Hier is die maklike resep:

Promosie

1 Rol skilferkorsdeeg (sny in die helfte en rol elke gedeelte bietjie dunner uit.)
Smeer gesmelte botter met kwassie oor
Gooi soveel bruinsuiker en kaneel oor soos wat jy voor lus voel
Rol op en plaas in gespuite muffinpannetjies
Bak in oond by 180 C tot bruin en opgepof (tussen 15 en 20 min)
Haal uit

Terwyl rolletjies in die oond is:
Meng 1tl stroop met 1 eetl melk. Gooi ¾ koppie versiersuiker by en meng tot glad.
Gooi met teelepel die versiersuikermengsel oor die warm kaneel rolletjies en geniet!

(Resep op Kreatiewe Kos Idees)

Promosie