In Suid-Afrika staan vrouens aan die hoof van ongeveer 41% van huishoudings.

Promosie

Met sosiale rolle wat voortdurend verander, is die nodigheid om meisies te bemagtig om hul geldsake later in hul lewe suksesvol te bestuur, nie onderhandelbaar nie.

Deur meisies van ‘n jong ouderdom af toe te rus met die kennis om slimmer, meer verantwoordelike finansiële besluite te neem, kan hulle hul inkomste en bates beter beskerm, hul welvaart groei, en as volwassenes skuld vermy of doeltreffend bestuur.

Hier is ‘n paar praktiese manier om jong meisies finansiële begrippe te leer:

Promosie

Stel ‘n voorbeeld

Kinders is geneig om die gedrag van ander na te boots, dus moet jy goed nadink oor hoe jou eie finansiële gedrag en sienings jou dogters kan beïnvloed. Deur self finansieel verantwoordelike besluite te neem en advies van ‘n finansiële beplanner in te win, kan jy kinders help om die redes vir, en teen, hierdie besluite en die waarde van professionele hulp te verstaan.

Wil jy dit graag hê of het jy dit nodig?

Kinders moet geleer word wat die verskil is tussen iets wat hulle nodig het en iets wat hulle graag wil hê, hoe om die waarde van geld te waardeer deur geleenthede te hê om te ‘werk’ en te spaar, en hoe om aanpassings te doen wanneer nodig – en ouers speel ‘n belangrike rol in die oordrag van hierdie kennis. As hulle weet wat die verskil is, sal dit hulle in staat stel om hul uitgawes te prioritiseer.

Leer meisies hoe om te begroot

Sodra jy en jou dogter ‘n goeie idee het van hoeveel sy in ‘n week of maand met sakgeld, los werkies of werk in en om die huis verdien, help haar om ‘n begroting op te stel. Julle behoort dit saam op te stel as ‘n prettige en opwindende oefening en dit dan gereeld na te gaan. Indien daar afwykings is, gesels met jou dogter oor aanpassings wat sy kan doen of hoe sy ekstra geld kan verdien om die tekort te dek.

Moedig haar aan om te spaar

Leer haar die gewoonte om eers ‘n bedrag vir ‘n toekomstige doel opsy te sit en eers dan vir onmiddellike behoeftes voorsiening te maak. Wanneer jou dogter graag iets wil hê wat sy nie kan bekostig nie, moedig haar aan om daarvoor te spaar. As jou kind oud genoeg is, open ‘n bankrekening of effektetrust in haar naam en betaal haar geld in die rekening in.

Moedig haar aan om ‘n voorsprong te kry

Ons hoor dikwels dat baie Suid-Afrikaners nie kommervry sal kan aftree nie. Die doeltreffendste manier vir jou dogter om nie een van hulle te word nie, is om konsekwent oor tyd ‘n geskikte bedrag te spaar en om vroeg te begin ten einde die meeste voordeel uit saamgestelde rente te trek.

By Herbst & Associates BlouSter Finansiële Adviesdienste (gemagtig deur Sanlam) weet ons dat as ‘n moderne vrou jou finansiële sekuriteit vir jou belangrik is. Dit is waarom ons verskeie finansiële oplossings bied wat in al jou behoeftes voorsien.

Ongeag of jy ‘n hardwerkende sakevrou of ‘n professionele persoon is, ons het ‘n produk wat reg is vir jou. Deur self finansieel verantwoordelike besluite te neem en advies van ‘n finansiële beplanner in te win, kan jy jou dogter bemagtig om die waarde van professionele hulp te verstaan.

Sanlam is ‘n Gelisensieerde Verskaffer van Finansiële Dienste.

Vir meer inligting, kontak: 

karlien@herbstbluestar.co.za

http://www.herbstbluestar.co.za/

Tel no 012 470 0050