In vandag se tyd voel alles na ’n gejaag, dit word al hoe moeiliker om inspirasie en bemoediging te vind wanneer jou dae propvol is. LUCA bied leesstof vir lesers wat op soek is na nuwe inspirasie en bemoediging om weer ’n pad met die Here te stap. Lesers kan uitsien na opbouende en inspirerende boeke wat gesonde geestelike groei aanwakker. LUCA publiseer leesstof vir alle ouderdomme, van kinders tot volwassenes, met ’n wye verskeidenheid genres van fiksie tot niefiksie.

’n Voorsmakie van wat op jou wag uit die LUCA-stal:

Wanneer skaduwees kantel is die tweede boek in Elize Parker se nuwe reeks en word voorafgegaan deur die topverkoper, Stil vloei die Komati. Patriarg Tjaart van der Walt se verlede haal sy kleindogters ná sy dood in. ’n Gas daag onverwags by Lenore se bruilof op met skokkende nuus. Die persoon wil met ’n mynbaas saamspan om ’n steenkoolmyn in die Laeveld te vestig. Intussen tref die genadelose sikloon Dineo die naburige Mosambiek en duskant die grens ly die reservaat ook daaronder. Derduisende klimaatvlugtinge word blootgestel aan mensehandel en ontvoering in hul soeke na veiligheid. Só word die drie Van der Walt-niggies, Lenore, Tarien en Bella, meegesleur in ‘n gety van ontheemding, nuwe verhoudings, en die gruwel van bosslaghuise en dierevergrype.

Poskaarte van ’n reis is ’n keur van Jacqueline Leuvennink se rubrieke en artikels wat deur die jare in menige tydskrifte verskyn het. Jacqueline se fyn waarneming en vermoë om verwikkelde emosies en situasies in eenvoud te verwoord, laat die leser opnuut verwonderd oor die skoonheid van ons wêreld. Die skrywer nooi die leser om haar te vergesel op ver reise na interessante bestemmings en inspirerende ervarings.

Gebed maak dit moontlik om vrymoedig tot God te nader. Daar is tye wanneer ons graag ons harte na God wil wend, maar ons kan nie die regte woorde vind om ons gedagtes en gevoelens aan die Here oor te dra nie. In Gebed vir elke geleentheid het Hennie Maartens meer as 100 hartsgebede saamgevoeg in ’n unieke bundel. Die leser kan riglyne vind vir gebed om na die hemelse Vader uit te reik te midde van elke seisoen, situasie, lewensgebeurtenis of beproewing.

LUCA het ’n groot verskeidenheid boeke wat jou nuwe hoop en bemoediging sal gee. Besoek ons webtuiste hier, of maak ’n draai by jou naaste boekwinkel en vind inspirasie vir jou nuwe seisoen.

Al die LUCA-skakels op een plek:

#promosie