#4 Jy weier om spontaan te reageer.

Wanneer hy teen jou kom smeul waar jy in die studeerkamer besig is om julle persoonlike administrasie op te dateer, wriemel jy uit sy arms en sê hy is lastig. Waar is jou vuur, jou romanse en jou spontaneïteit? ’n Man wil veel eerder ’n vrou hê wat omdraai, die reeks dokumente op die vloer vee en haar man op haar neertrek, nét daar op die lessenaarblad! Seks hoef nie altyd beplan te word nie. Inteendeel!