RomanzaKlub is perfek vir toegewyde paartjies
Romanza publiseer liefdesverhale vir lesers wat glo in ewige en ware liefde met een ideale lewensmaat. Met Romanza-leesstof kan moderne paartjies romanse vir altyd laat blom en met Romanza se nuwe erotika reeks, Romanza Stoom, kan jy nou boonop die temperatuur in die slaapkamer verder opjaag. Sluit aan by RomanzaKlub vir spesiale korting en sodat jy nie uitmis op vier tot vyf Romanzas wat maandeliks verskyn nie. Dis ’n belegging in jou liefdeslewe!
’n Voorsmakie van wat op jou wag met die nuutste Romanzas
In Matrone op ’n Harley doen Charlotte Beyers aansoek vir ’n pos as matrone by Shalom Verpleegkundige Kliniek. Met die intrapslag spring sy en die baas van die kliniek op die verkeerde voet weg. Volgens hóm lyk sy nie soos wat ’n matrone behoort te lyk nie, en verál nie as sy op ’n Harley by die kliniek arriveer nie. Gaan Charlotte opgewasse wees teen die teëstand van die personeel, die antagonisme van haar hoofsuster en haar aantreklike baas wat emosies in haar ontketen?
Ou liefde roes nie, selfs nie eers op jou oudag nie. In Nuwe vlam vir Vincent ontdek Mara toe Vincent, vyftien jaar na hul egskeiding weer haar buurman word, dat die ou vonk onmiddellik terug is, maar so ook al die ou koeie uit die verlede. Wanneer sy pad weer met Mara kruis, besef hy dat hy nie ’n tweede kans op geluk wil verloor nie. Sal hul harte mekaar weer kan vind? Of het Mara haar hart vir ewig teenoor Vincent gesluit?
Die kontrak deur Erla-Mari Diedericks is die eerste titel in die Romanza Stoom-afdeling wat sorg vir vuurwarm tonele. Kort nadat haar verloofde haar met haar vrouebaas verkul het, ontmoet Marike die enigmatiese Brett. Brett is aantreklik, skatryk, en ’n beroemde draaiboekskrywer. Daar is net een probleem: Sy is met ’n kontrak aan hom verbind, een wat dit duidelik stel dat sy nie op hom verlief mag raak nie, maar dat sy mildelik vergoed sal word om sy minnares en muse te word. Hoe moeilik kan dit tog wees? Veral noudat sy besluit het om wild, wragtig en onafhanklik in die oomblik te leef.
Spesiale korting met RomanzaKlub
Romanza gee maandeliks vier romanses uit en een erotiese liefdesverhaal per kwartaal in die Romanza Stoom afdeling. Sluit aan by RomanzaKlub vir:
- 2 boeke teen R140 of
- 4 boeke teen R260.
Om van die korting gebruik te maak, klik hier en sluit aan by die klub.
Koop slegs die titel van jou keuse
As klubs nie in jou smaak val nie, kan jy ook slegs een titel op ’n slag aankoop. Klik hier om die Romanza van jou keuse te koop. Jy kan ook Romanzas by jou naaste boekwinkel koop, maar hierdie opsies is sonder die korting wat RomanzaKlub bied.
Al die Romanza skakels op een plek:
- RomanzaKlub: http://bit.ly/3IcF7Ow
- Romanza webtuiste en aankope: https://bit.ly/3XoPgvP
- Matrone op ’n Harley (sagteband): http://bit.ly/3UJW5bP
- Matrone op ’n Harley (e-boek): http://bit.ly/43iUv4i
- Nuwe vlam vir Vincent (sagteband): http://bit.ly/43tEAQI
- Nuwe vlam vir Vincent (e-boek): http://bit.ly/40ZAA8V
- Die kontrak (sagteband): http://bit.ly/3xc4tpl
- Die kontrak (e-boek): https://bit.ly/3xbDkCT
- Facebook: https://www.facebook.com/Romanza.klub/
- Instagram: https://www.instagram.com/romanza_lapa/
- TikTok: https://www.tiktok.com/@lapapublishers
- Registreer vir die Romanza Nuusbrief: https://bit.ly/3DmhFun