In dié nuwe artikel wys ons jou keer op keer waar op jul lywe julle prutplekke lê en ook wáár julle met hierdie prutplekke kan eksperimenteer – dit is, in kort, jou sekskaart!
HAAR EROGENE SONE: Wanneer vroue se erogene sones gelys word, is die ore dikwels hoog bo-aan die lysie. Dis omdat daar baie senuwee-eindpunte in en rondom die ore is, en hulle daarom érg sensitief is. Hieraan kan jy knibbel, suig, lek . . . veral die oorlobbe is plesierknoppies wat haar pols kan opjaag! Sommige vroue hou van warm lug in hul ore, en ander kan bloot ’n orgasme bereik met die fluister van jou stem (dit sal natuurlik help as jy sexy dinge vir haar vertel!). Hier is egter iets wat jy moet onthou. Alle vroue is nie ewe gek hieroor nie. Jy mag dalk een van die Evas hê wat glad nie van oorspeletjies hou nie! Of sy hou dalk daarvan, maar nie soos jy gedink het nie (terwyl een vrou hou van ligte aanraking, hou die ander een moontlik van diep asemhaling hier). Moenie summier met haar ore begin nie en werk eers ander areas deur voor jy dié area beproef! Gebruik dan jou duim en indeksvinger om die area beet te kry wat haar oorlob met die weefsel na aan haar gesig verbind. Trek dit liggies afwaarts, meen Amy Levine, ’n seksafrigter van New York en seksopvoeder op elitedaily.com.
SY EROGENE SONE: Sy voetsole is een van daardie erogene sones wat jou (en hóm) baie pret sal verskaf. In sy boek, Partners in passion: A guide to great sex, emotional intimacy and long-term love, skryf Mark Michaels: “Mans het ’n relatiewe hoër konsentrasie van senuwee-eindpunte onder hul voetsole as vroue.” Volgens hom is daar ’n akupunktuur-drukpunt as jy met die derde toon sowat een derde afwaarts beweeg (aan die teenoorstaande kant van die boog in die middel van die voet). Dié area word ook die “borrelende fontein” genoem en as jy blykbaar hierop druk, kan jy bloedvloei regdeur die liggaam ’n hupstoot gee. Hoe benader jy dit? Moenie die waarde van ’n goeie voetmassering onderskat nie, meen Ian Kerner, outeur van die boek She comes first. Trek dus sy sokkies uit, span ’n gegeurde masseerolie in en volg jou instink. ’n Kielierige maat gaan dit dalk effens meer van ’n uitdaging maak. As hy nie sy lag kan hou gedurende ’n voetmassering nie, kan jy dit oorweeg om subtiel sy (skoon) voet teen jou borste of mond te skuur.
WAARHEEN?
Vloer toe! Die warmste seks is dié soort wat nie die bed haal nie! Daardie tye wanneer jy en jou maat sommer in die loop en vry van jul klere ontslae raak, en iewers in die huis op die grond neersak vir kan-my-hande-nie-van-jou-lyf-afhou-nie-seks. Paartjies wat al met vloerseks geëksperimenteer het, meen op gesels-webtuistes dat dit ideaal is vir diegene wat hou van diep penetrasie omdat matrasvere geneig is om die thrusting effens te buffer. As julle dit wil beproef, maak seker dat julle liefs nie lêplek kry op ’n houtvloer wat splinters kan afgee nie. Die ysige koue van ’n teëlvloer in die winter kan ook die bui ’n bietjie blus. En op ’n mat is carpet burn ook nie juis ’n seksuele aptytwekker nie. As niks hiervan julle afskrik nie, beproef die kruiwa-posisie. Vroulief rus met haar elmboë op ’n kussing (op die vloer) en agterstewe in die lug. Jy staan agter haar en lig haar bene deur haar aan die enkels op te tel . . . Julle kan ook die seekat-posisie beproef, waartydens jy op die vloer sit met jou hande agter jou en jou bene wyd oop en effens gebuig. En jy, mevrou, sit wydsbeen bo-op sy skoot met jou bene op sy skouers.
Deur Annelize Steyn
Addisionele bronne: www.mademan.com.