Welkom by # 7  in ons reeks van ULTIMATE Date Nights!

Met trots aan jou gebring deur Climux VitaleFemme en Climux VitaleMen! Skryf ook in vir hul kompetisie aan die einde van hierdie artikel!

Het jy dalk verlede week se date night gemis? Moenie bekommerd wees nie, hier is die skakel: https://intiem.co.za/ultimate-date-night-nr6/

Op hierdie bladsy:

  1. Ultimate Date Night # 7 OPSIE 1
  2. Ultimate Date Night # 7 OPSIE 2
  3. Nagereg
  4. WitWarmWenk en Climux Hulpmiddel
  5. Wen R1000 vir jou volgende Date Night!

BELANGRIK: Date nights verg beplanning. Tyd. Commitment. Onthou jy die dae toe jy en jou maat nog “geflirt” het? (ons hoop julle doen dit steeds!). Jy het tog sekerlik nie direk van die werk af op jou date gegaan nie? Nee! Daar het baie beplanning ingegaan… en jy het ook seker gemaak dat jy self ook ekstra lekker ruik, lyk en voel!

Die voorbereiding:

  1. Kies ‘n spesifieke aand uit en skryf dit in jul dagboeke.
  2. Reel dat die kinders uitslaap indien moontlik, of ten minste by maatjies gaan speel vir ‘n (lang) rukkie!

1. Ultimate Date Night # 7 OPSIE 1

‘n Lessie vir  Twee…

Hierdie week se “date night” is ‘n geleentheid vir julle om saam iets nuuts te leer. Sit steeds ‘n aand opsy, maar krul onder ‘n lekker warm kombers op, met ‘n laptop op die skoot of ‘n selfoon in die hand. Nou begin die navorsing! Gaan op Facebook groepe in jul omgewing of soek op Google rond – kyk watter klasse / lesse word aangebied. Hou aan soek tot julle een kry waarvan julle albei hou – en skryf dan in daarvoor! Dit kan enige iets wees soos bv. kooklesse, karate, scrapbooking ens. Probeer iets kies wat nie een van julle gaan “voortrek” nie. Bv, as vroulief ‘n professionele chef is, moenie ‘n  kookklas gaan doen nie, en as manlief die beste DIY persoon Suid van die Sahara is, moenie inskryf vir ‘n klas om ‘n voëlhokkie uit hout te bou nie. Dink aan iets wat julle albei uit jul gemaksone gaan kry – al is dit iets so eenvoudigs soos ‘n “line dancing” les… of ‘n koekie-versier klas!

2. Ultimate Date Night # 7 OPSIE 2

Say cheese!!

Die week speel ons fotograaf-fotograaf! Het jy al ooit vir ‘n wildvreemde persoon gevra om ‘n foto van jou en manlief/vroulief te neem? Indien nie, is dit nou jul kans! Ja, selfies is heerlik, maar daar is iets spesiaals daaraan om vir ‘n vreemde persoon te vra om ‘n oomblik van jul liefde vas te vang. En julle hoef ook nie te probeer onthou waar om nou eintlik te kyk vir die selfoon se selfie kameratjie nie – jy kan net daarop fokus om jou mooiste glimlag vir hierdie wildvreemde persoon uit te haal!  Vir hierdie “date” maak dit nie saak waarheen jul gaan nie, maak net seker jul kies ‘n plek waar daar nog mense is! Dalk ‘n piekniek in die botaniese tuine of in die plaaslike parkie? Maak ook seker dat die foto gedruk word en op die yskas kom.

3. Nagereg…

Handjies klap, koekies bak….

Maak ‘n groot hartkoekie vir mekaar. Versier dit met ‘n spesiale boodskap, ruil koekies uit, en voer mekaar! Ja, julle mag die bak uitlek… en mekaar se vingers aflek… Hoe dan nou anders?!

Sjokoladekoekies Resep Bestanddele:

  • 300 gram koekmeel
  • 25 gram kakao poeier
  • 250 gram botter
  • 175 gram strooisuiker
  • 1 eiergeel
  • 30 ml room
  • 80 gram versiersuiker
  1. Sif die kakao en meel saam.
  2. Room die suiker en botter saam.
  3. Klop die eiergeel saam met die room by die bottermengsel.
  4. Voeg dan nou ‘n derde van die meelmengsel by die bottermengsel en roer alles goed saam.
  5. Voeg die ander twee derdes by en roer alles goed.
  6. Nadat jy die deeg in kleefplastiek toegedraai het, verkoel dit dan in die yskas vir sowat 2 ure.
  7. Rol die deeguit, sny dit in 2 groot harte en pak dit op ‘n gesmeerde plaat.
  8. Bak die hart koekies vir 10-15minute teen 180grade C.
  9. Laat dit afkoel op die bakplaat.
  10. Meng die versiersuiker met 10 ml warm water.
  11. Skep die versiersuiker in ‘n versiersak en versier dan die koekies daarmee en laat dit dan stol.
  12. Smul lekker!

4.WitWarmWenk en Climux Hulpmiddel

#WitWarmWenk – ‘n Man soek respek. ‘n Vrou soek liefde. Moenie vasgevang word in die bose kringloop van “ek gee eers liefde as ek respek kry, of ek gee eers respek as ek liefde kry nie”. Breek die kringloop – oorlaai jou vrou met liefde, hanteer jou man met respek. Dit kan die wêreld se verskil in jul huwelik beteken!

#ClimuxKanHelp – Kort manlief bietjie woema?

Climux VitaleMen is ‘n daaglikse aanvulling, en nie net nog ‘n vitamienaanvulling nie. Dit kan help met die volgende:

  • Ondersteun gesonde vlakke van vrye testosteroon *
  • Bevorder seksuele begeerte en lewenskrag *
  • Verminder hersteltyd na seksuele aktiwiteit *
  • Ondersteun spiermassa *
  • Bevorder gesonde energievlakke *
  • Help om normale simptome van Andropause by mans ouer as 40 te verminder

Besoek www.climux.co.za vir meer info!

5. Wen R1000 vir jou volgende Date Night!

Climux VitaleFemme en Climux VitaleMen gee maandeliks R1000 kontant weg vir ‘n gelukkige paartjie! Gebruik die geld om jou date night ekstra spesiaal te maak! Sodra jy ingeskryf het, neem die webwerf jou outomaties na Climux se webwerf toe – loer gerus na al hul produkte!

Skryf hier in:

Wen R1000 met Climux