“Ma’am?” roep my dierbare huishulp Maggie my vroeër die week. “Ma’am, I need to talk to you… in private please”. Dadelik wonder ek, wat het gebeur?! Is Maggie siek? Het sy ‘n koppie gebreek? Wil die stofsuier nie werk nie? Ek stap saam met haar kombuis toe en sy fluister saggies (en duidelik ongemaklik) vir my: “Ma’am, I’ve got a problem THERE…”. Ek verstaan nie so lekker nie. “Where Maggie?”, vra ek. Sy rol haar oë vir my op ‘n manier wat vra of ek nie maar kan verstaan sonder dat sy verder hoef te verduidelik nie… “There Ma’am”, gaan sy voort… “There on my bum!”. Na nog so klein bietjie frons van my kant af, en Maggie se ogies wat al groter raak, verstaan ek toe uiteindelik wat arme Maggie probeer sê… en dat dit steeds ‘n onderwerp is waaroor mense ongemaklik of skaam is… Maggie het aambeie!

Ek wou Maggie effens terg en sê dis nou letterlik ‘n geval van “benoude boude”, maar ek besef toe net daar en dan slegs iemand wat al die simptome van aambeie ervaar het, sal kan getuig van die uiters ongemaklike en pynvolle toestand wat aambeie meebring. Die branderigheid, jeuk, swelling, en selfs bloeding as gevolg van klein skeurtjies rondom die anus, is iets wat jy nie sal verstaan voor jy dit nie al self ervaar het nie… Dis sommer moelik om te sit, te staan of te beweeg – eina!

Volgens Pieter Herman, besturende direkteur by Alura Pharmaceuticals in Pretoria, is daar ‘n definitiewe toename in persone wat aambeie ontwikkel en erge pyn en ongemak verduur.

Die mees algemene oorsake is: Hardlywigheid, spanning tydens dermbeweging wat onnodige druk op die onderbuik plaas, diarree, vetsug, swangerskap, langdurige passiewe posisie (soos lank sit op die toilet) en selfs ‘n lae-vesel dieet! Dit lei tot ‘n abnormale swelling en uitstolping van die are in en om die anus wat dan pyn, brand, jeuk en bloeding tot gevolg het.

Vandaar word al hoe meer druk uitgeoefen op die are wat bloed van die dikderm en rektum af voer, wat binne die anale kanaal geleë is in ‘n struktuur wat bekend staan as die aambei-kussing. Die toename in bloeddruk in hierdie are kan hulle laat skei van spiere en bindweefsels wat bedoel is om hulle in plek te hou, wat lei tot die vorming van aambeie.

Chroniese diarree of hardlywigheid kan dinge vererger deur aanhoudende ontsteking van die anale en rektale (anorektale) weefsel te veroorsaak. Om op die toilet te sit, vererger net die probleem deur die mure van bloedvate so dun te strek dat hulle begin uitbuig en verwyd. Vir seker ‘n teer (seer!) sakie!

Is daar hoop? Natuurlik! PRESTO GEL is die natuurlike antwoord vir aambeie!

PRESTO GEL verlig die pyn en inflammasie wat insluit die brand, jeuk, swelling en bloeding wat veroorsaak word deur aambeie.

HOE WERK DIT?

Navorsing het bewys dat Aloe Vera beskerming verleen teen bakteriële infeksies wat die liggaam aanval. PRESTO GEL vorm ’n beskermende gel-laag wat die aambeie help om weerstand te bied teen verdere bakteriële blootstelling, terwyl dit terselfdertyd die liggaam se natuurlike genesingsproses bevorder.

AANWENDING.

PRESTO GEL is beskikbaar as ’n salf en ’n setpil vir maklike aanwending. Dit is geskik vir mans, vroue en kinders bo 12 jaar oud en selfs swanger vroue sal baat vind by die gebruik daarvan. Dit is 100% veilig en het geen newe-effekte nie. Gebruik die NAPPI-kode sodat dit deur jou mediese fonds gedek kan word. Die setpille en room werk onmiddellik en is baie effektief.

PRESTO GEL is beskikbaar by Dischem, Clicks, Takealot en onafhanklike apteke landwyd. Die ‘n premium produk wat jy met ‘n geruste hart in jou badkamerkassie kan hou… Jy weet nooit wanneer jy, nes Maggie, gaan sukkel met ‘n probleem DAAR nie!

Besoek hul webwerf, www.prestogel.co.za, vir meer info.