SA Huweliksweek (SAHW) beloof om paartjies vanjaar te help om ’n kopskuif te maak en ’n positiewe verskil in hul huwelike te ervaar.

Promosie

Dié inisiatief, wat vanaf 1 tot 7 September vanjaar plaasvind, nooi alle getroude paartjies landwyd om op te staan vir huwelike in Suid-Afrika. SAHW is ’n veldtog wat deur INTIEM bekendgestel is en vorm deel van International Marriage Week (www.marriage-weekinternational.com), wat wêreldwyd gevier word.

SA Huweliksweek se visie is om paartjies te inspireer en te motiveer om op die welstand van hul huwelike te fokus, en só ’n heel gesin (en gevolglik ’n gesonde gemeenskap) te bewerkstellig.

“Ons visie word só goed verwoord in die Chinese spreekwoord wat, rofweg in Afrikaans vertaal, soos volg lui: ‘Waar liefde in ’n huwelik is, heers harmonie in die huis. Waar harmonie in die huis heers, is daar tevredenheid in die gemeenskap. Waar vergenoegdheid in die gemeenskap is, is voorspoed in die nasie. Waar voorspoed in die nasie is, is vrede in die wêreld,’” sê Liezel van der Merwe, stigter van SA Huweliksweek en besturende redakteur van INTIEM.

Promosie

“Ons missie is om paartjies toe te rus met die nodige visie, kennis, inspirasie en motivering om gelukkige en sterk huwelike te bou.”

Vanjaar se tema vir SA Huweliksweek is: “Belê in jou huwelik.” Liezel verduidelik: “Met dié tema word Suid-Afrikaanse paartjies aangemoedig om op emosionele, geestelike, fisieke en finansiële vlak in hul huwelike te belê vir ’n positiewe en langdurige uitkoms.

“In kort: Belê jy slim, sál jy skatryk word wat jou huwelik aanbetref. Mense wat slim belê, verstaan die langtermyn-vooruitsig van hul doelwitte en bou hul rykdom deur oor die lang termyn, met gereelde tussenposes, te belê, ongeag van wat op die aandelemark plaasvind.

“Die huwelik werk ook só. Ongeag van die onderstrominge, ’n paartjie móét bly belê om seker te maak hul huwelik is oor die lang termyn suksesvol.” Meer praktiese raad in dié verband kan op SA Huweliksweek se webtuiste, www.sahuweliksweek.co.za, gevind word.

Dié nie-winsgewende inisiatief bestaan reeds sedert 2014 en gaan elke jaar gepaard met ’n opwindende veldtog wat deur verskeie bekende glanspersoonlikhede ondersteun word. Enigeen kan gratis op die webtuiste registreer om voordeel te trek uit die magdom inligting, gratis wenke, interaktiewe speletjies en so meer.

Vanjaar is een van die hoogtepunte ’n 40 minute lange gratis webinaar oor die sewe stappe tot ’n huwelik wat hou en ’n huwelikstoets waarmee jy die gesondheid van jou huwelik kan meet.

“Dit is ook vir ons belangrik dat die huwelik as ’n heilige instelling gevier word. Daarom word ’n pastoor betrek om vir Suid-Afrikaanse huwelike te bid en ons moedig paartjies ook aan om, veral gedurende dié week, hul huwelike in gebed aan die Here op te dra,” sê Liezel.

Registreer gratis op die webtuiste en jy kry onder andere die volgende:
• Gratis wenke vir hoe om in jou huwelik te belê.
• Gratis prente en kaartjies om met jou geliefdes te deel.
• Statistieke en inligting oor huwelike in Suid-Afrika.
• Inligting oor hoe om jou liefde te sluit op Suid-Afrika se eie liefdesbrug.
• Riglyne vir hoe om jou troubeloftes te hernu.
• ’n Gratis printable uit 1 Kor. 13 wat jy op jou eie huwelik kan toepas.

Afgesien van bogenoemde, is daar ook ’n baie opwindende ses-weke uitdaging wat paartjies kan gebruik om hul huwelike na nuwe hoogtes te neem. INTIEM, in samewerking met Marriage Capsule, het ’n allesomvattende aanlyn-huwelikskursus met sewe vlakke saamgestel. Jy kan meer hiervan te wete kom op INTIEM se tuisblad.

Word nóú ’n lid van SA Huweliksweek en versprei die woord sodat almal wat jy ken ook hierby kan baat vind. Lidmaatskap word gratis bekom deur vir SA Huweliksweek te registreer op die webtuiste www.sahuweliksweek.co.za

Volg SA Huweliksweek ook op sosiale media by @sahuweliksweek (Twitter), www.facebook.com/sahuweliksweek (Facebook)