Welkom by # 1 in ons reeks van ULTIMATE Date Nights!

Met trots aan jou gebring deur Climux VitaleFemme en Climux VitaleMen! Skryf ook in vir hul kompetisie aan die einde van hierdie artikel!

Het jy geweet dat navorsing toon dat paartjies wat gereelde “date nights” hou, 3.5 keer gelukkiger is as paartjies wat nie gereeld vir mekaar kwaliteittyd inruim nie? En dat dit paartjies se kanse tot egskeiding met tussen 7% en 11% verminder?

Op hierdie bladsy:

  1. Ultimate Date Night # 1 OPSIE 1
  2. Ultimate Date Night # 1 OPSIE 2
  3. Nagereg
  4. WitWarmWenk en Climux Hulpmiddel
  5. Wen R1000 vir jou volgende Date Night!

BELANGRIK: Date nights verg beplanning. Tyd. Commitment. Onthou jy die dae toe jy en jou maat nog “geflirt” het? (ons hoop julle doen dit steeds!). Jy het tog sekerlik nie direk van die werk af op jou date gegaan nie? Nee! Daar het baie beplanning ingegaan… en jy het ook seker gemaak dat jy self ook ekstra lekker ruik, lyk en voel!

Vir hierdie date night benodig jy die volgende:

  1. ‘n Lekker skuimbad / badolie
  2. Kerse
  3. ‘n Bottel wyn (of jou keuse van drankies)
  4. Iets om aan te peusel (ons praat nie van aandete nie – dink aan sjokolade, aarbeie, roomys, vrugte, dalk ‘n kaas en beskuitjiebord…)
  5. ‘n Playlist met jul gunsteling musiek. Indien moontlik, sluit enige liedjies in wat deel vorm van jul storie. Dink bv aan jul elkeen se gunsteling liedjie, jul eerste dans s’n, of sommer net lekker nostalgiese romantiese musiek.
  6. ‘n Notaboek en pen
  7. ‘n Bottel spuitroom / lyfsjokolade

Die voorbereiding:

  1. Kies ‘n spesifieke aand uit en skryf dit in jul dagboeke.
  2. Reel dat die kinders uitslaap indien moontlik.
  3. Maak seker jy het al die items hierbo uiteengesit byderhand.

Stap 1: Neem ‘n heerlike skuimbad saam by kerslig. Julle mag glad nie oor werk, kinders of enige alledaagse takies gesels nie.

Stap 2: Trek julle pajamas aan. MAAR…onthou, julle is op ‘n date! Dit beteken geen flennie pj’s of broeke met gate in nie. Dink kant, satyn… En dalk ‘n warm japon – dis immers al Mei-maand! ULTIMATE date nights eindig (verkieslik) altyd met “nagereg”…So trek reg aan vir die geleentheid…

Stap 3: Pak jul eetgoed uit, gooi vir elkeen iets om te drink en gryp daardie notaboek en pen. Onthou die agtergrondmusiek!

Stap 4: Kies OPSIE 1 of OPSIE 2 hieronder… (julle kan altwee ook doen as julle wil, maar moenie dit afjaag nie!)

1. Ultimate Date Night # 1 OPSIE 1

Die week stel jy ‘n “bucket list” op saam met manlief/vroulief. ‘n “Bucket List” is ‘n lys van lewenservarings en doelstellings wat jy wil bereik voor jy die dag sterf. Maak ‘n lys van 10 (of meer!) dinge wat jy en jou maat SAAM wil doen – bv leer ‘n nuwe taal, vlieg in ‘n warmlugballon, hardloop ‘n marathon, reis oorsee ens. Moenie die lys iewers in ‘n laai wegsteek nie – plak dit agter jou badkamerdeur of op die yskas, en merk elke item af soos jul dit mettertyd afhandel!

2. Ultimate Date Night # 1 OPSIE 2

Soortgelyk aan Opsie 1, maar hierdie weergawe is baie meer sexy! Maak ‘n lys van posisies wat julle graag nog wil probeer… en dalk ook sommer ‘n lys van ongewone plekke! Dink verder ook aan items soos: ‘n Sensuele massering, leer belly dance, strip poker speel… Hierdie lys moet dalk nie op die yskas kom nie, maar eerder veilig in jul slaapkamer…

3. Nagereg…

Terwyl ons op die onderwerp van “lysies” is, het ons dit goedgedink om hierdie date night met ‘n lysie af te sluit… “Vertel” vir jou maat 3 dinge deur 3 van onderstaande soene te kies. Een soen deur manlief, een deur vroulief, maw 6 soene in totaal. Raak nou vir eers van daardie japonne ontslae en geniet mekaar! Dis dan natuurlik ook hier waar jy die bottel spuitroom of lyfsjokolade inspan soos en waar jy wil…

  • ‘n Soen op die oog –  “Ek voel naby jou.”
  • ‘n Soen op die pols – “Elke deel van jou is wonderlik.”
  • ‘n Soen op die voorkop – “Ek bewonder jou”.
  • ‘n Soen op die voorkop, terwyl albei jou hande op jou maat se wange is – “Ek sal altyd hier wees vir jou.”
  • ‘n Soen op die lippe, terwyl albei jou hande op jou maat se wange is – “Jy is myne en ek sal jou oppas met alles in my.”
  • ‘n Soen op die naeltjie – “Elke intieme oomblik saam met jou is vir my pret.”
  • ‘n Soen op die skouer – “Om naby jou te wees laat my goed voel.”
  • ‘n Soen op die boud – “Bedtyd!”
  • ‘n Soen in die nek – “Ek wil jou laat goed voel”.
  • ‘n Soen op die wang – “Ek voel gemaklik by jou”.
  • ‘n Franse soen – “Ek is baie baie baie lief vir jou”.
  • ‘n Soen op net jou maat se bolip (jy mag maar so effens knibbel) – “Ek is nou lus vir speel”.

4.WitWarmWenk en Climux Hulpmiddel

#WitWarmWenk – Ons weet almal is nie altyd “lus” nie… Maar daar is klein goedjies wat jy kan doen om jou libido aan te wakker! Elke keer wanneer julle soen hierdie week, kyk eers vir 3 sekondes in mekaar se oë. Dit doen wondere om daardie intimiteitsband tussen julle te versterk. Moet ook nie ‘n soen korter as 6 sekondes gee nie. Probeer dit die week, jy sal verbaas wees hoe so klein dingetjie, so groot verskil kan maak!

#ClimuxKanHelp – Kort manlief bietjie woema?

Climux VitaleMen is ‘n daaglikse aanvulling, en nie net nog ‘n vitamienaanvulling nie. Dit kan help met die volgende:

  • Ondersteun gesonde vlakke van vrye testosteroon *
  • Bevorder seksuele begeerte en lewenskrag *
  • Verminder hersteltyd na seksuele aktiwiteit *
  • Ondersteun spiermassa *
  • Bevorder gesonde energievlakke *
  • Help om normale simptome van Andropause by mans ouer as 40 te verminder

Besoek www.climux.co.za vir meer info!

5. Wen R1000 vir jou volgende Date Night!

Climux VitaleFemme en Climux VitaleMen gee maandeliks R1000 kontant weg vir ‘n gelukkige paartjie! Gebruik die geld om jou date night ekstra spesiaal te maak! Sodra jy ingeskryf het, neem die webwerf jou outomaties na Climux se webwerf toe – loer gerus na al hul produkte!

Skryf hier in:

Wen R1000 met Climux