Ons is geseënd met twee van hulle! Die bates wat mans laat swymel, babas van die perfekte voedings bron voorsienen bydra tot die kurwes wat aan ons ons vroulike vorm gee. Boonop is elke paarb orste so uniek soos die persoonlikheid van die vrou aan wie hulle behoort.

Elke vrou se verhouding met haar borste verskil. Miskien het jy joune nog altyd kleiner gewens,omdat jou borsmaat die oorsaak was dat mense heel laaste na jou gesig (en selfs jou talente) kyk. Dalk is jy mal oor jou borste,omdat hulle jouverder gebring het as wat jy sou kon kom sónder hulle. Miskien is jy dankbaar teenoor hulle vir die pret wat hulle jou in die slaapkamer besorg. Miskien is jykwaad vir jou borste omdat dit hier is waar ‘n kankerstryd ontstaan het wat jy steeds verbete veg. En dalk kry jy skaam vir jou borste omdat jy nog altyd gevoel het hulle is nie perfek simmetries/grootgenoeg/klein genoeg nie. Hoe dit ook al sy, die kans dat jy apathies staan teenoor jou bates, is gering. Hier is sewe dinge wat jy dalk nié van die tweeling geweet het nie…

1. Wanneer manlief aan jou borste vat (en jy dit graag wil he) word oksitosien vrygestel- dieselfde hormoon wat vloei wanneerjy ‘n stywedruk kry van die een wat jy liefhet. En ja – sommige vroue kan ‘n orgasme kry deur borsspel alleenlik!
2. Tepels word in agt groepe geklassifiseer, van “omgekeerde tepels” (inverted nipples) tot “pofferige tepels” (puffy nipples). Borste verskil radikaal in voorkoms en dit is heeltemal normaal om ingekeerde tepels of asimetriese borste te hê. Die meestev roue se linkerbors is groter as die regterbors.
3. Altesaam 80% van mans kyk na ‘n vrou se borste wanneer hulle haar vir die eerste keer ontmoet, maar ‘n studie van die Universiteit van Nebraska-Lincoln het gevind dat beide geslagte meer tyd bestee om na vroue se borste te kyk as na hul gesigte – veral as die vrou ‘n idealistieseliggaamstipe het (‘n uurglas met ‘n kleinmiddel en grootborste).
4. Die gewig van die gemiddelde bors is 499 gram en dit bevat 4-5% van die liggaam se vet persentasie. Die mens is die enigste spesie wie se borste permanent vergroot is, tog verskil jou borste in grootte van week tot week – dit word deur jou hormone bepaal.
5. Die gemiddelde vrou dra vandag ‘n 34DD grootte bra (volgens data van die onderkleremaatskappy Intimacy). Twintigjaar gelede was hierdie grootte ‘n 34B! Altesaam 70% van vroue is ongelukkig met die grootte van hul borste.
6. Biobustkapsules bevat phyto-estrogeen, ‘n bestanddeel wat jou liggaamkan help om nuwe borsweefsel-groeiteproduseer. So kan jy voller, fermer borste kry – as dit is wat jy nog altyd begeer het (www.biobust.co.za).
7. BioBust Cream is ‘n room wat ook jou bors-area kan verfermenlig. Dit kan rekmerke, letsels en vlekke verminder, die vel re-hidreer en kollageen en elastienin die borsversterk.

Jou borste is fantasties en veeldoelig. Laat jou borste professioneel meet en maak seker jy dra die regte bra-grootte. Koop mooi onderklere en vier die tweeling wat jou man se aandag op die onmoontlikste tye aftrek!

Addisionele bronne: www.scoopwhoop.com; www.mentalfloss.com; www.womenshealthmag.com