groot maaltyd vooraf te nuttig nie – die sê-ding lui nie verniet: “Magies vol, ogies toe,” nie – maar eerder tussendeur te peusel. Vrugte en groente is ʼn goeie keuse, want dit bevat baie water wat julle gaan hidreer en energie gee. Boonop kan julle die peuselhappies deel van julle voorspel maak, of selfs insluit tydens seks. Maak dit sexy! Dink: aarbeie met room; selderystokkies, sappige mangos en sjokolade.

Kies lae-energie posisies

Sekere posisies verg meer energie as ander en kan maak dat jy dit wil quits roep voor rondte drie. Moenie al julle wildste tricks probeer nie – ʼn langafstandatleet kan nie ʼn wedloop wen as hy volspoed uit die wegspringblokke uitvlieg nie. Die sendelingposisie klink dalk eenvoudig genoeg, maar kan manlief se skouers laat smeek vir ʼn breuk na ʼn paar ure. En jy kan ook nie hee-haa heelaand in die cowgirl posisie sit nie – jou bobeenspiere gaan ná ʼn ruk nie meer wil saamspeel nie. Probeer byvoorbeeld die spinnekopweb-posisie waar julle op jul sye met julle gesigte na mekaar lê en julle bene in mekaar strengel.

Wissel jul tegnieke af 

Een van die tammeletjies van ʼn all nighter is: Hoe word ʼn mens elke keer van vooraf lus? Dit gaan beslis moeite en kreatiwiteit kos! Die beste wapen in julle arsenaal is variasie, veral tydens voorspel, maar ook tydens seks self. Manlief kan byvoorbeeld een keer net op jou borste fokus en die tweede keer net op jou klitoris. Jy kan hom weer een keer ʼn blow job gee en ʼn ander keer hom met jou hande tot ʼn klimaks bring. En moet julle ook nie beperk tot dieselfde omgewing nie – probeer ander vertrekke of verruil die bed vir die rusbank.

Hou dit skoon

Het jy geweet dat ʼn mens se reuksintuie skerper is tydens arousal? Dit, te same met die behoefte aan higiëne, maak dit belangrik om ʼn vinnige stort te neem na elke sessie. Dit bied julle ook ʼn gulde geleentheid om enetjie in die stort in te kry – terwyl julle in elk geval nou daar is.

Weerhou onmiddellike orgasme

Net voordat jy of manlief ʼn orgasme bereik – stop, rus vir 30 sekondes en begin weer. Probeer dit drie keer na mekaar doen voordat julle albei klimaks. Wat gaan julle daardeur bereik? Eerstens, ʼn meer intense orgasme. Hoe meer jy die lus laat opbou, hoe lekkerder is die ervaring as jy dit uiteindelik ondervind. Tweedens, kan dit natuurlik help dat julle sessies langer voortduur. In plaas daarvan om byvoorbeeld tien kort sessies te probeer inwerk (kwantiteit), kan julle mik vir vyf en eerder gaan vir kwalitieit. Manlief kan sy orgasme keer deur die volgende te doen: indien hy voel sy orgasme is naby, druk die penis toe met die duim en voorvinger waar die “kop” die shaft ontmoet en dit sal ejakulasie verhoed.

Maak rus periodes awesome

Julle kan nie heelaand gaan sonder ophou nie. Neem lui-lekker ruskanse, doen strekoefeninge om spierkrampe te bekamp, of knip sommer ʼn vinnige uiltjie of twee – niemand het gesê julle mag glád nie slaap nie. Benut julle ruskanse optimaal deur afwagting te skep vir die volgende sessie. Hoe? Maak daardie botteltjie masseerolie oop wat jy gebêre het vir ʼn spesiale geleentheid en bederf mekaar met masserings. Fokus veral op die areas wat die meeste stremming vat: die skouers, rug, boude en dye. Speel speletjies soos strip poker of wegkruipertjie sonder klere. Moenie nou suinig wees nie, pull out all the stops en maak dit onvergeetlik!

Bekommerd oor hoe julle gaan vaar?

  1. Onthou, dit is nie die kwantiteit wat saak maak nie, maar die kwaliteit. Fantastiese seks een keer per week, is beter as flou seks elke aand!
  2. Vyf keer in een aand klink dalk woes en jy sal sukkel om dit elke aand reg te kry, maar dit is glad nie onmoontlik nie . . .
  3. Die gereeldheid van all-nighters, hang af van jul onderskeie libido’s. Vroue raak makliker moeg en seer as mans. Maar vir ’n vrou is vyf orgasmes in een aand meer haalbaar as vir mans!

 

Deur Thalia Brüssow
Bronne: glamour.com, askmen.com, buzzle.com