Voel dit tans vir jou of jou hare deur die sewe maer jare gaan? Jou hare voel dalk vaal, dun en sonder die oemf wat daar eens was. Hoe meer jy weet oor die oorsake van haarverlies en verdunning, hoe beter sal jou vermoë wees om die maer jare in die vet jare om te skakel.
Jou haargroei is soos ‘n tuin. Wanneer die grond nie vrugbaar is nie en besoedel word deur eksterne faktore, sal plante nie kan groei of floreer nie. Net so, beinvloed die gesondheid van jou kopvel en haar follikiles die groei en algehele gesondheid van jou hare.
Haarverlies en hare wat verdun (alopecia) is ‘n algemene probleem wat beide mans en vrouens ervaar. Daar is meer oorsake vir alopecia as net oorerflike verdunning en manlike of vroulike haarverlies.
Die persentasie van mans wat merkbare haarverlies ervaar:
Sekere siektes kan ook haarverlies veroorsaak, insluitende: hipotireose, polisistiese ovarium (eierstok) sindroom, lupus en trichotillomania. Daar is ook medikasies en stowwe wat ‘n invloed op die gesondheid van jou hare het, soos antidepressante, bloed verdunners en anaboliese steroïedes.
Ander oorsake van haarverlies:
– Oorerflike haarverlies
– Fisiese of emosionele stres
– Swangerskap en vroulike hormone
– Te veel vitamien A
– Tekort aan proteine of vitamien B
– Die gebruik van die voorbehoed pil
– Outo-imuun verwante haarverlies
– Dramatiese gewigsverlies
– Chemoterapie
– Oor stilering
– Anemie (gebrek aan yster)
– Veroudering
Haarverlies is oral oor bekend as iets wat met mans gebeur, maar dit kom net so algemeen voor by vrouens.
80% van vrouens ervaar merkbare haarverlies of verdunning teen die ouderdom van 60 jaar.
Alhoewel daaglikse haarverlies normaal is, moet jy ‘n dermatoloog raadpleeg vir diagnose en behandeling wanneer jy opmerk dat jou hare in groot hoeveelhede uitval wanneer jy dit kam of as jou hare aansienlik dunner word.
Die Prosana® Serum vir haarverlies is effektief vir die gebruik teen verdunning om sodoende haarverlies te voorkom en jou hare te versterk van die wortel af. Die serum bevat kliniese beproefde Procapil™ as die hoof bestandeel. Procapil™ is ‘n kombinasie van Biotinyl-GHK (‘n haargroei stimulant); sitrus en olyf-boom blare.
Gedurende ‘n 14-dag kliniese proef het die bestandele die volgende resultate opgelewer, dit het:
– die dikte van die wortel skede verbeter
– die herstel weefsel met meer as 100% geaktiveer
– haargroei gestimuleer, en
– die veroudering van die haar follikiles voorkom om verdere haarverlies te hinder
Boonop die bogenoemde, werk die olyf-boom blare saam om die ensieme wat manlike blesheid (male pattern baldness) veroorsaak, te verminder.
Die serum word op die kopvel aangewend en liggies met jou vingerpunte gemasseer, sonder om dit af te spoel. Gebruik Prosana® Haar Serum en kry jou hare uit die sewe maer jare uit en laat dit floreer.
Vir meer inligting oor die Prosana® se Serum of Procapil, stuur ‘n epos aan info@peppina.co.za of besoek die Prosana Facebook blad: www.facebook.com/ProsanaHairandNail