Welkom by # 11 in ons reeks van ULTIMATE Date Nights!
Met trots aan jou gebring deur Climux VitaleFemme en Climux VitaleMen! Skryf ook in vir hul kompetisie aan die einde van hierdie artikel!
Het jy dalk verlede week se date night gemis? Moenie bekommerd wees nie, hier is die skakel: https://intiem.co.za/ultimate-date-night-nr10
Op hierdie bladsy:
- Ultimate Date Night # 11 OPSIE 1
- Ultimate Date Night # 11 OPSIE 2
- Nagereg
- WitWarmWenk en Climux Hulpmiddel
- Wen R1000 vir jou volgende Date Night!
BELANGRIK: Date nights verg beplanning. Tyd. Commitment. Onthou jy die dae toe jy en jou maat nog “geflirt” het? (ons hoop julle doen dit steeds!). Jy het tog sekerlik nie direk van die werk af op jou date gegaan nie? Nee! Daar het baie beplanning ingegaan… en jy het ook seker gemaak dat jy self ook ekstra lekker ruik, lyk en voel!
Die voorbereiding:
- Kies ‘n spesifieke aand uit en skryf dit in jul dagboeke.
- Reel dat die kinders uitslaap indien moontlik, of ten minste by maatjies gaan speel vir ‘n (lang) rukkie!
1. Ultimate Date Night # 11 OPSIE 1
Gaan maak ‘n verskil…
Nee toemaar, jy hoef nie jou hande vuil te maak hierdie week en iewers te gaan werk nie… Gaan ondersteun hierdie week jou plaaslike restaurant… hulle het jou so nodig! Vat ‘n bederfpakkie saam vir jou kelner/kelnerin – pak ‘n mooi sakkie met ‘n sjokolade, dalk ‘n handeroom, ‘n lekkerruik kers… Die keuse is joune. Sit ook ‘n handgeskrewe briefie in wat sê: Dankie dat jy ons “date night” spesiaal gemaak het. En BESLUIT dan om ‘n lekker aand te hê. Hê so bietjie genade met jou kelner/kelnerin – gee sommer ‘n lekker ekstra groot fooitjie ook. Date nights hoef nie altyd ingewikkeld te wees nie… ‘n Lekker ete by ‘n restaurant, met die wete dat jy ‘n verskil maak, is soms genoeg! Onthou net, daar is ‘n aandklokreel, so maak seker julle gaan eet vroeg genoeg!
2. Ultimate Date Night # 11 OPSIE 2
Lag is die beste medisyne…
Daar is min dinge wat mens so goed laat voel as ‘n lekker lag-sessie nie…veral as jy dit saam met jou maat kan doen! Soek ‘n lekker komedie op YouTube en lag saam met jou maat tot die trane rol! Onthou die spookasem, springmielies en rooikoeldrank… hierdie week vergeet ons vir ‘n oomblik van alles wat om ons aangaan en ons fokus op die lekker-lag oomblikke!
3. Nagereg…
Weg met die klere… (hierdie kan sommer as ‘n “BONUS date night” gebruik word…._)
Ons weet dis bietjie koud op die oomblik, maar dalk kan dit julle huis help om innoverend te dink om mekaar warm te hou… Kies een aand hierdie week, en hou ‘n klerelose aand… Dis reg ja… Die oomblik wat julle by die huis kom, neem ‘n lekker warm bad… en die res van die aand mag daar geen klere betrokke wees nie! Gaan sit styf teen mekaar op die bank en kyk ‘n fliek… of maak saam kos… die keuse is julle s’n!
4.WitWarmWenk en Climux Hulpmiddel
#WitWarmWenk – Gee jouself tyd om “in die bui” te kom. Kenners meen dat dit tot 45 minute kan neem voor jy (veral dames) REGTIG op die punt is waar jy reg is vir ‘n stomende bedsessie. Moenie altyd so haastig wees nie! Voorspel hoef nie net in die kamer te gebeur nie… ‘n Paar suggestiewe opmerkings terwyl julle kos maak, of ‘n sagte aanraking op die regte tyd en plek, vorm ook deel van die aanloop…. En maak seker al jou sintuie is ook geaktiveer…. Kerse, beligting, reuke…
#ClimuxKanHelp – Kort manlief bietjie woema?
Climux VitaleMen is ‘n daaglikse aanvulling, en nie net nog ‘n vitamienaanvulling nie. Dit kan help met die volgende:
- Ondersteun gesonde vlakke van vrye testosteroon
- Bevorder seksuele begeerte en lewenskrag
- Verminder hersteltyd na seksuele aktiwiteit
- Ondersteun spiermassa
- Bevorder gesonde energievlakke
- Help om normale simptome van Andropause by mans ouer as 40 te verminder
Besoek www.climux.co.za vir meer info!
5. Wen R1000 vir jou volgende Date Night!
Climux VitaleFemme en Climux VitaleMen gee maandeliks R1000 kontant weg vir ‘n gelukkige paartjie! Gebruik die geld om jou date night ekstra spesiaal te maak! Sodra jy ingeskryf het, neem die webwerf jou outomaties na Climux se webwerf toe – loer gerus na al hul produkte!
Skryf hier in: