Neem ’n paar aarbeie en sny hulle middeldeur. Plaas die helftes plat teen mekaar en siedaar! Jy het ’n hartjie.
Steek nou ’n tandestokkie deur die twee aarbeihelftes om hulle só in plek te hou, doop die “hartjies” in gesmelte sjokolade (smelt ’n blok sjokolade oor ’n dubbelkoker) en laat dit op bakpapier droog word.
Deur Annelize Steyn