Ek en my man het die laaste tyd oor ’n ernstige saak begin vassit. Ek is ’n beplanner en my man is veel meer impulsief. Vandat ons kinders gebore is (ons het twee kleuters), kry ek saans paniekaanvalle as ek dink aan hul toekoms. Ek het ’n dringende behoefte om vir hulle te begin geld wegbêre – veral wat tersiêre opleiding betref. My man se siening hieroor verskil heeltemal van myne. Hy wil eerder daardie ekstra geld wat ons nou tot ons beskikking het, gebruik op ’n oorsese vakansie een keer per jaar. Hy sê dat ek my heeltemal voortydig hieroor bekommer en dat ons nou onnodig geld gaan bespaar terwyl ons nie eens weet wat in ons kinders se toekoms lê nie. Wat nou?
Kym Wright, ’n com-skrywer, beveel aan dat ’n mens eerstens jou huwelik moet bewaar in wat een van vele argumente kan wees. Bid en vra vir wysheid rondom julle besluit. Bid vir eenheid rakende die besluit of goedheid om saam te leef met verskillende uitkykpunte.
- Kym Wright, ’n com-skrywer, beveel aan dat ’n mens eerstens jou huwelik moet bewaar in wat een van vele argumente kan wees. Bid en vra vir wysheid rondom julle besluit. Bid vir eenheid rakende die besluit of goedheid om saam te leef met verskillende uitkykpunte.
- Gesels oor die bestedingstyle waarmee julle grootgeword het. Jy het dalk geleer om elke sent twee keer om te draai in geval van die onvoorsiene, en manlief het geleer dat ervarings belangriker is as materiële besittings en om die dag aan te gryp. Sodra julle kan agterkom waar julle verskil gesetel is, maak dit dinge makliker.
- Besluit op ’n middeweg. Deel die som waaroor julle verskil in twee. Die helfte kan in ’n spaarfonds vir vakansie gebêre word, terwyl julle die res kan belê in byvoorbeeld ’n Outsurance-lewensversekeringspolis. Só kry julle dekking in geval van dood en word ’n bonus uitbetaal ná ’n sekere tydperk, wat julle kan gebruik om hul universiteitsgeld mee te betaal.
Deur Annelize Steyn