Date night is ‘n ritueel wat jy nooit in jou huwelik mag onderskat nie. Dis ‘n gebruik wat die romanse behou, die geleentheid skep vir julle om in voeling met mekaar te bly en keer dat julle blote huismaats in plaas van huweliksmaats word. Boonop is dit iets om na uit te sien!

Promosie

Soveel paartjies stel date night uit – en later af – omdat hulle té hoë eise aan die gebruik stel. Dit hoef egter nie ‘n volmaan, vyfster cuisine en hotelverblyf in te sluit nie. Die belangrikste rede vir date night is ‘n geleentheid om gehalte-tyd met jou maat deur te bring en ‘n prioriteit van jul huweliksverhouding te maak. Soms is juis die kleinste gebare wat die grootste impak het.

Vandag word ons tyd só opgeslurp deur werk, kinders en blote oorlewing dat ons lewensmaats heel laaste in die ry moet staan. Dit is maklik om jou maat as vanselfsprekend te aanvaar omdat jy aanneem hy/sy sal altyd daar wees, maar ons onderskat maklik die aandag en fokus wat ‘n huweliksverhouding vereis. Kan date night moeiteloos én spesiaal wees? Beslis. Al wat jy nodig het, is ‘n pakkie gevriesde vis!

Só maak jy:
• Stuur vir jou maat ‘n eenvoudige boodskap wat die druk van date night af haal. ‘n Boodskap sonder raaisels en subteks. Een wat doodeenvoudig iets sê soos: “Ek mis jou, kom ons maak vanaand bietjie tyd vir mekaar.”
• Kry mekaar ná werk vir die volgende aankope: ‘n Lekker bottel witwyn, ‘n pakkie Sea Harvest Stokvis Filette (Hake Fillets), Basmati-rys, een ui, klapperolie, 1 sakkie Thai Groenkerrie pasta (Thai green curry paste), ‘n blikkie klapperroom, groen groente, een papaja, een pynappel, 1 rooi chillie en 2 grasuie.
• Koop sommer ook visvingers of ‘n wegneem-ete vir die kinders en sit hulle ‘n uur vroeër in die bed.
• Skakel alle tegnologie af en skink vir julle elkeen ‘n glas wyn, voor julle begin woeker in die kombuis. Hier volg jul resep:

Promosie

Stokvis filette in Thai Groenkerrie, Basmati-rys en Papaja slaai (bedien 4-5)

1. Ontvries die stokvis filette en vlakbraai hulle aan beide kante tot deurgaar.
2. Kook die Basmati-rys volgens die instruksies op die pakkie.
3. Braai een ui in klapperolie tot sag. Voeg die sakkie Thai groenkerriepasta en kook dit vir 2 minute.
4. Voeg ‘n blikkie klapper room by en laat prut vir 5 min.
5. Voeg die groen groente by die kerriesous en laat prut tot deur gaar.
6. Kap een papaja en ‘n halwe pynappel in klein blokkies, voeg 1 rooi chillie en twee grasuie by en meng alles saam om ‘n papajaslaai te maak.
7. Bedien op rys en bedrup met die kerriesous. Sprinkel sesam-sade oor. Bedien saam met slaai en garneer met grasuie.

Steek ‘n kers aan, sommer net daar in die kombuis, geniet jul kookkuns en gesels tot die son opkom! Ja, dit is belangrik om soms moeite te doen, mooi aan te trek en julself waarlik te bederf met ‘n restaurant-ete en teaterkaartjies, maar om daardie standaard maandeliks te handhaaf is bykans onmoontlik. Wissel jul luukse-dates af met maklike, intieme tuis-afsprake soos dié en julle sal dit regkry om die baie belangrike ritueel vol te hou…

Maak seker jy besoek www.seaharvest.co.za voordat jy date night reël