NB – artikel bevat volwasse inhoud

Promosie

Valentynsdag is amper hier, maar jy sien nie kans om die winkels te trotseer nie.

Laat Desir.co.za jou help om vinnig en maklik vir jou maat die regte geskenk uit te soek. Op dié webtuiste sal jy ’n groot verskeidenheid sexy geskenke vind wat pragtig verpak word en wat na enige plek in Suid-Afrika versend kan word. Hier is ’n lysie met onweerstaanbare geskenkwenke, laat die inkopies begin!

1. Die keiser se klere
Min dinge laat jou maat so geliefd en bederf voel soos ’n nuwe, sexy kledingstuk. Desir.co.za het iets vir elke vrou en man se smaak. Daar is deursigtige nagrokke, lyfkouse, stelle met onderklere en fyn broekies met kant (in alle groottes) vir haar en ’n paar onderbroeke wat die vroue sal toelaat om hul man se verleidelike sitvlak te bewonder.

Promosie

2. Perfekte persoonlike sorg
In hierdie afdeling is daar verskeie produkte waarmee julle julself kan bederf. Die Gentle Clitoral Arousal Serum is ideaal om te gebruik tydens klitorale voorspel, klitorale stimulasie tydens seks en selfs in kombinasie met jul gunsteling-speelding. Daar is rome wat mans kan help met premature ejakulasie soos Pjur se SuperHero Performance Spray for men. Daar is ook ’n skeerstel vir haar, om seker te maak ongewenste hare verdwyn. Die Swan Ultimate Personal Shaver is ’n baie goeie belegging as die vrou in jou lewe haarloos wil wees.

3. Sjokolade met ’n verskil
Vergeet van luukse sjokolade in blinkgekleurde omhulsels in die supermark – sjokolade wat jy aan jou maat se lyf kan verf, is baie meer begeerlik. Die Poême Body Paint deur Bijoux is ’n dekadente bederf wat met ’n veer met ’n silikonpunt aangeverf kan word. Soen of knibbel aan jou maat se vel met hierdie heerlike lyfverf.

4. Bring jou bril
As jy nog laas in matriek deur ’n boek moes wroeg, is dit dalk weer tyd om te begin lees. Die verskil is: die voorgeskrewe leesstof is nou baie meer opwindend! Desir.co.za se webboekrak kreun onder boeke soos How to blow her mind in bed of The 30 Day Sex Solution. Daar is ook boeke wat julle kan help met massering, soos The Complete Book of Massage en Indian Head Massage. Daar is ook verskeie ander boeke met huweliks- en sekswenke en selfs ook fiksieboeke.

5. Die liefdesspel: waag ’n kans!
As jy aan speelgoed in die slaapkamer dink, is seksspeelgoed dalk die eerste ding wat in jou gedagtes opkom. Maar erotiese bordspeletjies kan net so interessant wees vir kompeterende paartjies wat daarvan hou. Daar is die speletjie Endless Nights of Amaxing Sex wat gebaseer is op die ewe gewilde Kama Sutra-kaartjiespeletjie. Daar is meer as 400 vrae en 60 erotiese voorspel- en seksposisies waarmee jy jou maat se voor- en afkeure kan leerken. Daar is ook ’n Kinky Dice Game waar die drie verskillende dobbelstene die seksuele plesier bepaal. Een dobbelsteen is vir ’n liggaamsdeel, een vir ’n plek waar dit gaan plaasvind en een vir die aksie. Laat jou grootste fantasieë waar word met dié interessante spel wat dalk net die ding is vir jul volgende date night.

Vervullende seksuele intimiteit is vir almal beskore ongeag jou ouderdom of hoe lank jy al getroud is. Waag die kans om met behulp van Desir.co.za nuwe energie in jul sekslewe te bring. Praat met jou maat oor dit wat jy geniet en dit wat vir jou opwindend is. Met hierdie geskenke kan julle ware intimiteit skep waarop julle kan voortbou. Trek die stoute skoene aan en verras jou maat! Die resultate sal jou asem wegslaan.

Om hierdie Valentynsdag ekstra spesiaal te maak gee Desir vir jou R500 afslag op jou aankope! Kliek hier vir meer inligting: www.desir.co.za/afslag