Verantwoordelike voorsorg begin by bevrugting, deur seker te maak jy neem nie nadelige medikasie in wat heel moontlik die vorming van tande in die baarmoeder kan beïnvloed nie.
Om jou mond voldoende te versorg, word aanbeveel dat jy tydens swangerskap driemaandeliks ’n mondhigiënis besoek. Só verseker jy dat jou mondhigiëne-roetine voldoende is en die regte aanvullings geneem word om die sagte weefsel gesond te hou. Periodontitis (tandvleisontsteking) word aan premature geboorte gekoppel. Gedurende swangerskap word aanbeveel dat geen groot mondelinge prosedures uitgevoer word nie.
Sodra die baba gebore is, moet ’n daaglikse tandheelkundige roetine ingestel word. Maak gebruik van tandheelkundige lappies en vee die mondholtes van jou baba uit, selfs al is geen tande in die mondholte teenwoordig nie.
Tandekry-probleme kan ’n groot kopseer wees. Die verkryging van ’n betroubare tandejel soos Pansoral, kan help dat ouers ’n goeie nagrus inkry en bystand lewer vir babas deur hierdie moeilike tyd. Pansoral bevat natuurlike produkte wat direk afkomstig is van God se apteek.
Wanneer die eerste tandjies verskyn, maak gebruik van vingerborsels wat met Xylito bedek is om die baba se tande te borsel. Volg hierdie roetine soggens en saans. Tandeborsel saans is die belangrikste want anders sal die bakterieë wat in die klein sakkies rondom elke tand lewe ’n nag se onbelemmerde voeding verkry – sagte weefsel word dan beskadig, sowel as die omliggende beenstruktuur wat die tande vasanker aan die been.
Teen die ouderdom van twee behoort ouers oor te skakel na ’n gepaste tandepasta soos Elgydium® Kids Toothpaste vir hul kinders. Dit is geskik vir kinders van twee tot ses jaar oud, met die korrekte hoeveelheid fluoried vir ’n kleuter. Teen dié tyd kan ’n kleuter saam met sy ouers na mondhigiënis-afsprake gaan. Dit help hulle om gewoond te raak aan die hoë toonhoogte en geraas van die ultrasoniese skoonmaker en al die ander vreemde geluide.
Maak altyd seker die tandepasta is geskik vir die betrokke kind se ouderdom met die regte hoeveelheid fluoried. Elgydium® Junior Tandepasta is geskik vir kinders van sewe tot twaalf jaar oud. Kinders onder twaalf jaar oud mag nie tandepasta vir volwassenes gebruik nie, want die fluoriedinhoud is te hoog.
Vir meer inligting, kontak gerus jou naaste mondhigiënis.
Stella Lamprecht. Dip OH Expanded Functions, Universiteit van Pretoria
Onafhanklike praktisyn. Stella1805@gmail.com
Artikel deur Stella Lamprecht