Welkom by # 9 in ons reeks van ULTIMATE Date Nights!
Met trots aan jou gebring deur Climux VitaleFemme en Climux VitaleMen! Skryf ook in vir hul kompetisie aan die einde van hierdie artikel!
Het jy dalk verlede week se date night gemis? Moenie bekommerd wees nie, hier is die skakel: https://intiem.co.za/ultimate-date-night-nr8
Op hierdie bladsy:
- Ultimate Date Night # 9 OPSIE 1
- Ultimate Date Night # 9 OPSIE 2
- Nagereg
- WitWarmWenk en Climux Hulpmiddel
- Wen R1000 vir jou volgende Date Night!
BELANGRIK: Date nights verg beplanning. Tyd. Commitment. Onthou jy die dae toe jy en jou maat nog “geflirt” het? (ons hoop julle doen dit steeds!). Jy het tog sekerlik nie direk van die werk af op jou date gegaan nie? Nee! Daar het baie beplanning ingegaan… en jy het ook seker gemaak dat jy self ook ekstra lekker ruik, lyk en voel!
Die voorbereiding:
- Kies ‘n spesifieke aand uit en skryf dit in jul dagboeke.
- Reel dat die kinders uitslaap indien moontlik, of ten minste by maatjies gaan speel vir ‘n (lang) rukkie!
1. Ultimate Date Night # 9 OPSIE 1
Spa dag!
Ons is terug op vlak 4 van grendeltyd en dis ‘n goeie verskoning om by die huis te bly… maar nie om “date night” af te skeep nie! Die week gaan ons ‘n spa-dag by die huis hou! Jy behoort baie van die items in jul badkamerkassie te hê, maar anders kan jy op een van jou gunsteling aanlyn portale so paar goedjies bestel en laat aflewer… Onthou die kerse, masseerolie en gesigmaskers (nee, nie die covid tipe masker nie….). Bederf mekaar van kop tot toon! Begin met ‘n gesigmasker en kopmassering, ‘n mani en pedi, ‘n lekker voetbederf… Julle kan self besluit hoe gewaagd julle spa is… Veral as dit by die vollyfmasserings vir die seer spiere kom. Onthou, elkeen moet ewe veel bederf word! So laat manlief bv eerste vir vroulief ‘n gesigmasker aansit, dan is dit vroulief se beurt om manlief s’n aan te sit. Werk so deur die lysie… van koop tot toon…
2. Ultimate Date Night # 9 OPSIE 2
Vier jul gunsteling “geleentheid”.
Is julle mal oor Valentynsdag? Kersfees? Paasfees? Moedersdag? Kies ‘n dag en vier dit! Bv, as julle weer Valentynsdag vier, beplan ‘n romantiese aand met sjokolade, kerse en ‘n lekker fliek. Trek rooi aan… en onthou die verleidelike onderklere. Is julle lus vir Kersfees in Junie? Slaan die Kersboom op, en draai vir mekaar geskenkies toe. Of vier sommer julle huweliksherdenking… Hierdie is ‘n geleentheid om lekker kreatief te dink en te doen net waarvoor julle lus is!
3. Nagereg…
Roomys in die winter….
Daar is iets sensueel aan roomys… Hierdie week ontwerp julle jul eie “Sundaes”. Wees kreatief met verskillende kombinasies – smarties, aarbeie, sjokolade, dalk so bietjie likeur… Rond dit af met ‘n lekker “flake” en gaan eet dit in die bed….Lepels is natuurlik opsioneel…
4.WitWarmWenk en Climux Hulpmiddel
#WitWarmWenk – Moenie so vasgevang wees in die hede, dat julle die spesiale oomblikke in julle verlede heeltemal vergeet nie. Gaan haal so nou en dan jul ou foto-albums uit en blaai daardeur. Of hou ‘n foto-aand met al die fotos op jul selfone. Die lewe is so gejaagd – soms moet ons tyd maak om stil te staan by ‘n spesifieke herinnering en dit net weer van voor af beleef en waardeer.
#ClimuxKanHelp – Daar is wonderlike produkte op die mark wat jou kan help om beter seksuele prestasie te ervaar…
Indien jy of manlief bietjie ekstra energie benodig, is die CLIMUX reeks van produkte daar om te help! CLIMUX Vitalemen gaan hom help met meer energie, beter seksuele prestasie en lewenskrag (KLIEK HIER: https://climux.co.za/products/for-men/vitalemen/) en vir haar is daar CLIMUX Vitalefemme – ‘n aanvulling wat op elke vrou se inkopielysie moet wees… Dis ‘n unieke produk wat ook jou seksuele prestasie en libido kan verbeter. (KLIEK HIER:https://climux.co.za/products/for-women/vitalefemme/). Die produkte is ook beskikbaar by jou naaste DisChem!
Besoek www.climux.co.za vir die volle produkreeks!
5. Wen R1000 vir jou volgende Date Night!
Climux VitaleFemme en Climux VitaleMen gee maandeliks R1000 kontant weg vir ‘n gelukkige paartjie! Gebruik die geld om jou date night ekstra spesiaal te maak! Sodra jy ingeskryf het, neem die webwerf jou outomaties na Climux se webwerf toe – loer gerus na al hul produkte!
Skryf hier in: