Resensie deur Liezel van der Merwe

Soos jy het ek al talle kere op ‘n dieet gegaan. En was ek al male sonder tal moedeloos op die skaal. Want Banting werk vir almal, maar blykbaar nie vir my nie. Dan probeer ek Intermittend Fasting en verloor die eerste twee kilogram net om daarna elke dag te wag vir die volgende deurbraak. Moedeloos. Soms het ek dit reg gekry. Weight Watchers het gewerk. So ook my eie ‘kom ons sny net stysel en suiker’. Maar my probleem was altyd sodra die vakansie verby is, is ek na ‘n ruk weer terug by ‘net te vet’. En my ‘net te vet’ is heel moontlik anders as joune, maar dit is my waarheid. Dit was my jean wat naat-spore gelos het soos ‘n padkaart op my bene. En my BMI was gevaarlik naby aan die rooi kant. Ek is altyd vasgevang tussen die twee dinge wat ek baie graag wil hê – om skraal te wees en om alles te kan eet waarvan ek hou. Sug.

Klink dit bekend? Ek weet. En ek verstaan. En dit is nie net ek en jy nie. Daar is miljoene soos ons en die dieet industrie maak baie geld uit ons. Die realiteit is egter dat dit nie net hierdie industrie is nie, maar ook die mediese industrie. Want oorgewig lei tot soveel siektes, en wat ons nou verkeerd eet is nie net ‘n vet-probleem nie, dis ‘n gesondheidsprobleem.

INTIEM het onlangs ‘n ‘Affiliate member’ geword van die Amerikaanse maatskappy Mindvalley. Mindvalley is ‘n platform met verskeie aanlyn kursusse wat mense help om hulle lewe beter te leef. Die eerste kursus wat ek gedoen het was Lifebook. Lees my artikel hier: https://intiem.co.za/wat-lifebook-vir-my-beteken-het-en-hoe-dit-jou-lewe-kan-verander/  Dit het werklik my lewe so verryk en ek het perspektief en visie gekry oor elke afdeling van my lewe. Iets wat broodnodig is. Om ‘n plan vir jou lewe te hê is goud werd. Ons kry net die een geleentheid hier op aarde!

Promosie

Die tweede program wat een van die gewildstes is by Mindvalley, is Wildfit. Ek het destyds genoem dat ek dit sal probeer en dan laat weet of dit die moeite (en geld) werd is.

Wat is Wildfit?

Ek deel met jou van die beskrywings wat my aandag getrek het:

“Over half a million people have transformed their bodies, health, and immune system with WILDFIT.
Will you be next?
Join nutrition expert Eric Edmeades in his signature 90-day health transformation program WILDFIT and permanently reform your relationship with food so you remain in complete control of your cravings – and in turn, achieve the best looking, most natural, and healthiest version of you.

Wildfit is going to be a game-changer in your relationship with food – allowing you to effortlessly re-correct your weight and put you into a state of optimal health.

The secret lies in a ‘food philosophy’: Food Freedom.

Food Freedom, according to Eric, occurs once you’ve reprogrammed your beliefs and behaviours around food, so you automatically:

* Break free from unhealthy food cravings and no longer feel the urge to reach out for those sugar-filled snacks;

* Gravitate towards foods your body actually needs that energize, heal and nourish you;

* And allowing your body to shed any excess weight effortlessly without the need for restrictive diets, counting calories, or resorting to brutal exercise regimes.”

Dit het my nuuskierig gemaak. Maar 90 dae is lank. Dis 13 weke wat jy moet ‘commit’. Ek het myself herinner dat jy ‘n gewoonte in 21 dae kan verander, maar vir daardie gewoonte om ‘n leefstyl te word gaan jou minstens 63 dae vat. Hierdie program is 90 dae. Ek het gereken teen die einde van hierdie 90 dae gaan my gewoontes anders lyk. Ek het vermoed dat dit nie net ‘n gewigsverlies proses gaan wees nie, maar ‘n transformasie in gesondheid en in my denke!

Ek het ingeskryf. En ‘commit’. Die kursus is duur genoeg dat jy in elk geval nie halfpad gaan opgee nie. Daar is te veel op die spel!

Die dag het aangebreek… 14 Maart het ek aanlyn ingeskakel op die Wildfit platform en ook in die Privaat Facebook groep waar daar ‘Wildfit Coaches’ is – reg om al ons vrae te beantwoord.

Hoe dit werk

Wildfit is ‘n aanlyn program wat maklik is om te volg en te gebruik. Jy log elke dag in om ‘n video te kyk, ‘n PDF af te laai of ekstra inligting te kry vir daardie spesifieke dag. Daar is 90 dae se inligting, aanmoediging en raad. Elke Vrydag hoor jy wat die volgende week se plan is. Watter veranderinge gemaak word. Wat word bygesit en wat word weggelaat. Jy kan kies of jy die veranderinge dadelik wil inbring, en of jy die Saterdag en Sondag as ‘n ‘buffer zone’ wil gebruik om die nodige inkopies te doen of soos in my geval, net my kop om dit te kry. Maandag val jy weg met jou nuwe ‘enhancements’.

Ek het baie gehou van die aanslag. Daar word nie gesê ‘n kossoort is nou vir altyd uitgeskakel nie. Gooi daardie sjokolade vir ewig in die vuur nie. Die hele benadering is dat jy ‘n vakansie vat van sekere kosse. Jy kan later besluit wat jy wil terugbring en wat nie. Dit het die rebel in my gekalmeer want wie op aarde wil nooit weer ‘n sjokolade eet nie?!

Die kursus begin stadig. Die eerste twee weke was maklik. Die derde week is jy eintlik al reg vir bietjie moeiliker. Jy wil resultate begin sien. En so stap vir stap, week vir week, vat Eric ons deur die Wildfit program. Ek begin veranderinge agterkom in my lyf. Niemand merk dit nog op nie maar ek kan voel my lyf begin verander. Dit het my opgewonde gemaak.

Party weke het uitstekend gegaan. Ander was stadig. Maar selfs in stilstaan weke het ek nie opgegee nie. Ek het besluit om te commit vir die 13 weke. Ek wou sien wat gebeur. Ek wou myself ‘n kans gee op sukses.

Net oor halfpad in die program het Nico (manlief) besluit ek raak nou Jane Fonda. Sy aanmoediging het baie beteken! En ek het vasgebyt. Dit is gelukkig nie kosse afmeet nie. Daar is baie vryheid binne kosgroepe en Eric verduidelik video vir video alles so mooi.

Die Facebook groep was ‘n bonus. Die eerste drie weke was ek skaars daar, maar vanaf week 4 was ek amper daagliks op die groep. Dit was so wonderlik om aanmoediging en idees te kry van almal wat saam Wildfit doen. Hierdie groep was oor die 500 mense en dit was mense van oor die wêreld. As jy moedeloos is, is dit die plek om te sê: “I need encouragement” of soos in my geval “I need dessert, any ideas?”. Almal is daar vir mekaar. En daar was wonderlike resepte! ‘n Nuwe wêreld het oopgegaan en ek het ontdek dat daar soveel meer maniere van kos maak is.

Dwarsdeur Maart, April en Mei tot in Junie. Daar was Paasfees tussenin en vakansies. Maar ek het bly staan en as iemand vra ‘maar wil jy nie….’ het ek net gesê ‘nee dankie, ek eet op die oomblik soos ‘n kampioen!’. Die positiewe benadering het my denkproses goed gedoen. Ek vat ‘n vakansie van sekere kosse en ek toets ‘n program. Ek wil kyk of hierdie vir my is. En bo en behalwe gewigsverlies was ek die gesondste wat ek in jare was.

 

So, het ek dit gemaak? Kon ek 13 weke uithou?

Inderdaad! Ek het soos ‘n Olimpiese goue medalje wenner gevoel!

En het ek resultate gekry?

100 Keer ja! Ek het nie net resultate gekry nie, maar my manier van dink oor kos het verander. Ek het werklik die ‘food freedom’ gekry. En hierdie was vir my die groot wen want dit is die gedurige versoeking, die duiwel wat sê ek is nie goed genoeg nie, die selfbeeld wat sukkel-sukkel en die baie foto’s waarna ek kyk en dink ‘sjoe, ek het gedink ek is maerder’.

My resultate

Soos genoem was my ‘non-scale victories’ fantasties. Die Wildfit journey was vir my ook ‘n geestelike reis. Ek weet my liggaam is ‘n tempel van God en daarom het ek baie gebid en baie op die krag van die Heilige Gees staatgemaak om my deur hierdie program te kry.

My lyf ‘victories’ was wonderlik. Ek het 7 kg verloor en my doelgewig bereik, en my BMI het met 3 punte geval van 24,6 tot 21,6. Ek het 54 cm in totaal verloor (op al die plekke waar ek moes meet). My voor en na foto’s was ‘n groot verrassing!

Ek het die kos-duiwel en suiker-duiwel uitgeslaan. Ek het nuwe gesonde gewoontes. Ek voel toegerus om ‘n nuwe leefstyl te leef. Ek het my lyf en denke verander in hierdie proses! Boonop help Wildfit jou na die 90 dae om ‘n Wildfit leefstyl te kies wat vir jou werk!

Belangrik om te onthou

90 Dae gaan verby gaan en jy gaan of dieselfde wees of verander het. Die keuse is joune. Die keuse is altyd daar as ons wil groei en verander. Daar is nooit ‘n perfekte tyd nie. Daar gaan altyd naweke weg en vakansies wees. En dis vasbyt tye op ‘n uitdaging. Wraggies nie maklik nie maar haalbaar. “We can do hard things!” Ek is so bly ek het dit gedoen!

Wat ek voorstel as jy skepties is

Kyk die Masterclass en bid daaroor. Is hierdie vir my, of nie? En al kyk jy net die Masterclass sal jy steeds iets geleer het.

Hier is die skakel vir die gratis Masterclass:

https://mval.li/?a=10619&c=2352&p=r&s1=

Hulle bied ook ‘n 15 dae geld terug waarborg aan. Dan kan jy sonder risiko begin. Hier is die skakel daarvoor:

https://mval.li/?a=10619&c=2353&p=r&s1=

Is dit duur?

Dit is nogal duur. Die prys is in dollars en ons rand is nie aldag bobaas nie. Maar met dit gesê, ‘n ongesonde leefstyl gaan jou derduisende rande aan pille, dokters en hospitale kos. Om nie eers te noem van die koste van ‘n verlies aan lewenskwaliteit nie.

Ek weet altyd as ek genoeg ‘skin in the game’ het dan byt ek vas. ‘n Verniet-ding het in ons koppe min waarde. Hier is baie waarde en jy gee alles wat jy kan!

Hulle beperk jou risiko – jy kan gratis begin met hulle 15 dae geld terug waarborg.

As jy dit kan bekostig, oorweeg dit baie ernstig!

Wil jy meer weet?

Vir meer info en om in te skryf, kliek hier:

https://mval.li/?a=10619&c=2353&p=r&s1=

Vir die Masterclass, kliek hier

https://mval.li/?a=10619&c=2352&p=r&s1=

 

KLIEK OP DIE FOTO EN KYK NOU:

 

Op gesondheid en ‘food freedom’!

Groete

Liezel van der Merwe (Redakteur)

INTIEM is ‘n goedgekeurde ‘Affiliate’ van Mindvalley.