As jy of ’n geliefde pas gediagnoseer is met diabetes kan jy gekonfronteer word deur gemengde gevoelens. Diabetes is ’n komplekse en baie ernstige toestand en om daagliks daarmee te leef, kan baie uitdagend1 wees. ’n Deel van die uitdaging is weens die feit dat die bestuur van diabetes grootliks in jou eie hande rus en die blote idee daarvan kan oorweldigend wees. Haal diep asem en pak dit rustig en kalm aan. Gun jouself tyd en onthou dat klein, positiewe stappe elke dag op die lang duur ’n verskil sal maak. Hier is paar maniere om jou te help om selfbestuur-praktyke te implementeer en toe te pas.
Hoe om selfbestuur te begin
Wanneer jy gediagnoseer word, is dit ideaal om toegang tot ’n span gesondheidsorgkundiges te hê soos die dokter wat jou behandel, ’n diabetesopvoedkundige of -afrigter en moontlik ook ’n dieetkundige. Maar almal het ongelukkig nie altyd toegang tot verskeie gesondheidsorgkundiges nie en konsultasietyd saam met ’n dokter is beperk. In die begin kan jy oorlaai voel met inligting oor wat om te eet, hoe om te oefen, wanneer om jou medikasie te neem en hoe om bloedsuiker vlakke te toets. Terminologie soos HbA1c, hiperglukemie, hipoglukemie, glukemiese beheer ensomeer. kan jou verwar.
Om jou te help om sin te maak uit alles, het diabetesopvoedkundiges ’n paar sleutelareas ontwikkel waarop jy kan fokus1.
1. Gesonde eetgewoontes
As jy met diabetes gediagnoseer is, beteken dit nie jy moet jou gunstelingkosse vir altyd vaarwel roep nie. Jy sal mettertyd en deur ervaring leer hoe verskillende kossoorte jou bloedsuiker beïnvloed. Jy moet gereelde maaltye eet en koskeuses maak wat jou diabetes beter beheer. Werk saam met ’n dieetkundige of diabetesopvoeder om ’n gesonde, gebalanseerde eetplan te ontwikkel wat by jou leefstyl pas. Onthou dit is oukei om jouself af en toe te bederf. Jy kan ook die Accu-Chek-webtuiste besoek en Accu-Chek portion plate– aflaai wat jou sal help met praktiese wenke oor gesonde eetgewoontes.
2. Wees aktief
Riglyne vir die bestuur van tipe 2-diabetes verwys na studies wat bewys het dat gereelde fisieke aktiwiteit ’n merkbare uitwerking op bloedsuikervlakbeheer het, kardiovaskulêre risikofaktore verlaag en ook chroniese medikasiedosisse2 kan verlaag. Gereelde fisieke aktiwiteite kan ook simptome van depressie verminder en kan ook jou gesondheidsverwante lewenskwaliteit2 verbeter. Probeer om ’n kombinasie van kardio- en weerstandsoefening in jou weeklikse oefenroetine in te sluit.
3. Selfmonitering van bloedglukose
Die internasionale diabetesfederasie (IDF) beveel selfmonitering van bloedglukose aan as ’n effektiewe manier vir pasiënte met diabetes om meer te verstaan van hul toestand en die invloed van oefening, spanning, kos en medikasie op bloedsuikervlakke3. Vir selfmonitering van bloedglukose om effektief te wees, word jy aangeraai om gestruktureerde toetsing toe te pas met ’n hulpmiddel soos die Accu-Chek 360° 3-Day Profile Tool3. Gestruktureerde toetsing is toetsing op die regte tye, in die regte situasies en gereeld genoeg om bruikbare inligting3 te genereer. Bevestig met jou dokter of diabetesopvoedkundige wat jou individuele gestruktureerde selfmoniteringsbloedglukose-toetsplan is.
Nog ’n aspek wat jy met jou dokter moet ooreenkom, is wat die teikengebied vir jou bloedsuikervlakke is. Aan die begin kan dit dalk verwarrend wees om hierdie gebied te verstaan en te weet wat beskou word as buitengewoon, maar maak gebruik van ’n meter soos Accu-Chek Instant wat vir jou ’n ondersteuningshulpmiddel gee wat die teikengebiedaanwyser4 genoem word. ’n Studie wat op die teikengebiedaanwyser gedoen is, het getoon dat 94% van deelnemers aan die studie in staat was om maklik hul bloedsuikervlakwaardes te interpreteer deur gebruik te maak van die teikengebiedaanwyser. 94% van die deelnemers het ook gevoel dat die ondersteuningshulpmiddel hulle help om hul bloedsuikervlakwaardes met hul dokter4 te kan bespreek.
4. Neem medikasie
Jy gaan waarskynlik medikasie moet gebruik om jou bloedsuikervlakke (glukose) stabiel te hou. Diabetes kan jou risiko vir ander gesondheidsgevare verhoog, soos hart- of nierverwante probleme, so jy sal moontlik medikasie moet neem om daarmee ook te help1.
5. Probleemoplossing
Wanneer jy diabetes het, leer jy om vooruit te beplan om seker te maak jou bloedsuikervlakke word so ver moontlik beheer binne jou teikengebieddoelwitte – nie te hoog nie en nie te laag nie. Dinge verloop nie altyd volgens plan nie en ’n spanningsvolle dag by die kantoor of ’n onverwagse siekte kan jou bloedsuikervlakke in die verkeerde rigting laat gaan. Daar sal van tyd tot tyd sulke dae wees. Hier is ’n paar wenke om dit te hanteer1:
- Moenie te hard op jouself wees nie – Om diabetes te bestuur, beteken nie om “perfek” te wees nie.
- Dink na oor jou dag – Dink oor dit wat anders was en leer daaruit.
- Bespreek moontlike oplossings – Jy kan dit met jou dokter, jou diabetesopvoedkundige of selfs by jou diabetesgroep of aanlyn ondersteuningsgroep bespreek. Probeer om by sommige van die aanlyn diabetesgemeenskappe aan te sluit soos die Accu-Chek Facebook-bladsye wat meer as 148 000 lede het. Jy kan ook by AccuChekSubSahara se gesprekke aansluit.
Moenie toelaat dat diabetes jou en jou gesin aanvanklik onderkry nie. Daar sal ongetwyfeld makliker en moeiliker dae wees, maar gebruik al die ondersteuning en hulpmiddels wat jy kan kry. Jy sal mettertyd leer om jou diabetes effektief te bestuur. Maak seker dat jou vriende, familie en kollegas basiese inligting oor diabetes het om saam met jou die pad te stap.
Verwysings:
1. American Association of Diabetes Educators (AADE7) Self-Care Behaviours. [online] Available at: https://www.diabeteseducator.org/living-with-diabetes/aade7-self-care-behaviors [Accessed 19 February 2018]
2. 2017 SEMDSA Guidelines for the Management of Type 2 Diabetes
3. Adapted from The International Diabetes Federation. Guideline on Self-Monitoring of Blood Glucose in Non-Insulin Treated Type 2 Diabetes. 2009
4. Parkin CG et al. Use of an Integrated Tool for Interpretation of Blood Glucose Data Improves Correctness of Glycemic Risk Assessment in Individuals With Type 1 and Type 2 Diabetes. J Diabetes Sci & Technology. 2016; (11) : 74-82