Pak vir manlief ’n spesiale pakkie werk toe in.
Skryf met ’n kokipen op ’n rooi ballon: Pop my! Skryf nou ’n nota met die woorde: “Iets spesiaals vir jou – want jy laat my hart pop!” en plaas die briefie binne-in die ballon voor jy dié opblaas (net klein genoeg om in sy kosblik te pas). Saam met die briefie pak jy ’n papiersakkie vol springmielies (gegeur met sy gunsteling sout) en ’n pakkie popping candy, wat jy by lekkergoedwinkels te koop kan kry.
Lekker bederf!
Deur Annelize Steyn