In dié artikel wys ons jou keer op keer waar op jul lywe jul prutplekke is en ook wáár julle met hierdie prutplekke kan eksperimenteer – dit is, in kort, jou sekskaart!
HAAR EROGENE SONE: Haar voete. Daar word beweer dat die voete erogene sones is wat vier seksuele stimulasiepunte het, wat aan die genitalieë gekoppel word. Die binnekant en buitekant van die enkels is sensitief, met senuweepunte wat direk korrespondeer met die vagina en uterus. Die refleksareas net onder die enkelbene word gekoppel aan die ovarium en hou verband met vrugbaarheid, verhoogde libido en seksuele prestasie.
Volgens independant.co.uk hou die middel/boonste gedeeltes van die voetsole verband met die borste en tepels. Dis baie sensitief en is propvol senuwee-eindpunte. Jy kan haar voete soen, haar tone suig of haar ’n voetmassering gee wat sy sal onthou!
As sy kielierig is, sal jy diep drukking moet gebruik en eers seker moet maak of sy wel hiervan hou. Begin by die hak en druk opwaarts na die been toe, voor jy dit weer afwerk en heen en weer wikkel. Plaas nou ferm drukking met jou duime toe en gebruik diep drukking om die hele voet deur te werk met ’n ryk voetroom. Beweeg ook tussen haar tone in en trek elke toon effens. Moet ook nie die bokant van haar voete vergeet nie. Hou haar voet vas en masseer die boonste gedeelte met jou duime.
SY EROGENE SONE: Sy F-kol. Die frenulum is die los stukkie vlees aan die onderkant van die kroon van die penis, waar die skag en die kop mekaar ontmoet. Volgens kenners word die konsentrasie van senuwee-eindpunte hier vergelyk met die hoeveelheid van die vroulike klitoris! Begin deur sy penis met een hand vas te hou en jou tong stadig rondom die kroon te sirkel. As jy by die F-kol kom, draai jou tong al rondom dié area terwyl jy met jou hand op en af beweeg.
Op shape.com sê Claire Cavanah, mede-stigter van Babeland, eienaar van ’n seks-kettingwinkelgroep en mede-outeur: “Vryf dié area ook met jou duim terwyl jou vingers rondom die skag beweeg.” Volgens dié webtuiste kan jy hom stadig opwek deur stimulasie van die F-kol af te wissel met die minder sensitiewe basis van die penis.
WAARHEEN?
Vuurtjie toe. Aangesien dit nou die hartjie van die winter is, beveel ons ’n kaggelvuur aan, eerder as ’n bosveldvuur. Dis pure Hollywood-fliekromanse met sagte, flikkerende lig. Só vra vir manlief om vir julle ’n vuur te maak (as hy die hout self kan kap en jy kan kyk hoe hy dit doen, bonus!). Kry ’n goeie bottel wyn en ’n behoorlike blok sjokolade, en span uit voor die kaggel.
Maak eers seker dat alle meubels uit die pad is – min dinge is so romanties soos ’n blou-kol stamp teen die hoek van ’n koffietafel! Nog ’n plan is om die vloer gerieflik te maak. As daar nie ’n dik mat is nie, behoort ’n kampmatrassie die ding te doen! Een ding wat jy gerus kan onthou, is dat kaggellig báie vleiend is.
Moet jou dus nie bekommer oor die ekstra rolletjie nie en trek jou heel mooiste lingerie aan. Sagte, rustige Latyns-Amerikaanse musiek is super-sexy. Probeer die sendeling-posisie, woman on top, nommer 69 . . . die opsies is eindeloos! Vra ook vir manlief om jou mooi kledingstukkies met respek te hanteer – ’n cowboy sling mag dalk net die sitkamer aan die brand steek!
Deur Annelize Steyn
Addisionele bronne: lifeadvancer.com.