’n Ma en vrou se rol in die huis is belangrik vir die algehele welstand van elke gesinslid. Volgens Statistiek Suid-Afrika is diabetes die grootste oorsaak van sterfgevalle onder vroue in 2016 (1). Wanneer ’n gesin en familie sonder ma’s moet voortgaan, plaas dit ’n enorme emosionele, fisieke en ekonomiese las op elkeen wat agterbly.

Promosie

Mawees en vrouwees is ’n onbaatsugtige rol wat vroue met groot liefde en selfopoffering vertrolk. Ma’s skep vir hul gesinne ’n omgewing waarin elke gesinslid kan tuis voel en floreer. Diabetes het teen ’n ontstellende tempo begin toeneem en navorsing het bewys dat die meerderheid gevalle van tipe 2-diabetes voorkom kon word deur die toepassing van ’n gesonder leefstyl (2). Vroue kan almal in die gesin aanmoedig tot ’n meer gesonde leefstyl wat nie net vir hul kinders nie, maar ook vir toekomstige generasies tot voordeel kan wees.

Wenke vir gesonde leefstylaanpassings:
• Dit is belangrik om gesonde kos aan te koop en nie voortdurend verskeie ongesonde lekkernye in die kaste en yskas te hê nie.
• Probeer so ver moontlik by vaste etenstye hou, dit help elke gesinslid om in die roetine te kom en daar te bly.
• Beheer jul kosporsies deur net die regte hoeveelheid kos te maak sodat daar nie die versoeking van ’n tweede of derde borde kos is nie. (Tensy julle van die oorskietkos inpak werk toe of skool toe.)
• Beplan vooruit. Wanneer krisisse opduik, gryp ’n mens vinnig na kitsoplossings. Die kinders kan die aand voor die tyd help om elke lid van die gesin se kospakkie te pak. Sit reeds die vrugte en waterbottels reg vir die volgende dag.
• Probeer om saans ’n ligte maaltyd te eet en eet vroeër in die aand indien moontlik.

Risiko-faktore van tipe 2-diabetes om in gedagte te hou (2):
• Gebrek aan fisieke aktiwiteit
• Vetsug
• Insulienweerstandigheid
• Swak dieet
• ’n Familiegeskiedenis van diabetes
• Bevolkingsgroep
• Hoë ouderdom
• Hoë bloeddruk (Hipertensie)

Promosie

Gesonde peuselhappies vir kinders
• Maak gesonde vrugte-en-neut-stafies van ongesoute en suikerlose grondboontjiebotter.
• Rou vrugte en groente bly bobaas. Wortelstokkies en komkommerstukke werk goed in ’n kosblik saam met ’n kekerertjiedoopsous (hummus).
• Koop volgraan- of saadbrood. Daar is verskeie gesonde opsies op die mark wat lae gi, rogbrood en selfs kilojoulebeheerde brood insluit.
• Ongesoute neute of maer biltong (soos wildsbiltong) is ideaal om die hongerpyne tussenin te stil.
• Wit kaaswiggies in matige porsies is ’n lekker vullende peuselhappie. Vermy geprosesseerde kaas en produkte.
• Bly so ver moontlik weg van gaskoeldrank, vrugtesap en versoete ystee. Gegeurde water wat jy self maak is ’n baie gesonder opsie en veral verfrissend in die somer langs die sportveld.

Hou bene, hou!
• Baie dorpe en stede in Suid-Afrika het Saterdae ’n pretdraf of pretstap van 5 km. Maak daarvan ’n gesinsuitstappie. Later kan julle dit meer keer per week probeer doen.
• Doen aktiwiteite wat by julle gesin pas. Gaan ry saam fiets of stap om die blok in jul woonbuurt.
• Doen oefeninge in die gemak van jul eie huis. Julle het geen duur toerusting nodig nie. Dit kan groot pret wees as almal saam in die televisiekamer oefeninge doen.

As daar in die huis ’n ingesteldheid van ’n gesonde leefstyl geskep word, sal elkeen in die gesin sy deel doen om daartoe by te dra. Moenie jou rol as vrou onderskat om jou gesinslede te beïnvloed nie, neem vandag daardie verantwoordelikheid in die stryd teen diabetes.

Vir meer inligting, besoek www.accu-chek.co.za

Artikel deur: Lize Groenewald

Call Toll Free: 080-34-22-38-37 (South Africa only)
Visit the Accu-Chek website at: www.accu-chek.co.za
Roche Diabetes Care South Africa (Pty) Ltd. Hertford Office Park
Building E, 90 Bekker Road, Midrand 1686

Accu-Chek is a trademark of Roche. © 2018 Roche Diabetes Care.
CON180701

References:
1. Mortality and causes of death in South Africa: www.statssa.gov.za
2. 2017 SEMDSA Guidelines for the Management of Type 2 Diabetes