Geborg deur Prostavor
Prostaatkanker is nie net iets wat met “ander mense” gebeur nie! Met ‘n risiko van 1 uit 14 ouer mans, is dit regtig nie iets waarmee jy kan speel nie!
Die prostaat is ‘n okkerneut-grootte klier onder ‘n man se blaas. Die prostaat vou om die uretra (die buis wat urine van die blaas uit die liggaam vervoer). Beide ‘n nie-kwaadaardige prostaat hiperplasie (of ‘n vergrote prostaat in gewone Afrikaans!) en prostaatkanker beïnvloed die prostaatklier en lei tot ‘n vergrote prostaatklier. ‘n Vergrote prostaat is egter nie kanker nie, en kan nie versprei nie. Prostaatkanker kan na ander dele van jou liggaam versprei.
Beide ‘n vergrote prostaat en prostaatkanker is algemeen. Ongeveer 1 uit elke 8 mans sal met prostaatkanker gediagnoseer word, en 1 uit elke 2 mans in hul 50’s sal ‘n vergrote prostaat hê. Verder het ‘n vergrote prostaat en prostaatkanker baie soortgelyke simptome, daarom is dit soms moeilik om die twee toestande van mekaar te onderskei.
Soos die prostaat om enige rede groei, druk dit die uretra toe. Hierdie druk verhoed dat urine in jou uretra af en uit jou liggaam kom. Prostaatkanker simptome begin dikwels nie voordat die kanker groot genoeg geword het om druk op die uretra te plaas nie.
Dus – die eenvoudige verskil is dat beide toestande druk op die uretra, maar prostaatkanker se druk word veroorsaak as gevolg van die groeiende kanker en ‘n vergrote prostaat as gevolg van die “swelling” van die prostaat.
Simptome waarvoor jy moet uitkyk sluit die volgende in:
- Jou blaas voel nooit leeg nie.
- ‘n Dringende behoefte om te urineer.
- Jou blaas drup nadat jy ‘n draai geloop het.
- Verlaagde libido.
- Verlaagde energievlakke.
- Gereelde nagtelike badkamerbesoeke.
- Ongemak of sukkel om te urineer.
Simptome van prostaatkanker:
Simptome van prostaatkanker sluit al die bogenoemde in, maar dikwels is die volgende bykomende simptome ‘n aanduiding van prostaatkanker en nie van ‘n vergrote prostaat nie:
- bloed in urine
- bloed in semen
Wat veroorsaak hierdie toestande?
‘n Man se prostaat groei natuurlik soos hy ouer word. Alhoewel die presiese rede hiervoor onbekend is, speel veranderende hormoonvlakke waarskynlik ‘n rol.
Alle kanker begin wanneer selle buite beheer begin vermeerder. Kanker word veroorsaak deur veranderinge aan DNA, die genetiese materiaal wat selgroei beheer.
Die risiko tot prostaatkanker of ‘n vergrote prostaat, vermeerder soos jy ouer word. Albei toestande is skaars by mans onder die ouderdom van 40. Hormonale veranderinge speel ‘n rol in die ontwikkeling van ‘n vergrote prostaat, as gevolg van dalende testosteroonvlakke namate mans ouer word. Mense met diabetes of hartsiektes se risiko is ook groter.
‘n Paar ander faktore kan jou risiko vir ‘n vergrote prostaat en prostaatkanker verhoog, insluitend:
- Jou familiegeskiedenis: Jy is meer geneig om prostaatprobleme of prostaatkanker te kry as ‘n manlike familielid dit reeds het. As jou pa of broer prostaatkanker gehad het, word jou risiko om die siekte te kry, nog hoër. Interessant genoeg toon navorsing ook dat die voorkoms van prostaatkanker hoër is by mans wie se moeders/oumas borskanker gehad het.
- Jou gewig: Vetsug verhoog jou risiko vir prostaatprobleme. Dit is nie duidelik hoe gewig prostaatkanker beïnvloed nie, maar navorsing het ‘n korrelasie getoon tussen vetsug en prostaatprobleme.
Hoe word prostaatkanker gediagnoseer:
1ste stadium sifting:
– Prostaatspesifieke antigeentoets (PSA). Dit is ‘n bloedtoets wat PSA opspoor, ‘n proteïen wat slegs deur die prostaat gemaak word. ’n Vergrote prostaat produseer meer van hierdie proteïen soos dit groei. PSA-toetse het al duisende (indien nie miljoene!) lewens gered!
– Rektale ondersoek: ‘n Dokter sal ‘n gesmeerde vinger (in ‘n handskoen) in die pasiënt se rektum steek om te voel of die prostaat vergroot of abnormaal gevorm is.
BONUS! Doen gedurende Junie maand ‘n GRATIS Prostavor® prostaatkanker-siftingstoets toets by enige Arrie Nel, Local Choice of Alpha Pharm apteek, of betaal R75 by jou naaste Clicks kliniek. En die BESTE van alles is… Hierdie is ‘n vingerprik toetsie! Daarsy manne, daar waai al die verskonings nou by die deur uit! Jou gesondheid, jou verantwoordelikheid! Gryp jou karsleutels en doen dit sommer vandag nog!
2de stadium sifting:
– Sodra die 1ste stadium sifting die moontlikheid van kwaadaardige selle of abnormaliteite aangedui het, sal die pasiënt gestuur word om ‘n ultraklank te ondergaan om kankerselle of groeisels op te spoor, of alternatiewelik sal die pasiënt ‘n biopsie ondergaan waartydens ‘n monster van prostaatweefsel mikroskopies ondersoek word.
Hoe word prostaatkanker behandel en wat is die oorlewingsyfers:
- Chirurgie: Die prostaatklier en sommige weefsel rondom dit word verwyder deur middel van ‘n prosedure wat ‘n radikale prostatektomie genoem word.
- Bestralingsterapie: Bestraling gebruik hoë-energie X-strale om prostaatkanker te vernietig. Dit kan plaasvind deur ‘n bestraling van buite, or deur klein radioaktiewe korrels of sade wat in jou prostaat geplaas word.
- Krioterapie: Hierdie behandeling gebruik intense koue om prostaatweefsel te vernietig.
- Hormoonterapie: Jy neem medisyne om die manlike hormone te blokkeer wat die groei van prostaatkanker aanwakker.
Die vooruitsigte vir prostaatkanker hang af van die stadium van jou kanker, of dit versprei het, en hoe ver. Wanneer jy ander faktore uitskakel wat nie met prostaatkanker verband hou nie, sal byna 100 persent van mans wat vir prostaatkanker gediagnoseer en behandel word, nog vyf jaar na behandeling leef en dikwels ten volle herstel. Dit is hoekom vroeë opsporing so belangrik is!
Hoe word ‘n vergrote prostaat behandel en wat is die vooruitsigte?
‘n Vergrote prostaat is nie ‘n dodelike toestand nie en die realiteit is dat alle mans op ‘n stadium gedurende hul leeftyd prostaatprobleme of -simptome sal ervaar soos dié hierbo gelys. In Suid-Afrika sal ongeveer 35% van mans bo die ouderdom van 40, 50% van mans bo die ouderdom van 50 en ongeveer 85% van mans bo 65 ligte tot ernstige simptome van ‘n vergrote prostaat ervaar.
Alhoewel ‘n vergrote prostaat nie genees kan word nie, is daar baie effektiewe behandeling beskikbaar!
Prostavor – Suid-Afrika se voorste natuurlike prostaatgesondheidsaanvulling sedert 2004! Prostavor® is ontwikkel om te help met die behandeling van simptome wat verband hou met nie-kwaadaardige prostaat hiperplasie, wat ook algemeen na verwys word as ‘n vergrote prostaat. Prostavor® bevat ‘n kragtige mengsel van klinies bestudeerde bestanddele, gekombineer met ‘n formulering wat die toets van die tyd deurstaan het. Prostavor® moet deurlopend gebruik word en nie net wanneer simptome opduik nie.
Prostavor verminder die simptome wat met ‘n vergrote prostaat geassosieer word deur kragtige antioksidante te verskaf, inflammasie te verminder en beide 5-Alfa Reduktase en Aromatase ensieme te blokkeer.
Prostavor® is beskikbaar sonder ‘n voorskrif by alle vooraanstaande apteke insluitend Clicks, Dischem, Arrie Nel, Local Choice, Alpha Pharm..
Prostavor® word aanbeveel as ‘n ondersteunende behandeling om algehele prostaatgesondheid te verbeter. Prostavor behandel of genees nie prostaatkanker nie en ons beveel aan dat mans bo die ouderdom van 40 hul gesondheidsorgwerker kontak vir ‘n jaarlikse prostaatkanker sifting. Bloed in die urine is nie ‘n tipiese simptoom van ‘n vergrote prostaat nie en moet onmiddellik by jou dokter aangemeld word.
ONTHOU! Doen gedurende Junie maand ‘n GRATIS Prostavor® prostaatkanker-siftingstoets toets by enige Arrie Nel, Local Choice of Alpha Pharm apteek, of betaal R75 by jou naaste Clicks kliniek. En die BESTE van alles is… Hierdie is ‘n vingerprik toetsie! Daarsy manne, daar waai al die verskonings nou by die deur uit! Jou gesondheid, jou verantwoordelikheid! Gryp jou karsleutels en doen dit sommer vandag nog!
#promosie #prostavor #prostaatkanker #mansgesondheidmaand