In hul nuutste boeke, Lewensgids vir vroue en Lewensgids vir mans, gesels die Christelike egpaar Heinz en Aletté-Johanni Winckler met hul lesers soos ’n goeie vriend of vriendin oor geloof, verhoudings, finansies, die huwelik, werk, identiteit, ouerskap en die dinamika tussen gesinslede. Die inhoud neem eietydse mans en vroue se leefstyl en situasies in ag en is ’n wonderlike gids vir elke fase van ’n man en vrou se lewe.

Die gidse is geskryf vanuit ’n vars, nuwe perspektief en bied geestelike en praktiese wysheid en raad wat aanklank by mans en vroue van alle ouderdomme sal vind. Die boodskappe in hierdie lewensgidse is gegrond op wat die Woord sê oor ’n wye verskeidenheid van onderwerpe en uitdagings in mans en vroue se daaglikse lewens.

Lewensgids vir vroue en Lewensgids vir mans is ’n ideale geskenk vir ’n Christelike paartjie, maar selfs adolessente, studente, verloofdes, pasgetroudes, vriende en vriendinne, broers en susters, eggenote en mense met volwasse kinders sal daarby baatvind.

Besoek gerus ons webtuiste hier, of maak ’n draai by jou naaste boekwinkel en kry jóú gids.

Al die LUCA-skakels op een plek: