Welkom by # 6 in ons reeks van ULTIMATE Date Nights!

Met trots aan jou gebring deur Climux VitaleFemme en Climux VitaleMen! Skryf ook in vir hul kompetisie aan die einde van hierdie artikel!

Het jy dalk verlede week se date night gemis? Moenie bekommerd wees nie, hier is die skakel: https://intiem.co.za/ultimate-date-night-nr5/

Op hierdie bladsy:

  1. Ultimate Date Night # 6 OPSIE 1
  2. Ultimate Date Night # 6 OPSIE 2
  3. Nagereg
  4. WitWarmWenk en Climux Hulpmiddel
  5. Wen R1000 vir jou volgende Date Night!

BELANGRIK: Date nights verg beplanning. Tyd. Commitment. Onthou jy die dae toe jy en jou maat nog “geflirt” het? (ons hoop julle doen dit steeds!). Jy het tog sekerlik nie direk van die werk af op jou date gegaan nie? Nee! Daar het baie beplanning ingegaan… en jy het ook seker gemaak dat jy self ook ekstra lekker ruik, lyk en voel!

Die voorbereiding:

  1. Kies ‘n spesifieke aand uit en skryf dit in jul dagboeke.
  2. Reel dat die kinders uitslaap indien moontlik, of ten minste by maatjies gaan speel vir ‘n (lang) rukkie!

1. Ultimate Date Night # 6 OPSIE 1

Sonsondergang of sonsopkoms?

Wanneer laas het jy en jou manlief/vroulief saam die son sien opkom? Of saam sien sak? Stel die wekker een oggend bietjie vroeër en sit iewers saam met jou maat waar julle die son kan sien opkom oor die dorp/stad. Of ry iewers heen en gaan kyk hoe die son sak. (Kies asseblief tog net ‘n veilige plek!) Onthou om ‘n fles koffie ook saam te vat! Neem jul selfone saam en neem ‘n paar “selfies” met die son in die agtergrond. Laat die fotos “print” en plak dit op jul yskas!

2. Ultimate Date Night # 6 OPSIE 2

Volg my….

Dames, hierdie week se “date night” gaan jy manlief bietjie “terg”… Met die “self-timer” op jou foon of kamera, neem ‘n paar foto’s wat wissel van ten volle geklee tot net in jou onderklere en druk dit op gewone papier uit by die huis. As jy bietjie kamera sku is/verkies om dit meer konserwatief te hou, kan die laaste foto van jou wees geklee in jou kamerjas met jou hand op die gordel (gereed om dit los te maak)! Bind dan ‘n toutjie deur die huis van die voordeur tot by die slaapkamerdeur en pen jou foto’s in volgorde van vol geklee tot die laaste foto aan die toutjie vas met wasgoedpennetjies… en op die eerste foto plak jy ‘n boodskappie wat sê: “Volg My … “. Manlief sal vreeslik nuuskierig wees om te sien wat vir hom wag agter die deur as hy die einde van die tou bereik! Dan is dit jou beurt om manlief bietjie te bederf in die slaapkamer (sonder die kamerjas aan). Indien jy nie tou het nie, begin met een foto op die voordeur en ‘n nota “volgende leidraad is op die yskas”. Plak dan die volgende foto op die yskas met ‘n briefie “volgende leidraad is op die tv” en so aan… Laaste leidraad is dan “jou verrassing wag in die skaapkamer”…

3. Nagereg…

As julle opsie 2 hierbo gekies het, sal julle hierdie nagereg moet bêre vir ‘n ander aand…

Smarties vir nagereg!

Vir hierdie week se “date night” het julle ‘n boksie Smarties nodig. Jy en jou maat moet elk klere aantrek wat ooreenstem met die verskillende kleure Smarties in ‘n boksie (maak nie saak wat jul kies/aantrek, solank dit ooreenstem met die verskillende kleure Smarties), bv.’n rooi trui, geel sokkies, bruin hoed, groen leggings … en jy hoef nie elke kleur te gebruik nie, solank die kleure voorkom in die Smarties boksie! En jy kan soveel of so min kledingstukke dra as wat jy wil. Neem beurte om ‘n Smartie uit die boksie te haal. Gestel jy het ‘n geel Smartie uitgehaal, dan beteken dit dat as jou maat iets geel dra, moet hy/sy ‘n geel kledingstuk uittrek (en so gaan dit aan vir elke kleur). So daar het jy dit! Speel die speletjie tot die Smarties klaar
is, of julle albei niks klere meer aanhet nie. Daarna kan dinge mos lekker warm raak… (As daar nog Smarties oor is, gebruik dit sommer as ‘body paint’…)

4.WitWarmWenk en Climux Hulpmiddel

#WitWarmWenk – Moenie altyd alles beplan nie. Spontaniteit is “sexy”! ‘n Terloopse knyp op die boud terwyl julle by vriende kuier, of ‘n intieme aanraking onder die tafel by jul gunsteling restaurant is ook alles deel van voorspel….

#ClimuxKanHelp – Intieme higiëne is baie, baie belangrik!

Om seker te maak jy is altyd VARS, sorg dat daar altyd van Climux se INTIMATE reeks in jou badkamerkassie is…. Kliek hier vir meer info!

Besoek www.climux.co.za vir die volle produkreeks!

5. Wen R1000 vir jou volgende Date Night!

Climux VitaleFemme en Climux VitaleMen gee maandeliks R1000 kontant weg vir ‘n gelukkige paartjie! Gebruik die geld om jou date night ekstra spesiaal te maak! Sodra jy ingeskryf het, neem die webwerf jou outomaties na Climux se webwerf toe – loer gerus na al hul produkte!

Skryf hier in:

Wen R1000 met Climux