Welkom by # 10  in ons reeks van ULTIMATE Date Nights!

Met trots aan jou gebring deur Climux VitaleFemme en Climux VitaleMen! Skryf ook in vir hul kompetisie aan die einde van hierdie artikel!

Het jy dalk verlede week se date night gemis? Moenie bekommerd wees nie, hier is die skakel: https://intiem.co.za/ultimate-date-night-nr9

Op hierdie bladsy:

  1. Ultimate Date Night # 10 OPSIE 1
  2. Ultimate Date Night # 10 OPSIE 2
  3. Nagereg
  4. WitWarmWenk en Climux Hulpmiddel
  5. Wen R1000 vir jou volgende Date Night!

BELANGRIK: Date nights verg beplanning. Tyd. Commitment. Onthou jy die dae toe jy en jou maat nog “geflirt” het? (ons hoop julle doen dit steeds!). Jy het tog sekerlik nie direk van die werk af op jou date gegaan nie? Nee! Daar het baie beplanning ingegaan… en jy het ook seker gemaak dat jy self ook ekstra lekker ruik, lyk en voel!

Die voorbereiding:

  1. Kies ‘n spesifieke aand uit en skryf dit in jul dagboeke.
  2. Reel dat die kinders uitslaap indien moontlik, of ten minste by maatjies gaan speel vir ‘n (lang) rukkie!

1. Ultimate Date Night # 10 OPSIE 1

Bly by die huis…

Hou ‘n skattejag! Het julle ook donkerkamertjie gespeel toe julle klein was? En dit geniet om paaseiers te soek? En daardie opgewondenheid om na die geskenk onder die Kersboom te staar en te wonder – watter een is myne… en wat kry ek die jaar? Daar is iets opwindends aan die onbekende. Ons almal hou van verrassings… ons hou van nostalgie… Ons hou van die afwagting… Daarom is ons “date night” hierdie week ‘n skattejag! Maar natuurlik is daar ‘n (opionele) “twist” aan hierdie skattejag! Om te besluit wie die item wegsteek, kan julle “rock paper scissors” speel, of sommer net kop of stert met ‘n muntstuk. Indien vroulief wen, moet manlief in die badkamer gaan wag, terwyl vroulief haar skat wegsteek. Daar moet ten minste 5 leidrade wees wat manlief lei tot by die skat. Elke leidraad moet op ‘n papiertjie geskryf word – dink amper aan Amazing Race – sodra jy bv die papiertjie in die yskas ontdek het, is daar ‘n ander raaisel wat jou lei na die papiertjie in die motorhuis ens… Nou hier kom die twist… Julle speel met ‘n stophorlosie! Manlief het net 1 minuut om die volgende leidraad op te spoor. Indien hy dit binne een minuut vind, trek vroulief ‘n item klere uit. Indien hy dit nie binne een minuut vind nie, trek manlief ‘n item klere uit. So beweeg julle van leidraad tot leidraad, tot julle die weggesteekte skat aan die einde van die skattejag ontdek. Dink kreatief, en steek iets weg wat julle “date night” net nog lekkerder kan maak… Dalk ‘n bottel masseerolie? Of lyfsjokolade? Of ‘n romantiese dvd? Kies self, en wees kreatief!

2. Ultimate Date Night # 10 OPSIE 2

Bly (nogsteeds) by die huis…

Koop die grootste legkaart wat julle in die hande kan kry, en spandeer ‘n rustige aand by die huis – sommer voor die kaggel as julle een het. Gooi ‘n lekker glasie wyn, berei lekker vingerhappies voor, en kuier lekker saam… Moenie ophou voor die legkaart nie klaar is nie!

3. Nagereg…

Witwarm woorde…

Hierdie week speel ons ‘n speletjie… Daar is min dinge wat mens se hart so vinnig kan laat klop as wanneer jou maat vir jou vertel presies waarvan hy / sy hou… Hier is so paar sinne wat julle kan help – neem beurte om dit te voltooi!

  • Ek hou daarvan as jy…
  • Dit laat my hart vinniger klop as jy…
  • My gunsteling deel van jou lyf is…
  • My gunsteling tipe soen is…
  • Ek sal graag die volgende nog wil probeer…
  • Jy lyk vir my ongelooflik “sexy” wanneer jy…
  • Ek sal graag wil hê dat ons meer gereeld…
  • Dit laat my goed voel wanneer jy…
  • Jy laat my bloos wanneer jy…

4.WitWarmWenk en Climux Hulpmiddel

#WitWarmWenk – Moenie vergeet dat jul huis eintlik jul heel intiemste en ook jul veiligste plek is nie. Dis hier waar julle saam gesels, saam kuier, saam jul drome deel, saam jul kinders grootmaak. Skep spesiale oomblikke in jul huis (deur eenvoudige dinge saam te doen soos legkaart te bou, ‘n skattejag te hou, by die eetkamertafel te eet in plaas van voor die tv). Maak jul huis ‘n WONING, nie net nog ‘n gebou nie.

#ClimuxKanHelp – Intieme higiëne is baie, baie belangrik!

Om seker te maak jy is altyd VARS, sorg dat daar altyd van Climux se INTIMATE reeks in jou badkamerkassie is…. Kliek hier vir meer info!

Besoek www.climux.co.za vir die volle produkreeks!

5. Wen R1000 vir jou volgende Date Night!

Climux VitaleFemme en Climux VitaleMen gee maandeliks R1000 kontant weg vir ‘n gelukkige paartjie! Gebruik die geld om jou date night ekstra spesiaal te maak! Sodra jy ingeskryf het, neem die webwerf jou outomaties na Climux se webwerf toe – loer gerus na al hul produkte!

Skryf hier in:

Wen R1000 met Climux