Julle is by ’n partytjie of kom agter dat die kinders elders in die huis met iets besig is. Jy en manlief kyk mekaar in die oë en skielik kan dit nie hoër of laer nie – julle wil dit nóú doen!

Promosie

’n Mens kan nie altyd bepaal wanneer die lus jou gaan gryp nie en soms gebeur dit op vreemde tye – en plekke! Julle het gewoonlik een van twee keuses: Los dit, of hê ’n quickie. Moenie die geleentheid deur julle vingers laat glip nie! Quickies is pret, stout en die spice wat elke huwelik nodig het. As jy en manlief weer jeukerig voel op ’n “onvanpaste” tyd, vat die bottel quickie Tabasco en voeg by vir ’n ekstra hot ondervinding!

Die stort

Julle slaap oor by ouers/vriende of het kuiergaste by die huis. Die laaste ding wat jy wil doen, is om môreoggend vas te kyk in daardie alwetende glimlaggies wat sê: “Ons het julle bed hoor kraak gisteraand…” Boonop kan julle nie sommer net vir ’n halfuur uit die geselskap verdwyn nie. Die stort is diskreet en teen slaaptyd klink dit heeltemal normaal as jy “gou wil gaan stort”. Jy kan selfs “per ongeluk” ’n glas koeldrank op jou mors, wat jou die ideale verskoning sal bied om stort toe te verdwyn – met manlief kort op jou hakke.

Promosie

Die hangkas

Dit is nie altyd maklik om jul bytjies besig te hou nie en as mens weer sien, staan hulle grootoog in die middel van die nag langs die bed. Die kanse is skraal dat die kleingoed na julle sal kom soek in die hangkas. Boonop is dit donker, wat seks baie interessant kan maak, en die beperkte ruimte kan aanleiding gee tot innoverende seksposisies. Het ons genoem dat die klere bydra tot die perfekte akoestiek om geluide te verdoesel?

In ’n voertuig

Daar is ’n goeie rede hoekom voertuie gewild is vir quickies – want dit laat jou toe om so avontuurlustig of privaat te wees soos jy wil. In die aand of in die dag, binne jou motorhuis of in die onderdak parkering by die inkopiesentrum, vóór die partytjie of op pad terug huis toe, op die voorste sitplek of in die kattebak – die keuse is julle s’n. Indien julle iets nuuts wil probeer, neem jul motor na ’n outomatiese karwas en doen julle ding terwyl die motor toe is onder die skuim.

In enige badkamer

Dit maak nie saak waar jy jouself bevind nie, iewers is daar ’n badkamer. Sommige is nou wel nie baie skoon nie, so gooi maar eers ’n ogie oor die toestand daarvan vóór die knope en ritssluiters vlieg. Die badkamers van hotelle, restaurante en venues is gewoonlik skaflik. En soos jy weet, is daar altyd minder voete in die mans-badkamers. So, sê gerus ja vir ’n “kitsklits” die volgende keer wat julle julself by ’n troue of ander funksie bevind.

By die werk

Sommige quickies gebeur spontaan, maar vir ander moet jy beplan. Indien julle besluit om ’n vinnige avontuur by die werk te hê, sorg dat julle in ’n vertrek is waarvan die deur kan sluit en dat dit in ’n tydgleuf val wanneer niemand julle sal mis nie – byvoorbeeld gedurende lunch of wanneer een van julle ekstra ure moet insit. Maak ook seker daar is nie sekuriteitskameras nie. Stel vir manlief voor dat jy onder die lessenaar inkruip en hom ’n blow job gee terwyl hy op die stoel sit en “werk” – hy sal die ervaring in sy hele lewe nooit vergeet nie!

In ’n kano

Huur ’n kano by ’n vakansieoord. Laat manlief op sy rug lê en gaan sit wydsbeen oor hom – met soveel van julle klere aan as moontlik! Jy kan maak asof jy besig is om te roei terwyl julle die boat rock. Hier is goeie balans egter broodnodig, want ’n kano wat omval midde-in die aksie kan hom dalk ’n gebreekte penis besorg!

In ’n biblioteek

Met die gewildheid van die Internet kry biblioteke deesdae baie min aftrek. Dus is die kans dat jy om elke hoek en draai in iemand gaan vasloop maar skraal, veral deur die dag wanneer mense werk of skoolgaan. Indien julle waaghalsig is, kan julle ’n bietjie pret hê tussen die rakke, of soek ’n weggesteekte studiehoekie. Julle kan selfs die noodtrappe gebruik – julle behoort nie daar gesteur te word nie.

Kitswenke vir ’n suksesvolle quickie

  • Wanneer julle op pad is, asook terugkom van julle quickie af, moenie gelyk die vertrek verlaat of binnestap nie. Dit sal mense snuf in die neus laat kry.
  • Dra altyd ’n pakkie wipes/snesies in jou handsak vir die skoonmaak daarna.
  • Kyk in die spieël (na julle hare, klere, grimering) vóór julle mense face.
  • Beperk altyd die geraas tot ’n minimum.
  • Moenie langer as tien minute neem nie.

 

Deur Thalia Brüssow
Addisionele bronne: www.cltampa.com