Perimenopouse of menopousale verandering begin ’n hele aantal jare voor aanvang van die menopouse. Miskien is die woord perimenopouse vir jou nuus of is jy net vaagweg bekend daarmee. Die proses en menopouse self kan ’n wesenlike invloed op jou huwelik hê. Hier is ’n paar dinge wat jy moet weet.
1. Dit is ’n geleidelike proses
Menopouse is allermins iets wat oornag plaasvind. Die perimenopouse is wanneer die eierstokke geleidelik begin om minder estrogeen vry te stel. Dit gebeur gewoonlik in ’n vrou se 40’s, maar kan selfs al in die 30’s of vroeër begin. Perimenopouse hou aan tot met die aanbreek van menopouse wanneer die eierstokke ophou om eierselle vry te stel.
2. Jy kan steeds swanger raak
Wanneer ’n vrou se menopouse aanbreek, is dit die dag wanneer daar 12 agtereenvolgende maande was sedert ’n vrou se laaste maandstonde. Tydens perimenopouse is dit steeds moontlik vir ’n vrou om swanger te raak. ’n Vrou se jare om kinders te kan voortbring word minder en hoewel jou maandstonde meer onvoorspelbaar raak, funksioneer jou eierstokke steeds en kan jy steeds ovuleer, hoewel dit nie meer noodwendig op ’n maandelikse basis is nie.
3. Elke vrou se ervaring verskil
Met menopouse is dit glad nie ’n geval van dieselfde ervaring vir elke vrou nie. Dit het op elke vrou ’n ander invloed. Party vroue bereik natuurlike menopouse met min of geen moeilikheid. Ander ervaar intense simptome wat ’n drastiese invloed op hul lewe het. Wanneer menopouse onverwags begin as resultaat van chirurgie, chemoterapie of bestraling, kan die aanpassing baie swaar wees.
4. Simptome van perimenopouse en menopouse
Die verandering van ’n vrou se maandstonde is een van die sigbaarste tekens van perimenopouse. Dit verskil van vrou tot vrou, maar jou maandstonde kan langer en korter, swaarder en ligter, met meer of minder tyd tussen maandstondes plaasvind. Sulke veranderings is normaal, maar as jou maandstonde te kort op mekaar volg of langer as ’n week aanhou, is dit raadsaam om jou huisdokter te kontak. Warm gloede is een van die bekendste simptome van menopouse. Dit is ’n gevoel van hitte oor jou nek en gesig, maar jou bors, rug en arms kan ook simptome ervaar. Sweet en koue rillings kan volg. Dié gloede kan tussen 30 sekondes tot 10 minute duur. Seksuele probleme soos vaginale droogheid kan gemeenskap ongemaklik en pynlik maak en jou seksdrang kan ook beïnvloed word.
5. Daar is hoop en hulp
Femolene Mylife is al vir 17 jaar op die mark en is ’n uitstekende keuse vir vroue wat op soek is na ’n natuurlike benadering om die simptome van perimenopouse, menopouse, PMS en urienweginfeksie te hanteer. Femolene Mylife is geformuleer met die hoogste kwaliteit bestanddele en klinies bewys om verligting aan dié simptome te gee. Femolene Mylife het 4 produkreekse wat beskikbaar is as Teen, Adult, Mature en Senior. Hierdie produk help vroue van alle ouderdomme om hormoonveranderings deur die hele maand te bestuur.
6. Sê ja vir ’n gesonde leefstyl
’n Gesonde leefstyl is deur jou hele lewe belangrik, maar dit is nie te laat om in jou menopouse ekstra mooi na jouself te begin kyk nie. Sorg dat jy vir ’n roetine-ondersoek gaan wat jou bloeddruk, bloedsuiker en cholesterol meet en sorg ook dat jy afsprake maak vir roetine-toetse soos ’n mammogram. Jou menopouse is die ideale tyd om te fokus op jou dieet, fisieke aktiwiteite en jou vaardighede om spanning te hanteer.
Moenie toelaat dat die perimenopouse en menopouse jou moedeloos maak nie. Bemagtig jouself met inligting en al die hulpbronne wat daar beskikbaar is, maar kontak ook jou huisdokter as jy oor enigiets onseker is of enige vreemde simptome ervaar. Die kenners by Femolene Mylife kan jou ook bystaan met die regte produkte vir die lewensfase waarin jy jouself bevind. Vier jou vrouwees en moenie jou huwelik laat ly onder hormonale veranderings nie.
As jy enige vrae het, kontak Femolene Mylife by info@femolene.co.za nie. Vir meer inligting, besoek www.femolene.co.za
Artikel deur Lize Groenewald